●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R500 in RSA ●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●

Soek resultate: Dave Strehler

Results 1 to 6 of 6
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431621446

Christelik - Kinders: 6 tot 8 jaar

Christelik - Kinders  -  6 tot 8 jaar
R 130
R 117Jy spaar R 13
Dave Strehler help kinders tussen 6 en 10 jaar ontdek hoe wonderlik dit is om te bid en jou lewe met God te deel.
In My eie klein gebede-boek leer topverkoper-outeur Dave Strehler kinders tussen 6 en 10 jaar alles van gebed. Die verskillende afdelings in hierdie gebedeboekie met pragtige waterverf-illustrasies kyk na verskillende tipe gebede en hoe om te bid.
Kinders leer hoe om God te loof en aanbid, te vra wat hulle nodig het, dankie te sê vir wat Hy vir hulle gedoen het en om deur die loop van die dag oor alles en nog wat met Hom te praat - alles deur gebed. Elke afdeling sluit in 'n kort gebed om te bid, 'n sleutel-teksvers en 'n toepassing om te bekragtig wat die kind geleer het.
Publikasiedatum: 2019-02-19
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431618941

Christelik - Kinders: 6 tot 8 jaar

Christelik - Kinders  -  6 tot 8 jaar
R 155
R 140Jy spaar R 15
Dave Strehler help kinders tussen 6 en 10 jaar om God se wonderlike beloftes te ontdek en te verstaan dat Hy altyd sy woord hou.
In My eie klein belofte-Bybel leer Dave Strehler kinders tussen 6 en 10 jaar alles wat hulle moet weet oor God se wonderlike beloftes aan hulle. Hierdie boek met sy pragtige waterverf-illustrasies en beloftes uit die Skrif sal ouers en kinders se harte aangryp.
Kinders sal in My eie klein belofte-Bybel God se wonderlike beloftes van beskerming, seën, sorg, leiding en liefde vir hulle ontdek en leer verstaan. Hulle sal ook meer lees oor sommige van die bekendste beloftes oor Jesus wat waar geword het en sien dat God altyd sy woord hou.
Publikasiedatum: 2019-02-19
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431620753

Christelik - Kinders: 9 tot 12 jaar

Christelik - Kinders  -  9 tot 12 jaar
R 190
R 171Jy spaar R 19
In 366 dagstukke maak agt- tot twaalfjariges van nader kennis met gewilde Bybelhelde.
In die Bybel is daar wonderlike stories oor mense wat groot dinge vir die Here gedoen het. Van die mense was van nature sterk en dapper, soos Simson. Ander was stiller en meer saggeaard, soos Daniël en Rut. Maar hulle almal was lief vir God en het groot dinge vir Hom gewaag.

Hierdie opwindende dagboek vir kinders sal hulle op 'n reis deur die Bybel neem. Dit vertel die verhale van verskillende helde wat fantastiese avonture be­leef het. Die indeks agter in die boek sal hulle na 'n spesifieke tema lei waaroor hulle dalk wonder, by­voorbeeld God se plan, hoop, verskillende gelowe en wonderwerke. Elke dagstukkie sal kinders help om die lesse wat die Bybelhelde geleer het in hulle eie lewe toe te pas.

Ook beskikbaar in Engels onder die titel Amazing Stories for Young Believers.
Publikasiedatum: 2018-08-31
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431617388

Christelik - Kinders: Dagstukkies

Christelik - Kinders  -  Dagstukkies
R 190
R 171Jy spaar R 19
Die meeste van ons het goeie rolmodelle in ons lewe. Dit kan 'n gunsteling rolprentster, sanger of sportster wees. Vir sommige kan dit selfs 'n familielid of vriend wees wat ons bewonder. Vandag raak dit egter al moeiliker om goeie, godvresende rolmodelle te vind.
Elke dag saam met Jesus wys vir kinders tussen 8 en 12 jaar wat dit beteken om in die voetspore te volg van die grootste rolmodel wat ooit op die aarde geleef het - Jesus. In 366 kragtige oordenkings help Dave Strehler die kinders van vandag om meer soos Jesus te word namate hulle meer leer oor die aardse reis, van die dag van sy geboorte tot sy hemelvaart. Elke oordenking bied 'n inspirerende teksvers en iets om te doen, oor na te dink, te onthou en te bid.
Help die jongmense van vandag om hulle eerste tree na sukses te gee namate hulle in die voetspore van Jesus volg, die wonderlikste rolmodel wat die wêreld al ooit gesien het!
Publikasiedatum: 2017-09-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431611478

Christelik - Kinders: Algemeen

Christelik - Kinders  -  Algemeen
R 129
R 116Jy spaar R 13
'n Prettige en leersame reis deur die Bybel vir kinders.
Dave Strehler bied met 'n Ontdekkingsreis deur die Bybel - vir kinders 'n Bybelhandboek spesiaal vir die jongklomp.
Dié boek sal kinders help om sin te maak van die By­bel deur vir hulle praktiese, lekker en interessante manie­re te wys om dinge oor die Bybel te leer.
'n Ontdekkingsreis deur die Bybel - vir kinders lei kinders deur die Bybel deur die volgende opwin­dende bywerkings:
antwoorde op die algemeenste vrae wat hulle het oor gebeure en karakters in die Bybel
interessante feite om hulle te stimuleer en hulle belangstelling te wek
visuele voorstellings van wat hulle lees om hulle te help verstaan en onthou
hedendaagse toepassings van sekere Bybelse kon­septe en tradisies
woordverklarings
vrae met Bybelse verwysings vir antwoorde om hulle insig te verryk.
Publikasiedatum: 2014-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781432111694

Christian - Children: Bibles

Christian - Children  -  Bibles
R 130
R 117Jy spaar R 13
The Bible is a big Book, and we are blessed to have such a collection of inspired writing - the Word of God - at our finger tips.
Yet, due to its sheer volume, fine print and writing style, children usually find it difficult to pick up and read a standard version of the Bible.
The Bible Made Easy - for Kids by Dave Strehler is aimed at helping children make sense of the Bible by engaging them in practical ways, and to make learning about the Bible fun and interesting.
The Bible Made Easy - for Kids guides children through the Bible by:
- answering some of the most common questions they have about the events and characters in the Bible
- providing interesting facts to stimulate them and get them interested
- offering visual descriptions of what they read to help them remember
- drawing modern-day comparisons to certain Bible concepts/traditions and putting it into context
- word definitions
- Question and Answer sections that assess whether they can remember what they've read.
Publikasiedatum: 2014-10-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.