●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●

Soek resultate: Elize Davies

Results 1 to 11 of 11
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776351992

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Liefde op 'n eiland ... Wat kan verkeerd gaan? Anneke Jordaan word Paradiso toe gestuur om 'n hotel te koop. Om op 'n kelner in die hotel verlief te raak was nie deel van haar opdrag nie. Maar Nick, die aantreklike Griek, help haar telkens uit die moeilikheid; hy is 'n heerlike maat, en hy soen verskriklik lekker. Herman Jordaan het egter reeds 'n ander man vir sy dogter uitgesoek en hy doen sy bes om die verhouding te verongeluk. Daarin word hy bygestaan deur Ferdinand, die skoonseun van sy keuse. Hulle krap Anneke se liefdeslewe heeltemal deurmekaar, en die man wat sy liefgekry het verander skielik in 'n koue, afsydige vreemdeling. 'n Moderne romanse wat in Griekeland afspeel. Van die temas wat aangespreek word, is feminisme en klassisme.
Publikasiedatum: 2022-01-05
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639607191

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 95
R 39Jy spaar R 56
Almal dink hulle wil 'n huisie by die see hê totdat hulle die buurman ontmoet.
Wanneer Lori Lategan uitvind sy erf haar oupa se huis op Skulpbaai, lei sy aan dubbele skok. Haar onderdrukkende pa het haar vertel haar grootouers is lankal dood. Hierdie geleentheid is 'n kans op 'n nuwe lewe, weg van haar pa se oorheersende hand. Skaars op Skulpbaai ontmoet sy haar lastige nuwe buurman, Zander Malan, wat haar opdraande gee oor sy nooit by haar oupa kom kuier het nie, en haar beskuldig van geldgierigheid. Die vent is amper erger as haar pa. Tot die dag wat Fred Potgieter, die dorp se Groot Kokkedoor, Lori se lewe 'n nagmerrie maak. Skielik is Zander daar om te help skerm en Lori se hart begin vermurwe. Maar dan daag Zander se suster op en dit raak duidelik dat hy nie is wie hy voorgee om te wees nie.
Publikasiedatum: 2021-05-18
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639605579

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
WENNER ATKV WOORDVEERTJIEPRYS VIR ROMANSES 2021

Kan hulle mekaar vertrou ten spyte van alles wat gebeur het?
Eldri Immelman se skatryk ouers word deur joernalis Dewald ontmasker as bedrieërs wat jare lank hulle beleggers se geld steel. Hulle vlug en Eldri moet vir hulle keuses boet. Teen Dewald se sin gaan Eldri saam na sy wildsplaas om sy ma te versorg en besef hy dat sy baie meer kompleks is as wat hy aanvanklik gedink het. Hy besef ook dat hy halsoorkop verlief op dié wispelturige rooikop is, maar hierdie ding met haar ouers bly tussen hulle. Daar is net een oplossing: Hulle sal moet leer om mekaar te vertrou vir 'n kans op vir altyd.
In Liefste rooikop word witboordjiemisdaad en geskende vertroue tussen geliefdes ondersoek.
Publikasiedatum: 2020-10-22
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799398748

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Die verlore seun keer terug om haar voete onder haar uit te slaan As agtienjarige is Lizelle Lategan weggejaag uit haar ouerhuis en haar tuisdorp, Nelslaagte, omdat sy en Jacques, haar aangenome suster se kêrel, verlief geraak het op mekaar. Sy kry 'n interessante werk as navorser vir 'n misdaadskrywer, Hennie Schutte, maar dan keer sy seun Steyn terug van Amerika en krap alles deurmekaar. Steyn wantrou Lizelle aanvanklik en beskuldig haar van allerhande valse motiewe, onder meer dat sy besig is om sy ouers se goedheid uit te buit. Gaandeweg trek hy op slim en selfs slinkse maniere die seer besonderhede van haar verlede uit haar uit en leer haar beter ken. Toe Steyn en sy pa besluit om 'n mynramp wat 50 jaar gelede op Nelslaagte gebeur het, as agtergrond vir 'n boek en 'n dokumentêre film te gebruik, word Lizelle só gedwing word om terug te keer na Nelslaagte, die plek wat sy nooit weer wou sien nie en die spoke van die verlede te konfronteer. Steyn belowe weliswaar dat hy Lizelle sal bystaan, maar kan sy hom vertrou? Sy is baie bang vir seerkry en sukkel om hom te vertrou. Maar dié keer is sy nie alleen nie. Steyn staan haar by, help haar uit moeilike situasies, troos haar oor haar pa se dood en red haar toe sy in 'n gevaarlike situasie beland. En kan sy haarself vertrou? Want in sy arms smelt al haar weerstand weg. Steyn hou by sy woord, en met sy hulp en onderskraging slaag sy daarin om vrede te maak met die verlede. Nou moet sy nog net daarin slaag om sy hart te wen ... Romanza is LAPA Uitgewers se romansereeks, wat vergelyk kan word met Mills & Boon en Harlequin-romanses. Onverwags liefde is Elize Davies se jongste romanse. Haar vorige romanses in die Romanza-reeks sluit die volgende in: -Maanligliefde (April 2016), -Vermetele mansmens (April 2017), -Liefste verleidster (April 2018), -ʼn Man vol verrassings (Mei 2019), -Onweerstaanbare vyand (November 2019)
Publikasiedatum: 2020-03-05
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799398304

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Op die spoor van liefde
Irma Delport het grootgeword met die wete dat elke Retief die vyand is van enigiemand wat die naam Delport waardig is. Sy wil ʼn ruk op Nyumbani gaan bly (die wildsplaas wat haar oupa destyds saam met Dreyer Retief se oupa gekoop het), maar op Nyumbani kraai Dreyer Retief koning, en hy dring daarop aan dat sy eers die veldwagterskursus voltooi. Dit is ʼn strawwe kursus wat Irma bloed laat sweet, maar ʼn koppige Delport laat haar nie so maklik deur ʼn oorheersende, baasspelerige Retief intimideer of afskrik nie. As Dreyer net nie so aantreklik was nie, en as hy net nie so lekker gesoen het nie ...

Romanza is LAPA Uitgewers se romansereeks, wat vergelyk kan word met Mills & Boon en Harlequin-romanses. Onweerstaanbare vyand is Elize Davies se jongste romanse. Haar vorige romanses in die Romanza-reeks sluit die volgende in:
Maanligliefde (April 2016),
Vermetele mansmens (April 2017),
Liefste verleidster (April 2018), en
ʼn Man vol verrassings (Mei 2019).
Publikasiedatum: 2019-11-07
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799394351

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Ses jaar gelede het Mia-Mari 'n duur, pynlike les geleer: agter Wynand se sjarme en sy aantreklike uiterlike skuil 'n agterbakse plannemaker wat nie vertrou kan word nie. Wat hy gedoen het is onvergeeflik. Haar hart is immuun teen seerkry en sy durf nie toelaat dat hy weer deur haar skanse breek nie, maar Wynand het die mag om haar hart 'n tweede keer te vernietig.

Die onderliggende tema gaan oor hoe ver smart uitkring. Die heldin se broer is 'n dwelmverslaafde en -verkoper. Die held se suster gaan dood aan 'n oordosis dwelms wat sy by hom gekoop het.
Publikasiedatum: 2019-04-30
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799387650

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Annette raak verlief op haar ridder-bestuurder-fotograaf. Maar Markus het vroeg-vroeg al geleer dat hy op niemand kan staatmaak nie en sy emosies is stewig verskans agter 'n ondeurdringbare muur. Wat moet Annette doen om by sy hart uit te kom?
Publikasiedatum: 2018-04-10
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799383201

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 90
Hoe durf die arrogante, aantreklike Suid-Afrikaanse toeris Ben Breytenbach in Karli se lewe in Griekeland kom inmeng? Hy krap alles deurmekaar, asof sy geen sê in die saak het nie, en om alles te kroon verloor sy boonop haar hart op die vermetele mansmens.
Publikasiedatum: 2017-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799378528

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 85
Mariette se lewe is soos haar kaste, netjies georden, met geen plek vir belaglike emosies soos die liefde nie. Nog minder is daar plek vir aantreklike hartebrekers soos Leon Lategan met sy blou oe en sy onstuitbare humorsin.
Publikasiedatum: 2016-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799371901

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 285
Katinka se grotman - Bets Smith - Die befoeterde grotman wat Katinka by die nuwe kantoor leer ken, se oë is nou wel viooltjieblou. Maar 'n grotman verstaan nie hartstog en teerheid nie.

Waar sy hoort - Marile Cloete - Anneke het meer as haar deel aan mislukte verhoudings gehad. Van nou af staan sy op haar eie bene. Ter wille van haar kind. En ter wille van haarself. Maar waar pas Adriaan Rossouw en Patti in?

Heeltemal seker - Elize Davies - Hy's aggressief, onvriendelik en befoeterd, by tye sommer doodgewoon ongeskik ...Linda Nagel beland onbeplan op 'n afgeleë wildreservaat in Zambië waar Ben Lategan, vryskutwildfotograaf, haar kry. Hy vermoed sy is 'n joernalis wat op sy spoor is en hy haat joernaliste. Toevallig ís sy een.Maar sy weet nie wie Ben Lategan is nie. Sy herstel ná 'n motorongeluk en het geheueverlies van die afgelope twee jaar. Sy sê egter nie vir hom daarvan nie.Hy begin haar tog mettertyd vertrou en begin haar saamneem wanneer hy die wild gaan afneem. 'n Gemeensaamheid ontwikkel tussen hulle, totdat sy filmspan met verdoemende getuienis daar opdaag.
Publikasiedatum: 2015-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799373745

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 85
Karien Kruger trou met Hugo Steyn omdat hy dan die beplande ontwikkeling van haar tuisdorp sal stopsit. Die saketransaksie beweeg egter gevaarlik na aan haar hart wanneer sy besef sy het gevoelens vir Hugo ontwikkel.
Publikasiedatum: 2015-04-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.