●●● R50 aflewering op bestellings bo R500 in RSA ●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●

Soek resultate: Elize Parker

Results 1 to 10 of 10
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

11

9780639607153

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 280
R 224Jy spaar R 56
'n Fratskoeël het hulle dit genoem. Die een wat hulle nefie, Jaco, in die voorkop net bo sy oog getref het. Sy ouers het die drie niggies vir sy dood verantwoordelik gehou. Jare later word Lenore se hulp ingeroep om die renosterkalfie by Bateleur te help versorg. Haar droom is om 'n toevlugsentrum vir diereslagoffers van wildmisdaad te stig. Tarien droom daarvan om 'n skuilhuis vir die slagoffers van mensehandel teen die grens te vestig. Maar nou is sy al hoe minder oortuig sy is waar sy moet wees. Bella dra ontwerperspakkies. Hofsaak ná hofsaak maak sy seker die waarheid seëvier. En nou is hulle deur Tjaart, wildboer en een van die rykste suikerrietboere duskant Komatipoort, bymekaar gebring om die bande te knip of bevestig. Stil vloei die Komati is 'n meesleurende verhaal waarin die leuens en misleiding rondom 'n noodlotskoeël drie niggies se lewens onherroeplik verander.
Publikasiedatum: 2021-05-25
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781415333754

Christelik / Christian: Dagstukke - Algemeen / Devotionals General

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Algemeen / Devotionals General
R 170
Stap saam met Jesus en Sy dissipels deur die stofstrate van Jerusalem.

Elize Parker bied jou die kans om as't ware saam met Jesus en Sy dissipels te stap deur die stofstrate van Jerusalem, te beleef hoe Jesus Sy dissipels se voete was, die hartseer van die kruisiging te ervaar, die vreugde van die opstanding te ondervind en die Goddelike krag te voel met die uitstorting van die Heilige Gees. Hartsgebede en sielsbeloftes bevat 70 gebede oor die gebeure van voor die kruisiging af, tot en met Jesus se hemelvaart. Elk van hierdie gebede kom uit die hart en sal jou help om op meer as net 'n intellektuele vlak te identifiseer met die boodskap van die Nuwe Testament. Elke gebed word voorafgegaan met 'n gepaste teks, en opgevolg met 'n belofte uit die Bybel om jou te bemoedig.
Publikasiedatum: 2016-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781415333341

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 300
Die Offerkind-reeks vertel die verhaal van Emma en Izak, 'n tweeling wat by geboorte geskei is en hul lewe lank swaar gedra het aan die 'Geskeide tweeling'-sindroom. Die reeks begin met Onthou jy my?, 'n aangrypende verhaal waarin een van die tweeling, Emma, se seun op pad na 'n rugbywedstryd verongeluk. Die ongeluk en Albert se dood het verrykende gevolge op. Emma en haar man, André, se lewens. In Blinde kol moet Izak Mostert na 'n beenmurgoorplanting enDie amputasie van sy bene, stadig weer sy lewe aanmekaar begin las. Hy worstel met die dood van sy. Vrou en kind wat in 'n kaping gesterf het, sy aangenome status, gevoelens van verwerping en sy fisieke uitdagings.Lint in die wind neem die leser terug na die verlede en vertel die aangrypende verhaal van die tweeling se ma, Charlene, en haar soeke na ware vryheid.
Publikasiedatum: 2016-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781415326787

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 170
Sal Marlene en Hanlie elkeen haar ware self vind?

Gewete van klip is die derde en laaste boek in die aangrypende Damaskusgangers-trilogie. Marlene Erasmus and Hanlie de Waal is as babas omgeruil, maar word mettertyd met hulle biologiese ouers versoen. In beide se lewens het die kleintydtrauma egter 'n voortgaande uitwerking.

Nou as jong volwassenes ondergaan beide 'n identiteitskrisis om hulle ware self en hulle identiteit in Jesus te vind. Hanlie se swangerskap en miskraam op agtienjarige ouderdom onderbreek haar studies as sjef. Marlene se pa wat in die gevangenis was keer terug na haar en haar gesin se lewe en sy moet sekere waarhede in die gesig kyk.

Beide leer dat geheime onteenseglik keer dat jy jou roeping in die lewe vind. Dit is eers wanneer die Waarheid in jou lewe oorwin, dat jy jou ware identiteit vind.

Oor die Outeur

Elize Parker is die skrywer van verskeie tydskrifverhale, kortverhale en romans. Sy het al verskeie boeke die lig laat sien, waaronder Dit gebeur met ander, Blinde kol en Lint in die wind. Haar tweede dagstukkieboek Hoor God se stem, het in 2014 verskyn. Sy is 'n gesoute joernalis en benewens haar skryfwerk bied sy verskeie radioprogramme aan.
Publikasiedatum: 2015-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781431612352

Nie-fiksie / Non-fiction: Ouerskap & Kindersorg / Parenting & Childcare

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Ouerskap & Kindersorg / Parenting & Childcare
R 100
Jy is 'n enkelouer. Wat nou? Verstaan mense regtig waardeur jy gaan? Is daar iewers "tips" vir hierdie ding waarvan jy niks weet nie?
Dit is hoe Elize Parker, bekende radio-aanbieder en romanskrywer, en Magriet Smit, Me. Hoop SA 2015, albei gevoel het ná hul egskeidings. En uit hierdie behoefte is Een cappuccino en 'n creme soda, asseblief gebore. Die boek gee vir enkelma's praktiese raad oor hierdie onbekende, en dikwels baie seer, pad.
Die boek bespreek praktiese temas soos: Voorsiening, stabiliteit, hoop, verlies, dissipline, vergifnis, visie vir jou gesin, "twee huise"-sindroom en identiteit.
Elke hoofstuk in Een cappuccino en 'n creme soda, asseblief sluit af met 'n oorwinningsgedagte om saam te vat en bied ook 'n kort Bybelstudie wat ideaal is vir groepbesprekings.
Hierdie boek is voorwaar 'n oorwinningsgids vir elke enkelma en bring net weer die bevestiging dat sy nie alleen is nie, want God sal haar nie hierdie pad alleen laat stap nie.
Publikasiedatum: 2015-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781415325049

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 150
Sandra wat vantevore haar identiteit in status en mawees gevind het, is nou sonder man, kind of haar huis en vriende in Johannesburg. Sy vind troos in haar hulp en betrokkenheid by Quintus se projek om 'n huis te vestig vir fetale alkoholsindroom-wesies en kry mettertyd 'n nuwe identiteit in Jesus juis deur haar werk vir liefdadigheid, Quintus se onvoorwaardelike liefde en haar nuwe prioriteite. Sy sien af en toe vir Marlene, 'n redelike rebelse tiener, en probeer 'n verhouding met Hanlie, 'n toegewyde student, uitblinker sportvrou en prefek opbou terwyl hulle tieners word en deur hul eie identiteitskrisisse gaan. En dan die nuus - Marlene is swanger en sy loop weg van Benita en Cobus se tuiste, maar niemand weet waarnatoe nie.
Publikasiedatum: 2015-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781415325902

Christelik / Christian: Dagstukke - Algemeen / Devotionals General

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Algemeen / Devotionals General
R 170
Die boek bied inspirasie en motivering vir 'n hele jaar. Elke maand word die klem gele op 'n spesifieke manier waarop jy nader aan God kan lewe en jou verhouding met Hom kan versterk. Die twaalf maande is saamgestel rondom maandelikse temas, waaronder 'Goedheid' en 'Wysheid'. Hoor God se stem is 'n pragtige hardeband dagstukkieboek wat veel meer is as net 'n mooi boek wat op jou koffietafel of bedkassie pryk - dit sal jou gees verryk en vir voortdurende geestelike groei sorg. Dit is ook 'n spesiale geskenk vir enigeen wat hul verhouding met God wil verdiep.
Publikasiedatum: 2014-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781415326343

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 150
Publikasiedatum: 2014-01-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780798159708

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 240
Elke vrou vir haarself
Amber maan, oker son

'Elke vrou vir haarself is 'n meesleurende familiesage oor die lief en leed van die drie Keet-susters. Die twee oudste susters, Nelia en Adri, werk by hul ma se ou vriendin Emmie by die Hotel Woltemade in Kaapstad. Kort hierna sterf hul ma en neem Emmie hul laatlamsussie, Carine, aan. Maar uiteindelik moet elkeen van hulle hul eie paadjie loop en talle terugslae oorkom op hul weg na vervulling in hul professionele én liefdeslewe. Daar is suksesse én teleurstellings, vreugde én hartseer. Dit sal jare wees voordat die donker geheim in die Keet-familie uitgerafel word. Sterk vroue, glorieryke liefde, ontrou, verraad, passie, wraak. Maar uiteindelik is dit tog die liefde wat seëvier.

Amber maan, oker son en ander verhale neem die leser na uiteenlopende plekke. Die titelverhaal speel af in die oorloggeteisterde Angola waar die joernalis Esperanza Santana en haar Franse eweknie, Gerard Jobert, by mekaar skuilplek soek. In elke verhaal speel identiteit 'n sleutelrol; die vinnige pas en warm tonele sal lesers meesleur.'
Publikasiedatum: 2013-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781415314043

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 40
'n Lint in die wind is die derde en laaste boek in die treffende Offerkind-reeks deur die gewilde Afrikaanse skrywer, Elize Parker.
Die reeks handel oor Emma en Izak, 'n tweeling wat by geboorte geskei is, en 'n Lint in die wind neem die leser terug na die verlede en vertel die aangrypende verhaal van hul ma, Charlene.
Charlene Fourie raak swanger ná sy as tiener 'n passievolle eenaandafspraak met 'n plaaslike seun het. Sy word na 'n huis vir ongehude moeders in Pretoria gestuur en haar ma gaan 'n ooreenkoms met 'n vriendin aan om Charlene se baba, sonder haar wete, te laat aanneem.
Gedurende hierdie tyd ontmoet Charlene 'n soldaat uit Rhodesië, majoor Lloyd Edwards, en trou met hom na 'n warrelwindromanse. Sy raak swanger met 'n tweeling, maar beleef 'n bitter moeilike jaar waarin Lloyd vermis raak, bipolêre depressie haar begin onderkry en sy probeer selfmoord pleeg toe sy sewe maande swanger is.
In haar donkerste tyd verneem sy dat die tweeling oorlede is ('n leuen wat aan haar vertel word) en kom sy by 'n kruispad waar die toekoms donkerder as die verlede lyk. Vir Charlene is dit 'n lang pad na herstel. Sal sy ooit die waarheid uitvind oor die leuens wat haar gesin verwoes het? En sal haar drie kinders hul pad na haar toe terugvind?
'n Lint in die wind is die verhaal van 'n vrou se soeke na ware vryheid en bied ook 'n kykie op die siel en wese van bipolêre depressie en die herstel wat moontlik is vir mense met geestesiektes -'n moet-lees boek vir elkeen wat hoop soek en hoop wil deel.
Publikasiedatum: 2013-03-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.