AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●● GRATIS Pargo aflewering op bestellings bo R350

Soek resultate: Dana Snyman

Results 1 to 10 of 10
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

6

9780624088660

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 270
R 216Jy spaar R 54
Soekmekaar is 'n stuk of vyftig stories waarin Dana Snyman besin oor enigiets van Donald Trump tot 'n veertigste skoolreünie.
Hy vertel van sy kennismaking met Eugène Terre'Blanche en van die Bogosi-gesin van Ventersdorp wat by hom op Jacobsbaai gewoon het.
Hy gesels met Jemina Meko oor Karel Schoeman se laaste dae.
Hy beskryf hoe mense oor grense na mekaar probeer uitreik.
Hoe ons mekaar soek en nie altyd vind nie.
Dana sê: “Ek voel nie meer geborge in my huis op Jacobsbaai nie. Miskien suig 'n huis se mure en dak jou verdriet en verwildering op nes 'n spons wat water opsuig. My huis treur saam met my. Oor Anette se weggaan. Oor ou sekerhede wat onsekerhede geword het. My huis soek lig. Ek soek lig. Ek moet die binneland in.”
Menslik, roerend, hartseer én snaaks, soos net Dana Snyman kan.
Publikasiedatum: 2019-09-09
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

Uit druk uit

9780798144858

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 265
R 239Jy spaar R 26
Snyman se humoristiese pen breek weg na plattelandse cafés met juke-bokse en seven singles, besoeke aan die 'Monnemint' en Boeregrafte, in 'n tyd dat Valiants en Zephyrs nog bekende name was.
Publikasiedatum: 2018-02-13
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624072256

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 280
R 252Jy spaar R 28
Dana Snyman is volksbesit. Hy reis rond deur Suid-Afrika en skryf oor sy ontmoetinge met mense langs die pad, die trokdrywers, die meisie wat in matriek swanger geraak het, donkie-eienaars, die vrou wat haar seun in die grensoorlog verloor het, Cliffie van Epping, oom Pik Botha in Pretoria ...
Sy stories tref mens in die binnegoed. Soms is dit hartseer, maar soms ook skreeusnaaks, soos die storie oor sy ma wat sweer dat sy vanjaar 'net iets ligs' vir die Kers-ete gaan bedien.
In sy nuutste boek het Dana 100 van sy ware ontmoetings geboekstaaf - ontmoetings met mense, maar soms ook met dinge - die vleispastei, of tuisgemaakte braai-apparate.
Die stories het hy aanvanklik op Facebook, waar hy duisende volgelinge het, gepos. Die wat die grootste reaksie gekry het is nou hierin verwerk. 'n Ware interaktiewe Suid-Afrikaanse boek.
Publikasiedatum: 2018-02-13
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624077176

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 275
R 248Jy spaar R 27
Dana Snyman sien dinge op sy eiesoortige, aweregse manier. In deel een is hy op pad saam met die TV-span van Op pad met Dana. Soos hulle die land deurkruis op soek na stories, beleef Dana nie net die lief en leed van die mense met wie hy gesels nie, maar ook sy eie innerlike reis. Hy kom huistoe met 'n optelhond -- en met 'n nuwe manier van kyk. In deel twee kyk hy rugby. In kroeë, township-huisies, saam met oom Frik du Preez en Joost van der Westhuizen. Snaaks, skerp en onthutsend eerlik.
Publikasiedatum: 2017-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624043522

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 285
R 257Jy spaar R 28
Dana Snyman, seker Suid-Afrika se gunstelingreisskrywer, beskryf sy eie lewensreis en die ongebaande wee waarop hy hom al begeef het.
Dana soek na die ware Weskus, kuier by die Karoo se karretjiesmense, jaag pylreguit deur Boesmanland, sit in Lutzville se kroeg, en ry selfs' n Harley op Colesberg.

Uiteindelik gaan hy huis toe, in sy Valiant, en herkou aan die lesse van die langpad. Heerlik vermaaklik, dog diep menslik.
Publikasiedatum: 2015-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624062271

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 265
R 239Jy spaar R 26
In Dana se nuwe bundel vertel hy die stories van ons land se mense, die gewone mense, mense wat sommerso onder die radar leef...

Eg, warm en gevul met deernis, soos ons Dana leer ken en leer liefkry het. Hy skryf met groot nederigheid en respek oor die mense wat andersinds ongesiens lewe en in die proses verryk en verruim hy ons. Boonop is hy dikwels skreeusnaaks.
Publikasiedatum: 2013-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

Uit druk uit

9780624054870

Fiction: Short stories

Fiction  -  Short stories
R 230
R 207Jy spaar R 23
Renowned travel writer Dana Snyman goes in search of his roots as he grapples with his place in South Africa today.

He starts this distinctly South African story with the first Snyman, born of a white father and a slave mother. His travels take him off the beaten track, and his encounters with the forgotten people of the back roads are filled with the humour and compassion he is known for.
Publikasiedatum: 2012-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624053187

Nie-fiksie / Non-fiction: Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography
R 255
R 230Jy spaar R 25
Veelbekroonde reisskrywer Dana Snyman vertel die verhaal van sy eie lewensreis, dié van sy familie en van sy land.
Hy reis agter stories uit die verlede aan, van die eerste Snyman, seun van 'n wit pa en 'n slavin-ma, tot vandag, waar mense op die platteland hom in hul geheime inlaat. Elkeen van ons het mos sy eie 'Inkandla' - tuisdorp - en Dana se reis neem hom onder meer ook na Julius Malema se ouma se huis en na President Zuma se werklike Inkandla in KwaZulu-Natal, waar hy bokvleis met President Zuma se broer geëet het. Dan keer Dana terug huis toe, via Bloedrivier en die museum waar sy oupa se broek nog uitgestal word...
Dana se verhaal is vervleg met die stories van ons almal wat 'hiervandaan' is. Eg, warm en gevul met deernis, soos ons Dana leer ken en leer liefkry het.
'Die prentjies waarvoor die res van ons nie die oë het nie... verhale wat wiegend - soos Dana se groot ou rooi Valiant - uit die voue van godvergete hoekies van die padkaart uitkruie.' Rapport
Publikasiedatum: 2011-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798151214

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 290
R 261Jy spaar R 29
'n Veertigtal stories deur een van ons gewildste skrywers. Stories met humor én met droefheid, van dinge wat verander het en dinge wat dieselfde bly, oor families en oor vreemdelinge.

Die mens is die storie, die storie is die mens, het Dana, self-erkende storiesmous, by geleentheid gesê.
Publikasiedatum: 2009-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798147149

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 300
R 270Jy spaar R 30
Agt en veertig uitgesoekte Dana-stories. Vir lesers wat wou weet wie daardie mense op die omslag van Dana se blitsverkoper Uit die binneland was, lê hy nou familie uit in die storie 'Familiefoto'.
Publikasiedatum: 2006-10-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.