●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●

Soek resultate: Ettie Bierman

Results 1 to 8 of 8
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624087038

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 290
Anderkant die volmaan - Ettie Bierman
Bambi en die boef - Anita du Preez
Victoriavalle van liefde - Lizet Engelbrecht

Anderkant die volmaan - Ettie Bierman
Na sewe wonderlike jare is Nikka en Ruan van der Hoven se huweliksbootjie skielik op 'n stormsee vasgekeer: daar het 'n ander vrou in Ruan se lewe gekom. Hy verduidelik min en Nikka kan aanvoel hy vertel nie die volle waarheid nie, maar pleit by haar sy moet hom nie afskryf nie en hom vertrou. Sy erken sy het haar man soms afgeskeep, maar dis immers iets wat reggemaak kan word. Sy wéét Ruan het haar steeds lief. Tog wil hy van haar skei . . .
'n Egskeiding is onaanvaarbaar. Maar toe stap haar ou vriend Thys Vorster met sy groot voete tot diep binne-in haar hart. Moet sy vir Ruan wag? En wat dan van die lojale Thys met 'n hart groter as Tafelberg?

Bambi en die boef - Anita du Preez
Bambi le Roux kan kies en keur onder die manne. Maar sy moes nooit saam met daardie vent afgeneem geword het by die Met nie - nou loop allerlei stories oor haar by die werk en haar boyfriend, Bertus, is ontstoke . . . dit kry sy nou van haar vriendin 'n guns probeer doen!
Maar sjoe, die Met-man is eenvoudig onweer-staanbaar. Bambi weet nie mooi watter kant toe nie: dié gladde Louis, oor wie 'n mens gedurig onsmaaklike dinge in die pers lees, of die betroubare, blonde, saaierige ortodontis Bertus - ander meisies sou hul skoene agterna gooi vir dié welvarende man!
Wanneer dinge saam met Bertus lelik skeefloop, is Louis die enigste persoon wat kan help. Maar kan Bambi só 'n gladde karakter enigsins vertrou?

Victoriavalle van liefde - Lizet Engelbrecht
Dokter Emesia, wat pas haar eie praktyk gekoop het, maak teensinnig 'n belofte aan haar sterwende vriendin om vir drie maande as verpleegster by die Rhodes-Inn in Livingstone, Zambië te gaan werk. Emesia het egter haar eie plan: sy wil die Fransman, Rex, wat op haar elfde verjaarsdag aan haar belowe is, ontmoet en hopelik terugbring Suid-Afrika toe.
Wanneer sy in Livingstone kom, is dit egter nie Rex wat haar hart laat vinniger klop nie, maar Deon, sy buite-egtelike broer. Dit wil net lyk asof Deon aangetrokke is tot haar. Maar dan begin die vonke spat, want Rex probeer alles in sy vermoë om die hotel te verkoop en Deon, wat weer sy erfenis ten alle koste wil behou, glo vas Emesia konkel saam met Rex . . .
Publikasiedatum: 2019-02-11
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624084532

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 290
Wanneer 'n droom waar word - Ettie Bierman
Dokter Dierbaar - Anita du Preez
Geërfde liefde - Lizette Engelbrecht

In Wanneer 'n droom waar word het Carmia Basson geen ander keuse as om uit haar werk as junior verslaggewer by 'n Durbanse streekkoerant te bedank nie. Gelukkig word sy spoedig aangestel as assistent van die bejaarde skrywer Margo Vermeulen - 'n pos wat inwoning op Skamanga, die Vermeuleuns se spoglandgoed aan die Natalse Noordkus, insluit. Dit klink alles idillies, behalwe dat Deneys, Margot se kleinseun wat deur haar grootgemaak is, Carmia nie op die plaas wil hê nie. Die vonke spat behoorlik tussen hulle twee, maar teen haar sin vind Carmia die beduiwelde Deneys onweerstaanbaar. Hy is onbehoorlik aantreklik, en baie sjarmant as hy die dag lus het. Maar sy is nie die enigste een wat so dink nie - ook Tasha Alexander, die wulpse buurdogter en 'n bekende perderuiter, het 'n ogie op Deneys.

In Dokter Dierbaar het Vicky Serfontein 'n rampspoedige eerste ontmoeting met dokter Paul Venter, internasionaal bekende plastiese chirurg en hopeloos te aantreklik vir enige vrou se bloeddruk. Boonop skraap sy agterna sy luukse Lamborghini in die parkeergarage met haar oeroue Mazda. Toe hy haar uit die bloute werk aanbied, kan sy nie anders as om dit te aanvaar nie, want sy het geen ander manier om die skade aan sy motor te betaal nie. Kort voor lank begin sy ook vrees vir skade aan haar hart, maar Paul Venter is die lááste man by wie sy betrokke wil raak. Want as sy die koerante en tydskrifte se skinderkolomme moet glo, is hy 'n regte wolf . . . met hope vroue in sy lewe.

In Geërfde liefde besef Nikki Swart dat sy net een uitweg het - om te boer. Sy het tot dusver net die diamantkant van die lewe geken, maar sy word deur omstandighede gedwing om haar deel van haar oorlede oupa se plaas in die noorde van Zambië op te eis. Sy moet op Kapisya boer vir oorlewing, en rooskleurig is dit beslis nie. Want Jan, die mede-erfgenaam, maak die lewe vir haar onuithoudbaar. Hy is 'n geharde boer, en hy het net een doelwit voor oë: om so gou as moontlik van dié bedorwe stadsjapie ontslae te raak. Nikki is egter nie van plan om moed op te gee nie. Die dood, het sy reeds besluit, sal genadiger wees as nóg 'n mislukking . . .
Publikasiedatum: 2018-02-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780624075660

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 255
Bruid uit die koue - Ettie Bierman
Vinkel en Koljander - Marijke Greeff
Maalstroom - Wilmari Jooste

In Bruid uit die koue wil Clio haar jeugliefde met Arnold verseel. Maar hy's in die hospitaal terwyl Clio by sy broer, Jurg, moet bly ...waar die hartstog begin smeul.

In Vinkel en koljander trou Michael en Mikeila slegs omdat sy ouma se testament dit vereis. Tog raak Mikeila jaloers wanneer Cora by Michael aanlê ...

In Maalstroom los Wiehan se vrou, Laura, hom met hul siek kind. Sy rokkel haar suster, Mieke, se man af. Mieke bekla haar lot by Wiehan. Maar mag sy op hom verlief raak?
Publikasiedatum: 2017-12-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780624075691

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 255
'n Stadsjapie vir Pafuri
Benodig - 'n Vrou vir Braam
Man in die donker

In 'n Stadsjapie vir Pafuri het al Janie se vriende haar gewaarsku dat sy 'n groot fout maak. 'Jy kan nie met 'n man trou wat jy skaars twee weke ken nie,' het hulle gesê. 'Leer hom eers beter ken . . . en leer eers sy omstandighede beter ken. Hoe sal 'n gebore Johannesburger dit in 'n eensame wildreservaat uithou, met net vlieë en slange vir geselskap?' Maar Janie het gedink dat sy beter weet. Theo was dan so 'n wonderlike man, so liefdevol en bedagsaam, en sy was so inniglik lief vir hom.

In Benodig: 'n Vrou vir Braam besoek Belinda die historiese Graaff-Reinet op pad na die Kaap waar sy vakansie gaan hou. Soos elke toeris gaan neem sy foto's van al die ou geskiedkundige geboue en tot haar groot ontsteltenis ontmoet sy 'n dogtertjie wat in die kerk wegkruip. Die kind huil hartverskeurend en na geduldige ondervraging kom die waarheid uit. Die kind is bang vir haar pa en nou kruip sy hier in die kerk vir hom weg. Belinda is dadelik simpatiek en vind toe ook uit dat die kind se ma dood is, en dat haar pa haar nou kom haal om by hom te bly.

In Man in die donker is Senta Swiegers en haar man, kaptein Henk Swiegers van Jakaranda-lugdiens, op die punt om haar verjaardag te gaan vier toe Henk ontbied word om vir 'n medevlieënier op 'n oorsese vlug in te staan. Dit bederf die hele dag vir Senta en sy is woedend, maar min kon sy weet dat die ergste nog sou kom.
Publikasiedatum: 2017-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780624080770

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 260
Om minder lief te hê - Ettie Bierman
Margot en die meerman - Anita du Preez
Hartstog in Malawi - Lizet Engelbrecht

In Om minder lief te hê is Arabel ná net 'n jaar van getroude lewe van Henning geskei. Hy het padgegee en 'n pos as vlieënier by 'n Australiese lugredery aanvaar. Maar nou, ses jaar later, ontmoet hulle weer op 'n Hongkong-vlug. Hierdie keer is sy lugwaardin en hy haar kritiese bevelvoerder. En die aantrekkingskrag smeul nog net so sterk tussen hulle.

In Margot en die meerman gaan hou Margot vakansie in Zanzibar - stoksielalleen. Daar is niemand wat haar ken nie. En ook niemand om dit saam met haar te vier wanneer sy uitvind dat sy haar M.A. in Musikologie cum laude verwerf het nie. Dan verskyn Konrad op die toneel: diepseeduiker, eksoties, atleties. En jonger as sy.

En in Hartstog in Malawi word Rochelle deur haar baas gestuur om die enigmatiese Sir J.C. Auther op te spoor, voordat die publiek óf die pers besef dat hy in Malawi wegkruip. Maar vandat sy in Malawi land, ontspoor haar goeddeurdagte plan. Sy ontmoet ene kaptein Costa en die vonke spat onmiddellik.
Publikasiedatum: 2017-01-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780624080800

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 260
Vermoedelik verlief
Twee roepees vir 'n lewe
'n Rooikop en twee ridders

In Vermoedelik verlief hoor Mynie dat haar kêrel 'n beeldskone meisie agter haar rug sien. Sy skryf aan Wewenaar, 'n prokureur wat in 'n hoekie vir eensames adverteer.

In Twee roepees vir 'n lewe beland 'n lugwaardin in 'n bose skurkenet.

En in 'n Rooikop en twee ridders kyk Addy die ou met die Blou Bul-T-hemp vlak toe hy vir haar ogies maak by die Paddanag wat sy vir Matotoland Ekotoerisme reël.
Publikasiedatum: 2016-12-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780624070245

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
Jong onderwyseres Kylie is 'n geskeide vrou, nie 'n onskuldige meisietjie nie. So die kaalbas casanova in haar buurvrou se huis behoort haar darem nie so baie te ontstig nie! Maar dan kom dit uit Justin is haar nuwe buurman. A nee a, sy's veronderstel om ná haar egskeiding 'n mannehater te wees, wat is dit nou met haar en die vlinders? Kylie hou haar hardekoejawel, maar sy misreken haar - so maklik gee sjarmante boukontrakteur Justin nie op nie. Maar haar eks Rynhard is nog nie uit die prentjie nie en wil Kylie met alle mag en geweld terugwen. Boonop vertel haar ma - en Rynhard self - haar voortdurend dat sy kamstige affair nooit ooit gebeur het nie. Justin se hulpvaardigheid en bedagsaamheid laat Kylie se skanse sak. Hy maak kos, versorg seerplekkies, terg haar oor saam mango's eet in die bad . . . Hulle praat glad van trou. Maar hoe kry Kylie Rynhard van haar deur af weg?
Wanneer Justin se amper-eksvrou haar boonop begin dreig, weet Kylie nie watter kant toe nie. Die verleidelike nuwe man . . . Of haar ewe sexy eks met wie sy so 'n lang geskiedenis het?
Publikasiedatum: 2014-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780624053552

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
Dit het alles begin met 'n waterpyp wat die nuwe buurman in sy tuin raakgespit het terwyl Erin besig was om haar hare te kleur. Die gebleikte haardos was 'n ramp en haar eerste ontmoeting met Francois 'n fiasko. Die vlaswit hare kon sy mettertyd aanvaar. Maar die skade wat die verleidelike Bolander met die kwiksilwer oë aan haar hart veroorsaak het, was onherroeplik.

Sy weet hy's 'n rokjagter en 'n meisie-morser; sy weet sy moet hom uit haar lewe sny. Maar 'n verraderlike hart laat hom nie voorskryf nie, selfs nie eens toe Erin se kleinsus, Lara, aankondig Francois is háár trouman nie. Erin se hart is verskeur en sy probeer Lara desperaat waarsku: Francois het 'n vrou en kind. Maar kleinsus is 'n hardkoppige tiener en min lus vir raad, en die liefde is nie 'n paar skoene wat jy kan uitskop as dit nie pas nie . .
Publikasiedatum: 2011-11-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.