●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●

Soek resultate: Francois Bloemhof

Results 1 to 15 of 42
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776351695

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 290
Tweede maand. Tweede boek. Toets jou speurvernuf.
Terug na 1981. Februarie, warmste maand in die Kaap.
Op 'n wynplaas buite Stellenbosch woed 'n vernietigende vete tussen die broers Christiaan en Jacobus de Wet. Watter een van hulle (of wie anders) is dit wat die vlamme so aanblaas? Ludo Labuschagne, die onverskrokke (soms baie verskrokke) held, is net die man om dié tergende raaisel op te los en geregtigheid te laat seëvier.
Prikkelende karakters. Verrassende situasies. Gevaar. Humor. Moord …
Sal Ludo betyds uitvind wiedoenit? Of is die eise van sy tweede saak te straf?

“Spannend, onderhoudend en 'n totale leesplesier. Intelligent geskryf met verrassende wendings in bykans elke paragraaf. Suiwer en ten volle oortuigend. Anders gestel: Die ligte is aan en ál die mense is tuis.” - Louis Esterhuizen
Hierdie tweede boek in Bloemhof se Ludo Labuschagne-reeks speel ook af in 1981, slegs 'n maand na die gebeure van die vorige boek, Die duiwel maak my hart so seer (2021).
Publikasiedatum: 2022-02-08
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639607580

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 175
1001 nagte, 1001 wonders, 1001 gevare.
Wanneer Herman Swart se tweelingsuster Herma onverwags sterf, val 'n deel van hom weg. Hy raak toenemend eensaam en onttrek in 'n wêreld van ou films. Hy sien haar in sy eie spieëlbeeld en hoor haar op ongeleë tye. 'n Bykomende traumatiese ervaring versplinter sy wêreld finaal en Herman verval in 'n diep koma. Hy bevind homself binne-in 'n avontuur, 'n nagmerrie, 'n wêreld waarin droom, fantasie, film, vervolgverhale, musiek en die gotiese ineenvleg. In hierdie vreemde, magiese realisme beweeg hy tussen plekke, ontmoet verskeie karakters en word weggelok deur die prinses, 'n meisie wat baie aan Herma herinner.
François Bloemhof het al plaaslik en wêreldwyd vir talle literêre eerstes gesorg, maar met hierdie unieke lees-luister-en-kyk-ervaring oortref hy homself. Die duisend en eerste nag het geen geduld met ou, veilige storiegrense nie. Dit is 'n verrykende teks wat grense uitdaag en genres suksesvol meng. Die boek word verder verryk deurdat lesers aanlyn video's kan kyk en musiek kan luister (en aflaai) wat met die storie saamwerk.
Publikasiedatum: 2021-10-06
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639608136

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 200
Toe Marco sy biologiese pa ontmoet, is dit die antwoord op baie vrae. Die regte antwoord, want Dirk du Toit is iemand soos wie hy graag wil wees. Die eintlike vrae kom egter nog. Wat nou van die mense wat Marco in die stad agtergelaat het? Wat is sy halfbroer se probleem? En Dirk se vrou s'n? Word hy agtervolg? Alles is reg aan Dirk, maar soveel is verkeerd óm hom … Soos die titel belowe, is Verkleurmannetjie nie net een soort storie nie. Hier is meer ratverwisselings en onthullings as in 'n hele TV-reeks, deur 'n skrywer wat weet hoe 'n tiener se kop werk - en hou van hoe dit werk!
Publikasiedatum: 2021-07-29
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639605982

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 290
Kom ons breek die reëls van misdaadfiksie.

Dis 1981 en die maand is Januarie. Wie is so duiwels om die Van Biljons so te teister? Dit is soos die plae van Egipte - maar het reeds met die eersgeborene se dood begín. Dis 'n hartseer saak. 'n Saak van gebed. En dit is 'n saak vir Ludo Labuschagne, die anti-held (hy is ook anti-werk en anti-verantwoordelikheid) wat uiteindelik sy doel in die lewe vind: om raaisels op te klaar. Weg met gewone polisieprosedures. Weg met forensiese toetse, selfone, die internet, CCTV-kameras, GPS en die ander dinge wat regte speurwerk vervang het. Weg met alles wat jy geleer het om te verwag ...

'n Aweregse misdaadroman wat die genre op sy kop draai met 'n verveelde, werklose bleeksiel as hoofkarakter. Soos in 'n Agatha Christie is die klem hier op die raaisel rondom die misdaad wat opgelos moet word. Suid-Afrika van die 80's word verskriklik getrou weergegee - skrik, skaamte, humor en nostalgie, jy sal al dié emosies ervaar.
Publikasiedatum: 2021-02-11
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639602165

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 220
WARNO SAL MOET KEER, WANT NOU'S DAAR MÉÉR.
MEER SKRIKKE. MEER SKOKKE. MEER SPOKE. Gedink jy kan nie verder verras word nie? O ja, jy kán … Dis tyd vir oorlog en die spooksoeker van Sekelrivier se aartsvyand, Henry, gaan alles in die stryd werp. Hy speel graag speletjies - en hy speel graag vuil. Niks wat Warno en Allies al geleer het, kon hulle gereed kry vir wat hier aankom nie. Nuwe onthullings. En nuwe gevare. Wat is die slangvrou se geheim? Hoe het Warno se pa gesterf? Watter wrede jong gedaante dwaal deur die dorp? En wat wag in die begraafplaas? Hierdie laaste Spooksoeker-boek is soos 'n wegholperd. Jy beter jou sit ken en klou vir al wat jy werd is!
Hierdie boek volg op Spooksoeker #2 deur dieselfde skrywer en is die laaste boek in die trilogie.
Publikasiedatum: 2021-01-26
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798159609

Education: Readers

Education  -  Readers
R 168
Chris and Marley are in a new school, and from the word go they discover that things are not quite the same as in other schools. Their new friends start to behave strangely, not to mention the guy with no hair and that weird library teacher. When they are slowly but surely sucked into a series of disturbing events, Chris and Marley decide to investigate - and end up in the clutches of the lady with the purple eye. A chilling story with lots of blood curdling surprises.
Publikasiedatum: 2020-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781432304195

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Shaun Samuel
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 150
In die vernuwende strokiesboek Kaptein Pipskwiek moet die bleeksiel Danie skielik 'n geweldige taak aanpak: om die aarde teen 'n gevaarlike aanvaller te beskerm. Nou dra hy 'n kostuum en kan hy selfs vlieg - hy is 'n gemaskerde superheld! Alles is egter nie net pret en avontuur nie, want dit gaan sleg by die huis. Danie se stiefpa en -broer gee hom probleme en verder wil dit lyk of sy ma sieker raak elke keer as hy in Kaptein Pipskwiek verander. Hoe kan hy dan die dorp red? Hy sal vinnig die regte besluite moet neem...
Publikasiedatum: 2020-10-12
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639601267

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 220
SPOKE BESTAAN NIE.
MOET DUS NIE BANG WEES NIE.
HULLE KAN JOU NIKS DOEN NIE.
MAAR WEET HÚLLE DIT?
Warno Alberts is onder die indruk dat hy 'n nuwe begin kan maak ná sy ontmoetings met spoke in Spooksoeker # 1. Ongelukkig is dit nie sy lot nie. Sy pad kruis weer met 'n reeks geheimsinniges en spoke. Nie net kom hy van aangesig tot aangesig met die berugte spookmeisie van Uniondale, die geheimsinnige man in swart, en die grusame bruid nie, maar hy ontdek ook die ander spooksoeker ...
Publikasiedatum: 2020-08-12
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624087861

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 265
Dit was voorwaar geen eenvoudige paadjie nie. Hulle ontmoet skrams. Ontmoet weer - en vind mekaar. Maar só maklik gaan dit nie wees nie, want so diep as wat hulle gevoel vir mekaar mag wees, beur die twee in heeltemal verskillende rigtings . . .Kom reis terug in die tyd (1997 tot 2000) vir hierdie twee mense se sonderlinge verhaal. Mardaleen Derks was die wenner van Huisgenoot en kykNET se tweede fliekkompetisie.
Publikasiedatum: 2020-02-11
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799395037

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 220
Warno Alberts is 'n doodgewone ou wat in doodgewonde Sekelrivier bly. Behalwe dat hy geheime lêers het waarin hy die doen en late van spoke neerskryf. Daar is ook 'n paar spoke wat hóm dophou ... Die boek bevat 'n aantal spookstories met dieselfde hoofkarakter in al die stories.
Publikasiedatum: 2019-08-16
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780639911014

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 336
KAN HY VAN DIE DONKER ONTSNAP?
Carl Lourens keer terug na Kaapstad se Noordelike Voorstede om sy jonger broer te red uit die kloue van Die Dieretuin en die mense wat daar bly:
• Maxie Tredoux, die vrou met die styfgetrekte gesig
• haar seun Leo met sy liefde vir geweld
• en haar dogter Mandie met die speelse, onrustige geaardheid.
Maxie Tredouxis is Carl se tannie, die weduwee-matriarg van die huis en die meesterbrein agter die familie-fortuin. Sy beheer ook alles wat in die kelder van hulle spoghuis in Durbanville plaasvind; dié huis wat bekend is as Die dieretuin.
Carl en sy jonger broer, Robbie, het by hul ryk tante en oom gaan bly ná die wrede plaasmoord op hul ouers. Soos Carl grootword, ontdek hy hoe hulle werklik hul geld maak. Hy verlaat skool en gaan vir 'n aantal jaar weg, maar sy skuldgevoelens wat wentel om sy broer wat steeds in Die Dieretuin woon, dwing hom om terug te keer met die hoop om Robbie te red. Robbie is nou ook klaar met skool en tot Carl se ontsteltenis werk hy ook vir die Tredouxs; Robby het boonop verlief geraak op hul rebelse dogter Mandie.
Skokkende geheime word blootgestel wanner Carl probeer om Robbie red.
Dit is 'n baie donker roman met 'n hele aantal skokkende wendings en word beslis nie aanbeveel vir sensitiewe lesers nie.
Die boek is ook in Engels beskikbaar as Feeding Time (ISBN 9780639911021).
Publikasiedatum: 2019-06-06
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780639911021

Fiction: Novels

Fiction  -  Novels
R 336
IS THE LURE OF DARKNESS TOO STRONG?
After an absence of four years, Carl McGregor returns to Cape Town's northern suburbs. His plans are vague, but straightforward - to save his younger brother from the claws of The Zoo. This is how people refer to the other three inhabitants of the house:
- the sly Maxie Thorpe with her cosmetically enhanced face
- her son Leo, with his tendency towards violence
- her daughter Mandy, with her playful but troubled disposition.
Maxie Thorpe is Carl's aunt, the recently widowed matriarch of the house, and the mastermind behind the family fortune. She also controls all that goes on in the basement of their Durbanville mansion known as 'The Zoo'.
Carl and his younger brother Robbie had moved in with their wealthy aunt and uncle after the brutal farm murder of their parents. As Carl grew up, he slowly discovered how they REALLY made their money. After leaving school, he tried to get away for a few years, but the guilt of leaving his brother behind, forced him to return as a young adult in the hope of rescuing Robbie. Robbie has now finished school, but to Carl's horror, he is now working for the Thorpes - and has fallen in love with their rebel daughter Mandy.
Shocking secrets are exposed as Carl tries to rescue Robbie…
It is a dark, dark novel with some shocking twists and is not for the prudish or faint hearted.
The book is available in Afrikaans as Dieretuin (9780639911014).
Publikasiedatum: 2019-03-30
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799388572

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Alistair Ackermann
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 280
Sy naam is Snoet. Agent James Snoet. En hy is 'n speurder. Die soort wat leidrade uitsnuffel en allerlei ingewikkelde raaisels oplos.
Maar die eintlik meesterbrein agter dié suksesvolle speurder is niemand anders nie as sy kat, Felino. Dié slim Siamees is 'n katjie wat jy nie sonder handskoene moet aanpak nie. Hy mag nou wel reeds agt van sy nege lewens verloor het, maar Felino skrik vir net mooi niks! En dis ook maar goed so, want agent Snoet is so verstrooid dat hy net mooi niks sonder sy getroue kattehandlanger sou uitrig nie!
Saam het dié gedugte speurderspan al die geheim agter die verdwyning van die kosbare Botterdiamant ontrafel, 'n gevaarlike wapen genaamd die Genugtig uit gevaarlike skurke se kloue teruggekry en 'n BBH (Baie Belangrike Hond) se lewe beskerm.

Spannende strokiesprent-pret saam met Agent Snoet en sy kat ...

Vir die eerste keer verskyn al vyf boeke in dié fantastiese strokiesreeks nou saam in een boek:
Agent Snoet en die Botterdiamant
Agent Snoet en die Kattekwaad
Agent Snoet en die Hondelewe
Agent Snoet en die Groen Genugtig
Agent snoet en die Windlawaai
Publikasiedatum: 2018-05-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780798168274

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 260
François Bloemhof is bekend daarvoor dat hy aanhangers van spanningsverhale telkens gee wat hulle soek - én wat hulle nie kon verwag nie. Met Die vierde stem is dit meer waar as ooit. Die storie word vanuit meer as een perspektief vertel. Drie karakters - 'n kantoorwerker, 'n kopdokter en 'n skrywer - beïnvloed mekaar op maniere waarvan hulle onbewus is; die leser weet meer as hulle, hoewel nooit genoeg om te voorspel wat volgende kom nie ... Maar aan wie behoort die vierde stem? Waar kom sy vandaan? Watter rol speel sy in dié gebeurtenisryke intrige, en wat is haar vreeslike oplossing? Dis net 'n paar van die vrae, en die antwoorde is uitklophoue. Aangetrokkenheid en afhanklikheid. Konflik, magspeletjies en die ou-ou stryd tussen haat en liefde. Alles in een sielkundige riller saamgebind met 'n blik op menseverhoudinge wat lesers nie aldag beskore is nie.
Publikasiedatum: 2017-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780624080466

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 265
Sampie en Irma de Klerk was die wenners van Huisgenoot se liefdesverhaalkompetisie, ter viering van dié tydskrif se honderdste bestaansjaar. Hul verhaal, 'n eg Suid-Afrikaanse een wat vertel hoe hulle in die jare sewentig talle struikelblokke te bowe moes kom voordat hul (onwaarskynlike) liefde kon seëvier, was ook die inspirasie vir hierdie heerlike roman. Dit is 'n verhaal propvol humor, deernis en, ja, romanse. Die gelyknamige HG100-eeufeesfliek word aan die einde van 2016 vrygestel.
Publikasiedatum: 2016-10-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.