●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●

Soek resultate: Christien Neser

Results 1 to 15 of 21
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624091134

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 170
Mieke se pad kruis met Sasha Dyssel, Miss Eco Warrior Limpopo-finalis, wat die skool en Mtwana se gas is. Fen en al die graadsewe-seuns verloor hul hart op die mooie Sasha. Maar dis Mieke wat die dieper kant van die meisie leer ken, en uitvind waarom sy en Smiley, die outjie wat gedurig 'n nuwe blouoog het,  soveel in gemeen het. Die ontkoping is die finaal van Miss Eco Warrior, met afskeid en oorgang vir beide Mieke en Fen wat deur die storie verweef is.
Publikasiedatum: 2022-03-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624090908

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 170
BOEK 1
Mieke se lewe op Mtwana Wildlife Rescue, aan die oewer van die Limpopo, is alles behalwe saai. Tussen haar pa as die plaas se veearts, Fen se ouma Maggi wat die lodge bestuur en haar eksentrieke oupa Bosjan se natuur- en lewenswysheid kry sy skaars kans om haar ma te mis. Maar soms, veral noudat sy in Gr 7 is en haar tannie Sylvie ver weg is in Amsterdam, raak die gemis groot. Gelukkig was Fen nog altyd daar: Haar boetie wat sy self kon kies, wat van dag een af saam met haar op 'n donkie skool toe ry. In hierdie eerste boek in die reeks moet Mieke en Fen hulle geliefde plaasskool red wanneer die eienaars van die buur-jagplaas 'n nuwe landingstrook reg bo-oor die skool beplan, en hulle moet boonop betyds genoeg kennis opdoen om die groot stadskole in die Natuurkennis Finaal te klop. As Kersfees reeds in April kan kom, kan hulle plan dalk net werk!
Publikasiedatum: 2021-09-16
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639601670

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 290
In hierdie drie boeke in die Elle-reeks is daar superhipermega-avonture wat op Elle en haar pelle wag …
Witbaadjies. Dít is hoe die prefekte by Gravitas bekend staan. Om nié op die Lys van Dertig te kom nie, is vir elkeen 'n verskrikking in Middernagklub. Van uitslip en reëls breek is daar dan geen sprake nie. Daarom hou Elle en haar pelle hulle laaste middernagfees. En toe die Middernagklub op heterdaad betrap word, is dit die begin van nog 'n Gravitas-avontuur.
In Pienk bikini gee die woord matriek vir Elle 'n knop in haar keel. As hoofmeisie gaan daar 'n groot verantwoordelikheid op Elle se skouers rus. En as Elle dit waag om 'n voet verkeerd te sit, sal Shia dadelik haar plek inneem. Kort voor lank het Elle egter groter probleme toe 'n verspotte modderstoeigeveg by die kinderhuis (en parmantige pienk onderklere) onverwags groot nuus word.
In Strikdans skop Elle se matriekjaar op 'n aaklige noot af. Daar is skielik probleme tussen haar en Alex, haar kêrel. En Gravitas het 'n nuwe waarnemende skoolhoof wat 'n veer vir die skooltradisies voel. Elle probeer red wat te redde is - maar dit kan haar dalk haar hoofmeisiebalkie kos …
Publikasiedatum: 2021-08-25
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639604176

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 200
Vreesloos? Elle is eerder vrek bang. Haar matriekjaar spoed ten einde. Sy wil brieke gooi, want sy weet nie of sy kans sien vir 'n lewe anderkant die rooibaksteenmure van Gravitas nie. Waar ander meisies planne maak vir hul groot matriekvakansie, probeer sy daarvan vergeet. Sy wil elke laaste oomblik met oorgawe geniet. Soos die matriekdans. Op hierdie dans gaan sy 'n laaste kans kry om haar stempel af te druk. Dit moet onvergeetlik wees, veral vir die nuwe hoofmeisie en die graadelfs. Alles is droommooi: van die statige ou skoolgeboue tot haar metgesel in sy donker pak. Alles is supermega-stylvol: van die oerwoud in die skoolsaal tot die gourmet disse op die tafel. Mevrou Bender is op haar pos, goedkeurend en in beheer. Wat kan verkeerd loop? Net mooi alles. As haar droomdans dan wel onvergeetlik is, maar om al die verkeerde redes, moet Elle keuses maak. Sy en Refilwe moet die gevolge dra, want hulle is die gesig van Gravitas. En wat wag vir Elle en Refilwe aan die einde van die eksamen? Gaan dit 'n vakansie in 'n pienk bikini wees, of 'n verblyf in 'n tronksel in 'n oranje oorpak? Vreesloos is die laaste boek in die uiters gewilde ELLE-reeks.
Publikasiedatum: 2021-02-18
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639600925

Nie-fiksie / Non-fiction: Ouerskap & Kindersorg / Parenting & Childcare

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Ouerskap & Kindersorg / Parenting & Childcare
R 290
To raise a typical toddler is no joke. So what do you do when your child happens to be 'different'? What if he's hyperactive and can't pay attention? What if you suspect that she might be autistic? What can be done about low muscle tone and poor pencil grip? What if his language development is not on par, or he lisps or stutters? And what if she doesn't have learning difficulties, but suffers from anxiety?
In Help! My Child is Atypical a team of experts answer these and many other questions that parents struggle with daily. Is therapy really essential or is it just a money-making scheme? And where do you begin when you suspect something's amiss? In 30 gripping case studies, parents and therapists relate their true stories of determination and hope. Psychologists, speech therapists, audiologists, occupational therapists, physiotherapists, play therapists and other medical practitioners share their knowledge, experience and secrets. Help! My Child is Atypical is a practical guide that equips you with the tools needed to make you and your child a champion team!

Also available in Afrikaans - Help! My kind is anders (9780799396294)
Publikasiedatum: 2020-10-08
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799399714

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 290
Nog drie boeke in die immergewilde reeks vir meisies
In die volgende drie boeke van die Elle-reeks beleef Elle en haar vriende klomp avonture.

In Rocksusters kan Elle nie wag vir die Musikanto-fees wat Oktober in Parys plaasvind nie. Die Musikanto is ʼn splinternuwe, landswye skolefees. Maar eers moet die skoolorkes genoeg geld insamel om in ʼn ordentlike hotel te gaan bly …

In Duinebesies moet Elle teësinnig na Namibië gaan om saam met haar oom Eddie goggas te vang. Belaglik! Tog is die woestynuitstappie baie meer opwindend as wat Elle verwag het. Dit het dalk te make met ʼn paar
manstudente in die navorsingsgroep wat enige meisie twee keer laat kyk.

In Franse vlegsel gee die woord losloper vir Elle koue rillings … Dit is presies wat sy hierdie jaar gaan wees wanneer Alex op ʼn 4x4-toer gaan. Die enigste lekker ding wat vir Elle voorlê, is haar vakansie na Parys in
Frankryk saam met Refi. Maar ʼn uitruilstudent met stoute groen oë maak ʼn onverwagse opwagting, en hy doen vreemde dinge aan Elle se hart.
Publikasiedatum: 2020-08-06
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624090403

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 189
Die outistiese Micha uit Amper Einstein (2013) is in Absoluut Einstein in Gr 9, met Matriek-IT onder die knie. In sy nuwe skool moet Dylicia 'n ogie oor hom hou. Sy's die enigste meisie in die robotikagroep wat vir Grottobot Fest 'n robot bou en programmeer. Wanneer die Vuilhonde en Micha koppe stamp, is Dylicia in die middel vasgevang.
Publikasiedatum: 2020-07-20
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799396294

Nie-fiksie / Non-fiction: Ouerskap & Kindersorg / Parenting & Childcare

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Ouerskap & Kindersorg / Parenting & Childcare
R 290
Ontdek die ster in jou anderster kind
Om 'n tipiese kleuter groot te maak is geen grap nie. Hoe dan gemaak as jou kind 'anders' is? Wat as hy hiperaktief en aandagafleibaar is? Wat as jy vermoed sy's op die outismespektrum? Hoe gemaak met lae spiertonus en 'n swak pengreep? Wat as hy 'n taalagterstand het, lispel of hakkel?
En sê nou sy het nie leerprobleme nie, maar sukkel met angs?
In Help! My kind is anders! beantwoord 'n span kundiges dié en vele ander vrae waarmee ouers vandag worstel. Is terapie werklik nodig of net 'n geldmaakstorie? En waar begin 'n mens as jy dink daar is fout?
In 30 boeiende gevallestudies vertel ouers en terapeute saam hul ware verhale van deursettingsvermoë en hoop. Sielkundiges, spraakterapeute, oudioloë, arbeidsterapeute, fisioterapeute, spelterapeute en ander medici deel hul kennis, ervaring en geheime.

Help! My kind is anders is 'n praktiese gids met bruikbare wenke wat ouers toerus met die nodig kennis en riglyne om atipies kinders groot te maak. Daar is nie baie selfhelpgidse in Afrikaans wat hierdie kwessie aanraak nie. Christien Neser is self ook 'n spraakterapeut wat elke dag met kinders en ouers werk.
Ook beskikbaar in Engels - Help! My child is atypical (9780639600925)
Publikasiedatum: 2020-06-07
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799394795

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 290
Vriende, avontuur en die koshuislewe …
'n Heerlike omnibus met die eerste 3 boeke uit die baie gewilde reeks oor die avonture van Elle.
Kondensmelk
Superhipermega-aaklig. Dis hoe Elle voel oor die vakansie wat voorlê. En daar is 'n paar baie goeie redes waarom sy so voel:
1. Beskaafde mense hou nie vakansie in 'n tent in die diepste bosse van Botswana nie.
2. Die familie en haar pa en ma se universiteitsvriende, die Mosterts, kom sak en pak saam.
3. Die Mosterts se twee irriterende, beterweterige, kondensmelkdrinkende seuns, Divan en Alex. Twee dorpsjapies. Twee koshuisbrakke. Wat haar boonop ignoreer. Vir háár, Elle-Belle. Geen normale ou met gesonde hormone het haar nog ooit geïgnoreer nie.
Maar in die bosse van Botswana ontdek Elle boonop 'n nare geheim oor haar ouers ... en teen wil en dank moet sy die twee seuns beter leer ken.
Koshuiskoffie
Die naam alleen klink al klaar vir Elle soos 'n doodsvonnis. Want terwyl haar ouers 'n jaar lank oorsee werk, moet sy na 'n ander skool toe gaan. 'n Meisieskool. 'n Superstreng meisieskool. Boonop is haar selfoon doodstil terwyl sy die heeltyd wens Alex se naam wil op die skerm flits. Het hy ná hul Botswana-vakansie heeltemal van haar vergeet? Het die blikkie kondensmelk wat hy daardie aand vir haar gegee het, dan heeltemal niks beteken nie?
Blou sjokolade
In Blou sjokolade vind Elle tot haar skok uit dat die orkestoer Frankryk toe, waarna sy so lank reeds uitsien, afgestel is. Dit beteken sy gaan waarskynlik die hele vakansie alleen by die huis sit en kyk hoe die grasperk doodryp, want haar ma en pa is op 'n navorsingsending na Antarktika. Maar dan kry Elle die kans om die Otter-wandelpad te gaan stap saam met haar kamermaat, Refi, die aantreklike Mostert-boeties, Alex en Divan, en drie kinders wat kanker gehad het. Sommer gou vind Elle uit die Otter is beslis nie vir sissies nie - en twee aantreklike ouens op die staptog laat boonop haar hart vreemde dinge doen ...
Publikasiedatum: 2019-08-16
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799389395

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 200
R 59Jy spaar R 141
Die laaste, onvergeetlike Elle-avontuur
Die matriekdans-monster.
Dit is presies wat op die oomblik oor Elle se skouer loer. Die ontwerpersrok van haar drome kos 'n plaas se geld, en sy het geen benul waar sy 'n ander rok vir die matriekdans in die hande gaan kry nie.
Boonop is mevrou Bender terug op haar pos as skoolhoof van Gravitas - en sy is vasbeslote dat Elle haarself as hoofmeisie moet bewys. Wat gaan sy doen om seker te maak sy laat iets waardevols agter; iets om dankie te sê vir die wonderlike jare wat sy by Gravitas beleef het en seker te maak niemand vergeet haar in die jare wat voorlê nie?
Maar waar Elle in die omtrek is, is daar gewoonlik ook hope moeilikheid. Kort voor lank sluip daar 'n paar vreemde nagtelike besoekers in die koshuis rond. En toe Elle agter die kap van die byl kom, moet sy inspring en help - al beteken dit ook sy moet by die skool se rekenaarstelsel probeer inbreek, hoofmeisie ofte not!
Gaan Elle haar droomkans kry om 'n blywende nalatenskap by Gravitas te laat?
Die laaste hoofstuk in die Elle-reeks sal aanhangers laat juig vir hul heldin - en trane laat afvee oor die skouspelagtige kragtoer waarmee hierdie topverkoperreeks ten einde loop. 'n Onvergeetlike boek.
Publikasiedatum: 2018-11-13
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624085409

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 189
Nicci is 'n willewragtig op 'n bergfiets. Die heel lekkerste is om die seuns se reaksie te sien wanneer hulle besef 'n meisie het vir hulle ore aangesit. Tot die dag wat Nicci wreed aangeval en van haar fiets beroof word. Haar wêreld tuimel ineen. Wie sal so iets doen? Stuk-stuk pas Nicci en haar vriende Felicity en Donovan die legkaart inmekaar, en wat hulle uitvind toets hulle geloof in hulle medemens, en hulle eie waardes.
Publikasiedatum: 2018-04-16
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799383867

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 200
'n Ramp.
Daar is geen ander manier om dit te beskryf nie. Elle is in matriek. Dit is veronderstel om die beste jaar van haar hele skoolloopbaan te wees. Sy is immers vanjaar hoofmeisie, sy het die beste vriende waarvoor enige meisie kan vra, sy gaan met die ou van haar drome uit, en daar is hope opwindende dinge by die skool om na uit te sien.
Maar die jaar skop op 'n aaklige noot af. Dinge tussen haar en Alex loop skielik skeef. En by die skool wag 'n groot skok op almal toe die hoof, mevrou Bender, onverwags ernstig siek word. Die waarnemende hoof, doktor Grimm, voel 'n veer vir die skool se tradisies en die spesiale projekte waaraan Elle-hulle soveel tyd en aandag bestee het. Al waarin die vreemde man met sy strikdas en sy fobie vir katte belang stel, is wiskunde. Hy is vasbeslote om Gravitas die beste wiskundeskool in die land te maak.
Elle besluit sy kan nie net toekyk hoe Gravitas se trotse tradisies die een ná die ander sneuwel nie. Maar kort voor lank kom haar hoofmeisiebalkie in gedrang …
Publikasiedatum: 2017-11-10
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799379167

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 200
Matriek.
Die woord gee Elle 'n knop in haar keel. Nog net twee weke van eksamen, en dan is hulle amptelik matrieks.
As hoofmeisie gaan daar 'n groot verantwoordelikheid op Elle se skouers rus. Sy en die ander leiers gaan die gees van Gravitas bepaal. En sy weet die skoolhoof, mevrou Bender, gaan haar met 'n valkoog dophou.
Elle is nie eens seker of sy dit verdien om hoofmeisie te wees nie. Dalk moes die keuse eerder op Shia geval het - sy is immers sterk, slim en super-sportief. Boonop is Shia se ma oortuig dat haar dogter die hoofmeisiebaadjie moet te dra. En as Elle dit waag om 'n voet verkeerd te sit, sal Shia dadelik haar plek inneem.
Maar daar is nie regtig tyd om oor Shia te wonder nie, want Elle het 'n hele klomp ander kopsere:
1. Die eksamen, wat soos 'n berg voor haar lê.
2. Haar spesiale projek vir volgende jaar. Wat gaan sy doen om haar merk te maak? Hoe gaan Gravitas haar onthou?
3. Die dertig kinders van die kinderhuis, Kaya Kumba, wat sy in 'n slagorkes moet probeer omtower.
4. En Alex, haar kêrel, wat skielik niks van hom laat hoor nie. Geen boodskap, geen oproep, niks.
Kort voor lank het Elle egter groter probleme toe 'n verspotte modderstoeigeveg by die kinderhuis (en parmantige pienk onderklere) onverwags groot nuus word.
En skielik lyk dit asof net 'n wonderwerk sal verhoed dat Elle haar hoofmeisiebaadjie verloor ...
Christien Neser se reeks tienerboeke oor die wel en wee van Elle Kroon is baie gewild, met selfs volwasse lesers wat nie kan wag om elke nuwe Elle-avontuur te verslind nie. Die agtste boek in die reeks beloof om net so skreeusnaaks, aweregs en romanties soos sy voorgangers te wees.
Publikasiedatum: 2016-12-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799373936

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 200
Witbaadjies. Dít is hoe die prefekte by Gravitas bekend staan. Om niè op die Lys van Dertig te kom nie, is nou vir elkeen 'n verskrikking. Van uitglip en reëls breek is daar geen sprake nie. Daarom hou Elle en haar pelle hulle laaste middernagfees. En toe die Middernagklub op heterdaad betrap word, is dit die begin van nog 'n Gravitas-avontuur ...
Publikasiedatum: 2015-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799370546

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 200
Losloper. Die woord gee Elle koue rillings. Maar dit is presies wat sy vanjaar gaan wees. Die enigste lekker vooruitsig is die Aprilvakansie, wanneer sy en Refi saam Parys toe gaan. Dan maak 'n aantreklike uitruilstudent met stoute groen oë onverwags sy opwagting ... Christien Neser se reeks tienerboeke oor die wel en wee van Elle Kroon is baie gewild, met selfs volwasse lesers wat nie kan wag om elke nuwe Elle-avontuur te verslind nie. Die sesde boek in die reeks beloof om net so skreeusnaaks, aweregs en romanties soos sy voorgangers te wees.
Publikasiedatum: 2014-11-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.