●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R450 in RSA ●●●

Soek resultate: Elsa Hamersma

Results 1 to 8 of 8
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799399271

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 250
R 225Jy spaar R 25
Een moord in die familie is erg genoeg, maar twee in een week raak bisar
Soos Kain en Abel het Bart en Jakes Brink nie liefde vir mekaar nie. Bart is talentvol, aantreklik, sportief en populêr. Maar hy is inherent sleg, ʼn opperste skelm met geen genade vir sy medemens nie. Jakes is onaantreklik, vol skete en kwale, sonder uitstaande talente, behalwe dat hy 'n finansiële sukses van sy lewe gemaak het.
Jakes is nie verbaas wanneer Bart een aand brutaal vermoor word nie, want hy het baie vyande gehad. Tog is die familie geskok om te hoor dat die speurders vermoed die moordenaar is een van hulle. Die tweede moord enkele dae later skep selfs meer vrae.
Is die moordgeen in die familielede se DNS? Of lê die motief vir die moorde in ʼn familiegeheim? Die moorde is oënskynlik impulsief en sonder voorbedagte rade gepleeg en die speurders sit met min leidrade. Hoe vind hulle die moordenaar tussen die drie sibbe en vier kleinkinders?
Veral aangesien die forensiese bewysstukke min is en dit weke neem om te ontleed. Die twee Brink-susters lewer kommentaar op die sosiale situasie van die hede en die verlede, maar ken nie die donker geheime van die familie nie. Die kleinkinders is die volgende geslag en weer eens gaan die leser wonder watter DNS hulle geërf het.

Bloedfamilie is Elsa Hamersma se tweede domestic noir. Die eerste een was Die mense langsaan wat uitgegee is deur LAPA Uitgewers.
Publikasiedatum: 2020-03-05
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624084679

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 275
R 248Jy spaar R 27
Tot die dood ons skei - Malene Breytenbach
Altyd die verkeerde man - Elsa Hamersma
Melktert en kaviaar - Annelize Morgan

Professor Kira Trollip was nog altyd verlief op haar buurman in Tot die dood ons skei. Het hy iets met sy oorlede vrou se moord te doen gehad?

In Altyd die verkeerde man ​moet Ebbie Basson die bemarking van 'n nuwe gholflandgoed aan die Weskus behartig. Sy voel teen haar sin aangetrokke tot die ontwikkelaar. 

Sal die eienaar van 'n musiekmaatskappy vir liedjieskrywer Emma Steyn help om weer haar voete te vind in Melktert en kaviaar?
Publikasiedatum: 2018-09-09
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

Uit druk uit

9780624072911

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
R 90Jy spaar R 10
Danielle Krause adverteer haar dienste as 'instaanmammie', met die voorwaarde dat sy in die oggende vry moet wees om aan haar speurroman te werk.
Nooit het sy kon dink dat die ryk wewenaar Meyer Senekal haar sou aanstel om met sy sewejarige dogtertjie te help nie. Sal Meyer die dood van sy vrou kan verwerk en is daar plek in sy hart vir 'n nuwe liefde?
Publikasiedatum: 2017-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799383508

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 300
R 69Jy spaar R 231
Christine wil van Frikkie, haar man, ontslae raak. Moord maak meer sin as egskeiding, veral nadat hy baie geld op die Lotto wen wat hy nie met haar deel nie. Dan trek daar 'n geskeide man met 'n volwasse dogter langs haar in. Wanneer Frikkie op onverklaarbare wyse by die trap in die huis afval, is die speurders en Christine suspisieus oor haar nuwe buurman. Christine, die ryk weduwee, trou gou weer en trek saam met haar nuwe man na 'n veiligheidslandgoed. Haar eertydse kollega, Zebith, is haar nuwe buurvrou. Mettertyd kom Christine agter dat die huis waarin sy en haar nuwe man bly 'n bloedige geskiedenis het. Zebith ken die geskiedenis en was betrokke by die inwoners. Sy ly aan postraumatiese stres en wroeg omdat sy skuldig voel oor wat in die huis langs hare gebeur het. Saam met die skuldgevoel moet sy ook die pyn van haar gebroke hart hanteer. Die twee buurvroue het albei die man saam met wie hulle gewoon het, verloor en albei het skouers geskuur met gewelddadige dood. Daar kan tog nie nog onvoorsiene tragedies vir hulle voorlê nie? Oor die skrywer Elsa Hamersma het al 15 boeke geskryf. Een daarvan was 'n jeugverhaal, Die teken van die crux, waarmee sy die Sanlamprys vir jeuglektuur in 1998 gewen het. Die mense langsaan is haar eerste spanningsroman en dis geskryf in die tradisie van die domestic noir, The girl on the train - 'n eerste in Afrikaans. Pryswoorde Chanette Paul, LAPA Uitgewers se manuskripontwikkelaar, sê: "Ek moet Elsa gelukwens met hierdie manuskrip. Sy het haar goed van haar taak gekwyt. Elsa skryf ook lekker vloeiend en is baie goed taalvaardig. Dis altyd verblydend wanneer skrywers nuwe genres in Afrikaans aanpak. Die noir-genres, en spesifiek domestic noir, is deesdae baie gewild. Ek is dus bly Elsa het hierdie tendens op die proef gestel." Jeanette Ferreira, teksredakteur, sê: "Dit is die beste van Elsa se romans wat ek ooit gelees het. Die bisarheid, die droefheid, die sameloop van omstandighede het my so geboei dat ek nie die teks wou neersit nie. Well done!"
Publikasiedatum: 2017-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

Uit druk uit

9780624079798

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
R 86Jy spaar R 9
Victoria Vermaak se ouers nooi haar saam op 'n luukse bootreis om te herstel ná sy in 'n motorongeluk betrokke was. Haar lewenslustige vriendin Belle, wat saamreis, het egter nie net herstel in gedagte nie: Sy het die bootrit na die MVV - die manvang-vaart - herdoop en is vasberade dat sy en Victoria voor die einde van die vakansie elk 'n nuwe manlike bewonderaar moet hê.
Op die boot loop Victoria vir Bartho Krüger raak, die sakeman wat sy die aand van die motorongeluk ontmoet het. Hy herstel ook op die vaart ná 'n ski-ongeluk hom tydelik aan 'n rolstoel gekluister het. Hoewel die besonderhede van hul eerste ontmoeting vaag is, onthou Victoria dat hy vir haar presies gelyk het soos sy haar droomman voorstel.
Is Bartho werklik als waaroor Victoria nog altyd droom? Is dit net sy afhanklikheid van die rolstoel wat hom so nukkerig maak? Wat van sy broer, Lukas, wie se blote aanraking haar vel byna aan die brand laat slaan . . .?
Publikasiedatum: 2016-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

Uit druk uit

9780799375152

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
R 86Jy spaar R 9
Katryn word na 'n klein dorpie gestuur om uit te vind waarom Jos, 'n suksesvolle plastiese sjirurg, soontoe verhuis het. Hy sien haar egter aan vir 'n joernalis van 'n skinderblad en beskou haar dadelik as sy aartsvyand.
Publikasiedatum: 2015-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

Uit druk uit

9780624067108

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
R 90Jy spaar R 10
Emma Smith kom holderstebolder op Pelikaanbaai aan die Weskus aan, so te se 'n vlugteling: van wat in Londen gebeur het met haar sogenaamde liefdesverhouding, en van haar oorbeskermende ouers, veral haar ma. Hier, op die ou vertroude vakansieplek, wil sy rus vind, haar lewe oordink, vrede kry.
Sy't nie gereken daarop dat Pelikaanbaai die blyplek kan wees van die aantreklikste man wat sy nog ooit aanskou het nie. Simon Sutherland is 'n ellelange man met pikswart hare - en volgens Emma duidelik 'n opperste ongeskikte idioot. Hy maak allerlei aannames oor haar, sommer net oor sy weens haar haas en ontsteltenis in die "verkeerde" stadsklere op die Weskus aanland. En dan is hy nog so orig, ook! Heeltyd ál om haar werf, en skynbaar kop in een mus met haar ouers, om alles te kroon. Wanneer haar ma boonop kom verneem wat Emma so halsoorkop uit Londen laat wegvlug het, is die gort gaar.
Simon het soveel bagasie en familiekwellinge, daar's geen toekoms vir die stadsmeisie en die plaasklong nie. Haar ma is in elk geval verniet bekommerd sy't hier in Suid-Afrika kom verlief raak . . .
Publikasiedatum: 2014-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

Uit druk uit

9780624063704

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
R 90Jy spaar R 10
Karla bedank haar werk by 'n trattoria op Stellenbosch om as sjef en bemarker op 'n gasteplaas naby Malmesbury te gaan werk. Eers nadat sy op die plaas aangekom het, hoor sy dat daar kort tevore 'n moord gepleeg is en dat die uiters aantreklike nuwe eienaar, Hugo Joubert, die hoofverdagte is. Nogtans is sy dadelik baie sterk aangetrokke tot hom.
Tot haar skok is daar ook groot finansiële probleme op die plaas en Karla moet bitter hard werk om van die gastehuis 'n sukses te maak. Intussen word haar innerlike woelinge daagliks meer. Is Hugo sy broer se moordenaar? Wat behels die eienaardige verhouding tussen hom en die beeldskone Natalie van die buurplaas? En kan Karla regtig daarop reken dat daar nie ná al die jare ook in Londen, waar hy eintlik bly, 'n meisie op Hugo wag nie?
Die moord, die spoke in die gastehuis, haar eksman en Natalie maak Karla se lewe daagliks ál moeiliker. Dit is asof haar lyf een taal praat en haar verstand 'n ander. Is dit dalk 'n geval van blinde liefde?
Publikasiedatum: 2013-10-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.