AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●● GRATIS Pargo aflewering op bestellings bo R350

Soek resultate: Frits Gaum

Results 1 to 4 of 4
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780928316452

Christelik / Christian: Gebed / Prayer

Christelik / Christian  -  Gebed / Prayer
R 220
R 198Jy spaar R 22
Waar is God? En waar was God? Waar was God toe derduisende Boerevroue en hulle kinders in Engelse konsentrasiekampe gesterf het? Waar was God toe Christennasies mekaar met die Eerste en Tweede Wereldoorloe aan die keel gegryp het? Waar was God toe apartheid mense se lewens verwoes het? Waar was God met 9/11 in Amerika toe terroriste, nogal in die naam van Allah, in geboue vasgevlieg en duisende mense se dood veroorsaak het? Waar was God met Sharpeville? En met Marikana? Waar was God toe booswigte 'n Vrystaatse boer en sy vrou afgemaai het toe hulle na Sondagoggend- kerk by die huis aangekom het? Waar was God toe 'n kindjie van vier in 'n fratsongeluk dood is? Waar was God? Is daar ooit 'n God? Oor sulke vrae, wat tot in die hart van ons bestaan gryp, gaan dit in hierdie boek. Oor ons geloof en twyfel, oor ons "sekerhede" en ons wanhoop. Dis 'n boek wat jou uitnooi om saam te dink.
Publikasiedatum: 2016-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

Uit druk uit

9780796316677

Christelik / Christian: Troos & Berading / Bereavement & Counselling

Christelik / Christian  -  Troos & Berading / Bereavement & Counselling
R 150
R 135Jy spaar R 15
Waar die dood gewoontlik vir ons iets is wat ons ten alle koste probeer vermy, word dit vir die skrywer 'n baie groot werklikheid wanneer hy deur sy dokter meegedeel word dat hy 'n siekte het wat sy lewe kan kos.

Skielik word al die klein dingetjies wat jy jou altyd oor bekommer baie klein. En met dit kom 'n hele lot vrae en vertwyfelinge. Waarom word ons siek? Is dit omdat ons sondaars is en God ons so wil straf? Is dit miskien makliker vir 'n gelowige as vir 'n ongelowige om met die dood gekonfronteer te word? Waarom gryp God nie in as ons om hulp smeek nie?

Aan die hand van die Bybelverhale van mense soos Job, Elia, Johannes en Jesus, asook ervarings met mense wat hy persoonlik ken, beredineer Frits sy lot. Hy kom dan tot die besef dat, hoewel hy ook wanhopig kan wees en hy maar mag huil, dit nie tevergeefs sal wees om groot dinge van God te verwag nie.

In hierdie boek vertel Frits hoe die nuus van sy siekte hom en sy naastes geraak het. Van sy worsteling om tot berusting te kom. Hy skryf ook oor die Christen se benadering tot die dood, en oor die nuwe insigte wat hierdie tyd hom in die Woord van God gegee het.

Hierdie is 'n nuwe uitgawe (met 'n nawoord) van hierdie boek wat in 1975 verskyn het.
Publikasiedatum: 2013-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

Uit druk uit

9780624054146

Nie-fiksie / Non-fiction: Filosofie / Philosophy

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Filosofie / Philosophy
R 275
R 248Jy spaar R 27
Die vraag of God bestaan, waar alles vandaan kom en wat die sin van ons lewe op aarde is, is so oud soos die berge. In dié boek antwoord bekende Suid-Afrikaners, twaalf gelowiges en twaalf ongelowiges, die diepste vrae van die mens se bestaan met verstommende openhartigheid.
Publikasiedatum: 2012-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780796304100

Christelik / Christian: Naslaan / Reference

Christelik / Christian  -  Naslaan / Reference
R 495
R 446Jy spaar R 49
Die boek is jou sleutel om God, sy Woord, sy koninkryk, sy kerk, die wêreld, die geskiedenis, jouself en jou geloof beter te verstaan.

Die Ensiklopedie bevat 3250 inskrywings en beslaan 1248 volkleurbladsye. Die inskrywings dek die volgende terreine:
* Ou Testament
* Nuwe Testament
* Dogmatiek
* Etiek
* Algemene en Suid-Afrikaanse kerkgeskiedenis
* Missiologie
* Suid-Afrikaanse kerke
* Prominente figure wat 'n impak op die voortgang van die evangelie gehad het.
Publikasiedatum: 2008-10-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.