AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●● GRATIS Pargo aflewering op bestellings bo R350

Soek resultate: Christine Barkhuizen le%

Results 1 to 6 of 6
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798179706

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 310
R 248Jy spaar R 62
Corinne Prinsloo, 'n kliniese sielkundige, se huwelik is nie meer wat dit eens was nie. Dis asof haar domineeman, Frank, wegkruip in sy studeerkamer, en saans al hoe vroeër die whiskeybottel nadertrek. Die liefdevolle saamwees van vroeër het verander in 'n versigtige eierdans rondom mekaar.

Wanneer Deon, 'n oudpasiënt, haar nader om saam met hom 'n pelgrimstog te onderneem na die dorp van sy kinderjare, word Corinne voor 'n belangrike keuse geplaas. Begelei sy Deon 'n laaste maal terug na die trauma van sy verlede, of moet sy by Frank bly en self agter die kap van die byl van haar man se drinkprobleme probeer kom?

In Christine Barkhuizen-le Roux se jongste roman, My naam is Prins, ek slaap met die lig aan, vra die skrywer skreiende, dapper vrae. Wat beteken dit om 'n goeie man te wees? Hoe raak 'n mens ontslae van die verlede? En bowenal, hoe heel jy veertig jaar later die pyn van 'n klein seuntjie genaamd Prins?
Publikasiedatum: 2019-09-12
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798174886

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 255
R 230Jy spaar R 25
Nuwe uitgawe met nuwe omslag.

'n Sensitiewe roman oor die afdruk wat een geslag op 'n volgende laat. Wanneer haar bejaarde ma verdwyn, besluit Katrien om die paaie van haar kinderjare na te ry. Haar reis neem haar terug na die padkampe waar haar pa, 'n padskraperoperateur, die lewe vir haar uitgelê het en waar haar ma se stryd teen armoede begin het. Katrien se reis is meer as 'n herinneringstog; op die oop pad onthou sy weer haar pa se woorde: "Om te weet waarheen jy op pad is, moet 'n mens onthou waar jy vandaan kom."
Publikasiedatum: 2016-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798174916

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 250
R 225Jy spaar R 25
Nuwe uitgawe met nuwe omslag.

Die selfmoord van haar vriendin, Mignon, laat Maggie met meer vrae as antwoorde. In 'n brief vra Mignon vir Maggie om 'n familielid in die tronk te gaan soek. Bea Mostert, 'n eks-Getuie soos Mignon, is tot dertig jaar tronkstraf gevonnis vir 'n onvergeeflike daad. Wat het hierdie twee vroue tot sulke uiterstes gedwing - en speel hul godsdiens 'n rol? Maggie se soeke na antwoorde word deel van haar eie pad na aanvaarding van haar man se dood en begrip vir haar Ierse pa se hardvogtigheid.
Publikasiedatum: 2016-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780928316117

Fiksie: Poësie

Fiksie  -  Poësie
R 179
R 161Jy spaar R 18
'Skynskadu' is 'n uitsonderlike versameling van Christine Barkhuizen le Roux se nuutste gedigte. Met gedigte wat opgedra word aan onder meer Breyten Breytenbach, vorm die kritiese beskouing van lig teenoor donker ook deel van 'n groter digterlike diskoers.
Op die ingevoegde CD is daar toonsettings deur Olga Leonard, Babette Viljoen en Trudie Leonard Prinsloo saam met Christine se eie voorlesing van haar werk. Opnames gedoen deur Henk Steenkamp van Music@Work.
Publikasiedatum: 2016-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798174039

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 300
R 270Jy spaar R 30
Drieklawerblaar verweef die verhale van drie karakters: Kate, 'n afgetrede verpleegster, Tinneke, gastehuiseienaar en weduwee, en haar hardkoppige buurman, Abel, 'n wildboer. Op die plaas Doringboomlaagte soek Kate soek na antwoorde: hoe het haar Ierse oumagrootjie hier, in Afrika, beland? Terselfdertyd is Abel gemoeid met sy familiegeskiedenis: watter houvas het die grond waarop Doringboomlaagte nou is op sy voorsate gehad? 'n Roman oor herkoms en grond, en hoe om vrede te maak met die verlede.
Publikasiedatum: 2016-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

Uit druk uit

9781920654771

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 159
R 143Jy spaar R 16
Alice Jules word een oggend wakker met die geur van koffie in haar neus. Jules, haar eggenoot, het dit gemaak. Sy kry vir die eerste keer in hul lewe saam die kans om 'n paar goed van haar hart af te kry. Dit, terwyl hy agter die koerant sit - sonder om 'n woord te (kan) sê. 'Hy is nie dood solank as wat sy dit nog nie vir iemand gesê het nie,' dink sy by haarself. 'Hy leef, solank as wat sy wil'. Daar is nog baie wat sy vir hom wil sê. Wat dit is, sal nog vir haar duidelik word soos die dag aangaan. Vandag moet almal haar met rus laat.' Die buitekant van Meneer Jules is 'n roerende relaas van hoe 'n vrou met die onverwagse dood van haar man probeer verwerk. Die leser word ook vierkantig tussen die oë geslaan as die outistiese seun van die bure, Dawid, soggens met Meneer Jules kom skaak speel en sê dat hierdie figuur slegs die buitekant van meneer Jules is. Saam met Alice en Dawid word die leser ingetrek in 'n intieme, soms erg humoristiese, verslag oor Alice en Jules se vroeëre lewe saam. 'n Boek wat elke vrou wat nog iets wou sê, sal bekoor.
Publikasiedatum: 2015-06-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.