●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R500 in RSA ●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●

Soek resultate: Esta Grobler

Results 1 to 7 of 7
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485311539

Kinders: Nie-fiksie

Vertaler: Esta Grobler
Illustreerder: Kelsey Oseid
Kinders  -  Nie-fiksie
R 395
Wat het 'n seeolifant en 'n luiperd in gemeen? En wat is die verband tussen 'n gorilla en 'n luiaap, of 'n pou en 'n kalkoen? In Diere van die orde word lede van dieselfde taksonomiese orde aangebied. Pragtige illustrasies en interessante feite sorg vir 'n boeiende boek oor die geheimenisse van die diereryk.

OOR DIE OUTEUR EN ILLUSTREERDER
Jules Howard is 'n soöloog en Kelsey Oseid is 'n illustreerder, skrywer en amateurnatuurkenner.
Publikasiedatum: 2021-01-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485311584

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Esta Grobler
Illustreerder: Piotr Socha
Kinders  -  Prenteboeke
R 395
'n Treffende, veelvlakkige en humoristiese boek oor een van die natuur se grootste geskenke: die by.

Hoe lank is heuningbye al op aarde? Wat is die rol van die koninginby en haar onderdane, en hoe maak bye die sidderdans? Wat doen die byeboer - die landheer van die byekolonie - en watter toerusting het hy nodig? Is bye werklik in gevaar en wat kan ons doen om hulle te beskerm?

Hierdie korf van 'n boek beantwoord hierdie vrae en nog baie ander met indrukwekkende illustrasies in groot formaat. Piotr Socha volg die geskiedenis van bye van antieke tye tot vandag. Dit gons van informasie oor die besige by-familie wat saam 'n georganiseerde samelewing vorm waarin elke lid 'n spesifieke rol het en die belang van bye en hulle kosbare heuning in die geskiedenis en in die res van die natuurlike wêreld.
Publikasiedatum: 2020-11-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485311850

Nie-fiksie / Non-fiction: Medies / Medicine

Vertaler: Esta Grobler
Illustreerder: Katy Wiedemann
Nie-fiksie / Non-fiction  -  Medies / Medicine
R 450
In Anatomicum word die werking van die menslike liggaam in die fynste besonderhede verduidelik. Hoe lyk jou liggaam aan die binnekant? Hoe word spiere gebruik om emosies te wys? Hoe groei 'n mens uit een enkele sel? Wanneer jy deur hierdie museum in drukvorm blaai, sal jy die wonders van die menslike liggaam in al sy glorie te ontdek.

OOR DIE OUTEUR
Jennifer Z. Paxton is 'n dosent in Anatomie aan die Universiteit van Edinburgh. Sy doseer Anatomie aan mediese en wetenskapstudente en is ook hoofondersoeker by die Paxton Lab, 'n weefselingenieurswese-laboratorium wat toegespits is op die ontwikkeling van nuwe weefsels van die spier-skelet-stelsel vir inplanting ná 'n besering of siekte.
Katy Wiedemann is 'n illustreerder en tatooeërkunstenaar. Haar werk is 'n verkenning van die wetenskaplike illustrasiekuns, veral van die menslike en dierlike anatomie, en is geïnspireer deur die groot anatomiese illustreerders van ouds.

Anatomicum is die vierde titel in die gewilde Welkom by die museum-reeks en volg op Botanicum, Dinosourium en Planetarium.
Publikasiedatum: 2020-11-13
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485311577

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Esta Grobler
Kinders  -  Prenteboeke
R 395
'n Groot, pragtig geïllustreerde boek oor een van die natuur se grootste geskenke: die boom.

Wat is die hoogste boom in die wêreld? Hoe lank bestaan bome al en hoe oud kan hulle word? Waar kan jy in 'n boomhuis-hotel woon? En hoe kan ons seker maak dat bome vir toekomstige generasies gaan voortbestaan? Hierdie ensiklopediese prenteboek beantwoord hierdie vrae en veel meer, met treffende illustrasies en talle interessanthede om op elke bladsy te ontdek. Piotr Socha en Wojciech Grajkowski gaan die geskiedenis van bome na, vanaf antieke tye tot vandag en ondersoek die rol wat bome gespeel het in geskiedenis, mites en legendes en biologie.
Publikasiedatum: 2020-06-30
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485309871

Kinders: Nie-fiksie

Vertaler: Esta Grobler
Kinders  -  Nie-fiksie
R 480
Skuif handel oor die evolusie van ons wêreld vanaf die begin van lewe tot in die toekoms. Die boek gee 'n ongelooflike oorsig van elke tydperk in die aarde se tektoniese geskiedenis. Hierdie verstommende visuele voorstelling van die aarde se geologiese geskiedenis beskryf die verskuiwing van landmassas en die ontwikkeling van die kontinente soos ons dit vandag ken.
Met pragtige wêreldkaarte en illustrasies wat die oorsprong van lewe uitbeeld en die aarde se moontlike toekoms vorspel, is Skuif die ideale gids tot ons planeet se geskiedenis. Martin Ince beskryf op toeganklike wyse wat die impak van geologiese veranderinge op die lewe op aarde is.
Publikasiedatum: 2019-02-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485308935

Children: Non fiction

Vertaler: Esta Grobler
Children  -  Non fiction
R 400
Much more than an ordinary atlas, this book of maps is a visual feast for readers of all ages, with lavishly drawn illustrations from the incomparable Mizielinskis. It features not only borders, cities, rivers, and peaks, but also places of historical and cultural interest, eminent personalities, iconic animals and plants, cultural events, and many more fascinating facts associated with every region of our planet.
Publikasiedatum: 2019-01-10
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485308928

Kinders: Nie-fiksie

Kinders  -  Nie-fiksie
R 400
Hierdie kaartboek is veel meer as 'n gewone atlas - dit is 'n visuele fees vir lesers van alle ouderdomme, ryklik versier deur die bekende Mizielinskis. Ontdek grense, stede, riviere en bergpieke, maar ook geskiedkundige plekke, ikoniese mense, belangrike plante en diere, kulturele gebeurtenisse en baie ander fassinerende feite wat met die verskillende plekke op ons planeet geassosieer word.
Publikasiedatum: 2019-01-10

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.