●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●

Soek resultate: Carmen Hansen-Kruger

Results 1 to 11 of 11
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485309383

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Richard Jones
Kinders  -  Prenteboeke
R 160
Soms voel die wêreld so reusagtig, en jy so klein. En dan is 'n onverwagse vriend, en 'n titseltjie toorkuns, net wat jy nodig het om die dapperheid uit jou uit te bring.
Dié pragtige verhaal gaan oor Kara en haar ma wat na 'n nuwe huis trek. In die huis ontmoet sy haar denkbeeldige vriend, die sneeuleeu, wat haar stadig maar seker aanmoedig om nuwe maats te maak. Dis 'n klassieke, betowerende boek oor vriendskap.

Sometimes the world feels very big. And you feel small. But sometimes all you need is a special friend to help you find the courage hiding inside.
This beautiful story is about Kara moving to a new house. In the house she makes an imaginary friend, the Snow Lion, who ever so gently encourages her to make new friends.
With a slighty magical, classic feel and a lovely message Die sneeuleeu is a story which will appeal to children and parents alike, and the beautiful illustrations make this a book to treasure
Publikasiedatum: 2018-08-21
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781485309703

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Kate Hindley
Kinders  -  Prenteboeke
R 160
Hierdie is nog 'n verhaal van Paul, Vlekkie en Rosa, die drie vriende van die boek Paul & Vlekkie wat Protea in 2017 uitgegee het. In hierdie verhaal besoek dié drie die dieretuin. Hulle grom vir die tiere, bewonder die meerkatte en kom af op 'n baie oulike klein pikkewyntjie, Piep, wat baie hartseer lyk. Wanneer hulle die volgende dag weer vir Piep kom kuier, is hy skoonveld! Die drie vriende soek oral na hom, en kry later stry. Maar hulle kom gou agter dat hulle hul gestryery moet los en sal moet saamspan om Piep weer by die huis te kry.
Dis 'n pragtige storie van vriendskap en spanwerk, wonderlik geïllustreer.
Publikasiedatum: 2018-07-12
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485307792

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 160
Kinders vanaf 3-8 jaar oud
Elise is eensaam, en sy is vir alles bang. Sy bly alleen in haar huis en praat met niemand nie. Maar op 'n dag gebeur iets ongewoons. 'n Blou papiervliegtuig vlieg by haar venster in. En kort daarna is daar 'n klop aan haar deur. Eers wil sy nie oopmaak nie. Maar dan doen sy dit tog. En die onverwagse kuiergas verander haar lewe heeltemal. Dit het uiteindelik weer KLEUR!
Publikasiedatum: 2017-12-20
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485308010

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 160
Simon kuier graag by sy oupa vir wie hy baie lief is. Eendag toe hy daar kuier, wys Oupa vir hom 'n swaar deur op die solder wat, sodra jy daardeur stap, op die dek van 'n groot skip beland. Oupa en Simon seil saam na 'n wonderlike eiland waar hulle allerhande mooi dinge ontdek en 'n huisie bou. Toe hulle moet terugkeer, besluit Oupa egter om te bly.
Hierdie boek vertel 'n mooi, maar hartseer storie op 'n avontuurlustige manier oor hoe kinders 'n geliefde grootouer groet, hetsy dit vir altyd is of tydelik.
Publikasiedatum: 2017-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485301790

Kinders: Uitverkoping

Illustreerder: Miriam Zedelius
Kinders  -  Uitverkoping
R 160
R 65Jy spaar R 95
Die wind skep die nota en dit kom op meneer Snippel se fiets te lande.
Meneer Vogel is vreeslik bly hieroor.
Hy vra: 'Kan dit waar wees? Kan ek dit sommerso saamneem?'
Meneer Snippel pluk nog appels in die boom en roep van bo uit die takke:
'Ja, sekerlik, neem gerus, neem gerus!'
'Dankie!' roep meneer Vogel.
'Tot siens!' roep albei, en meneer Vogel ry met die fiets weg.

Meneer Snippel sit 'n nota met die woorde 'Neem gerus' op 'n mandjie appels sodat sy bure daarvan sal saamneem, maar as die wind die briefie skep, lei dit tot 'n reeks misverstande ...
Publikasiedatum: 2015-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869199333

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 160
R 59Jy spaar R 101
Dit is aand in Wemelstad. Mense en diere slaap rustig - oftewel, sommige. Ander is in die laat ure eers oppad êrens heen en hulle beleef opwindende dinge soos 'n Boekwurmaand in die biblioteek, 'n partytjie in die park of aanskou selfs hoe die polisie 'n dief vastrek. Rotraut Susanne Berner se boek vertel van vladderende vlêrmuise, maanligstappies en snoesige beddens. Van allerhande dinge wat op 'n luilekker somersaand in Wemelstad gebeur.
Publikasiedatum: 2013-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869197551

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Kathrin Schärer
Kinders  -  Prenteboeke
R 160
'Soek my!'
Emma, die klein verkleurmannetjie wil met haar ouma wegkruipertjie speel.
Eers kruip Emma weg.
Dan kruip Ouma weg.
In hierdie verhaal is 'n liefdevolle verhouding tussen drie generasies verweef.
Publikasiedatum: 2012-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869198060

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Dirk Schmidt
Kinders  -  Prenteboeke
R 160
'n Olifant het gestruikel, geval en groot geskrik, en sy slurp is krom en skeef geknik.
Hoe kry hy sy slurp weer glad? Drie slim raadgewers kruis sy pad.

Hy trek, hy buig en stryk dit glad,
maar dis steeds krom, al doen hy wát.
Pleks van 'tarraaa' soos 'n trompet
fluit dit nou 'fuuuuffff' soos 'n klarinet.
Publikasiedatum: 2012-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869195267

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Tobias Krejtschi
Kinders  -  Prenteboeke
R 160
'n Skaap met spits ore en skerp tande? 'n Wolf het tussen die skape ingesluip. Lina wil weet wat hy van plan is om te doen. Maar niemand hoef bang te wees vir 'n wolf wat 'n monster kan wegjaag nie.
Publikasiedatum: 2012-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869195526

Kinders: Aktiwiteitsboeke

Kinders  -  Aktiwiteitsboeke
R 180
Dié krabbelboek met meer as 80 snaakse illustrasies, lok kinders uit om stories op te maak deur prentjies te teken of te voltooi.
En natuurlik is enige kind verbeeldingryk genoeg om dit te kan doen!
Publikasiedatum: 2012-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869195335

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Carmen Hansen-Kruger
Kinders  -  Prenteboeke
R 160
Hoe gemeen is dit!
Die ooivaars het Ouma Breinaald se gunstelingtrui gesteel.
Nou kan net Vaatjie help. Want Vaatjie het superkragte. En hy help altyd as iemand op die plaas in gevaar is.
Vinnig trek hy sy kostuum aan: broek, mantel, masker.
En woerts-warts verander Vaatjie in Sarel die Supervark.
Publikasiedatum: 2012-01-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.