AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●● GRATIS Pargo aflewering op bestellings bo R350

Soek resultate: Carina Diedericks-Hugo

Results 1 to 15 of 26
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799391107

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 260
R 208Jy spaar R 52
Drie adrenalienbelaaide Thomas@-avonture in een omnibus!
Die Thomas@-reeks is een van die grootste suksesverhale in die Afrikaanse kinder- en jeug boekmark. Daar het oor die jare reeds 10 boeke in dié avontuur belaaide topverkoper-reeks verskyn, sommige titels is in Engels vertaal, en Thomas en sy vriende se avonture het selfs tot 'n TV-reeks op kykNET gelei. Die gewilde Thomas@-stories in nou in 'n reeks waarde-vir-geld-omnibusse beskikbaar. Hierdie omnibus bevat drie titels:
Thomas@SMS.net
Die nuwe skooljaar begin nie goed vir Thomas nie. Eers het hy en Hannes 'n nagmerrieondervinding in 'n hyser en dan word hy vir 'n week lank geskors omdat hy 'n boelie geslaan het. Om alles te kroon begin 'n reeksmoordenaar paniek saai in Kaapstad ...
Thomas@nagmerrie.net
Dinge is in rep en roer oor die nuwe meisie in Thomas-hulle se klas: die aantreklike sepiester Fleur Vermaak. Hannes is dadelik tot sy ore toe verlief op Fleur, maar dit lyk asof sy net oë het vir een ou - Thomas! En Thomas sal nie daarvan droom om vir Alex te verneuk nie, maar Fleur is darem wraggies mooi ... Maar alles is nie pluis nie. Wie is die geheimsinnige man wat agter Fleur aan is? En wat is die nare geheim van Bailey se Bos, die plek waar die graad neges gaan kampeer?
Thomas@aksie.net
Almal is baie opgewonde oor Thomas se kans om 'n sepiester te wees. Hy het immers 'n rol gekry in Die Malans van Marthaheim, die gewildste TV-reeks ooit! En sy mede-ster is boonop die aantreklike Fleur Vermaak. Maar kort voor lank begin Thomas vreemde dreigbriewe kry …
Publikasiedatum: 2019-06-21
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415210178

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 230
R 207Jy spaar R 23
Jare gelede het die beeldskone digter Anna Neethling finaal uit die uitgewer Malan Sinclair se lewe gestap. Hul verhouding was 'n maalkolk wat sy huwelik en loopbaan wou verswelg. Maar nou is Anna onverwags terug. Wanneer Malan haar lyk langs sy motor vind ná 'n helse uitval in sy kantoor, bou die afwaartse spiral momentum op.

'n Paar dae later maak 'n uittreksel uit Anna se dagboek Malan die hoofverdagte in haar moord en kom gebeure wat 'n dekade gelede tydens 'n drinkparty op 'n wynplaas afgespeel het op die lappe. Iets het daardie aand in die kelder gebeur en meer as een paar hande is bevlek.
Publikasiedatum: 2019-02-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799391091

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 200
R 180Jy spaar R 20
Drie adrenalienbelaaide Thomas@-avonture in een omnibus!
Die Thomas@-reeks is een van die grootste suksesverhale in die Afrikaanse kinderboekmark. Daar het oor die jare reeds 10 boeke in dié avontuurbelaaide topverkoper-reeks verskyn, sommige titels is in Engels vertaal, en Thomas en sy vriende se avonture het selfs tot 'n TV-reeks op kykNET gelei. Nou is drie van die gewilde Thomas@-stories in een waarde-vir-geld-omnibus beskikbaar:
Thomas@moord.net
Thomas is nie lus om te trek nie. Veral nie na 'n grillerige ou Victoriaanse huis nie. Sommer gou begin allerlei vreemde dinge in die nuwe huis gebeur. Thomas hoor geheimsinnige voetstappe voor sy kamerdeur, deure gaan onverklaarbaar oop en toe en sy rekenaar se drukker spoeg die een vreemde boodskap na die ander uit. Kan dit wees dat daar regtig 'n spook in die huis is? Saam met sy vriende, Hannes, Alex en Thabo, probeer Thomas die raaisel van die huis oplos ... 'n raaisel wat hulle in groot gevaar laat beland.
Thomas@skerpioen.net
Thomas en Hannes kan nie wag om 'n nuwe rekenaarspeletjie te toets wat hulle by Harry van die Cyber Tiger-internetkafee gekry het nie. Maar iets is verkeerd met die speletjie. 'n Geheimsinnige skerpioen verskyn op die rekenaarskerm en Hannes is oortuig die speletjie is in werklikheid 'n gevaarlike rekenaarvirus. Hoe ver sal die skurke gaan om die virus terug te kry?
Thomas@aqua.net
Thomas-hulle sien uit na 'n wonderlike langnaweek by die see. Maar dan begin dinge lelik skeefloop: Thomas ontdek 'n deurtjie in die vloer van hulle strandhuis, en dit lei reguit na die skuilplek van die gevaarlike perlemoensmokkelaar Sharky Fortuin ...
Publikasiedatum: 2018-11-30
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869192686

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 150
R 135Jy spaar R 15
In Richard Scarry se My eerste groot woordeboek maak ons kennis met Buks en Bettie Beer en hul vriende in Woelstad. Leer honderde nuwe woorde met behulp van Richard Scarry se wonderlike, klassieke tekeninge. Die woorde word gegroepeer volgens tema sodat die kind op 'n heerlike prettige wyse sy of haar kennis van die wêreld kan uitbrei. 'n Plesier vir oud en jonk!
Publikasiedatum: 2017-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485900269

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 160
R 144Jy spaar R 16
Kom ons wees eerlik: Greg Heffley gaan nooit van sy wimp-gewoontes ontslae raak nie. Iemand moet dit nog net aan Greg se pa verduidelik. Jy
sien, Frank Heffley dink hy kan sy seun so ver kry om sy spiere te bult en hy laat Greg deelneem aan georganiseerde sport en ander 'manlike'
aktiwiteite.

Natuurlik kan Greg maklik koes vir sy pa se pogings om hom te verander. Maar as Greg se pa dreig om hom na 'n militêre akademie te stuur, besef
Greg hy sal homself moet regruk voordat hy weggeruk word.
Publikasiedatum: 2017-02-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485900252

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 160
R 144Jy spaar R 16
Kom ons wees eerlik: Greg Heffley gaan nooit van sy wimpgewoontes ontslae raak nie. Iemand moet dit nog net aan Greg se pa verduidelik.
Jy sien, Frank Heffley dink hy kan sy seun so ver kry om sy spiere te bult en hy laat Greg deelneem aan georganiseerde sport en ander
'manlike' aktiwiteite.
Natuurlik kan Greg maklik koes vir sy pa se pogings om hom te verander. Maar as Greg se pa dreig om hom na 'n militêre akademie te stuur, besef Greg hy sal hom moet regruk voordat hy weggeruk word.
Publikasiedatum: 2017-02-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485900290

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 160
R 144Jy spaar R 16
Die eerste Afrikaanse vertaling van die topverkoper-reeks Diary of a Wimpy Kid is vertaal deur die outeur van die gewilde Thomas@-reeks.Dagboek van 'n Wimpy Kid gaan oor Greg, sy beste vriend Rowley, en 'n vreemde stuk kaas wat op die skoolgrond rondlê.
Publikasiedatum: 2017-01-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485900238

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 160
R 144Jy spaar R 16
Met die aanbreek van die nuwe skooljaar is Greg ywerig om die afgelope drie maande agter te laat .... veral een insident. Wat jy ook al doen, moenie vir Greg Heffley vra hoe hy sy vakansie gespandeer het nie, want hy wil definitief nie daaroor praat nie.
Publikasiedatum: 2017-01-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799366549

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 170
R 85Jy spaar R 85
Thomas se hele wêreld ruk tot stilstand toe sy meisie, Alex, hom uit die bloute los. Boonop lyk dit of sy beste pel, Hannes, vooraf van alles geweet het.

Asof dit nie erg genoeg is nie, maak die skoolhoof, meneer Volschenk, en die twee skoolboelies, Flip en Japie, Thomas se lewe vir hom moeilik.

Toe hy in skooltyd wegglip om van die hele spul weg te kom, hoor hy per ongeluk 'n geheime gesprek - twee mans beraam planne om 'n besending onwettige vuurwapens van die hawe tot in die hartjie van Kaapstad te smokkel. Die smokkelaars beplan om 'n netwerk van geheime tonnels te gebruik wat onder die stad deurloop.

'n Speurtog op die internet bevestig Thomas se vermoede dat daar wel 300 jaar oue tonnels deur die stad loop. Kort voor lank is Thomas vasgevang in 'n duister onderwêreld van smokkelary - en sy lewe is in gevaar.
Publikasiedatum: 2016-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

Uit druk uit

9780799355000

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Zinelda McDonald
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 135
R 122Jy spaar R 13
Peter van der Wind is net elf jaar oud, maar hy is 'n spesiale (en geheime) agent.
Wat?
Cool!
Nee, dis nie cool nie. Dit is GLAD nie cool nie, want hy is net 'n geheime agent omdat hy 'n baie spesiale...uhm...wel...talent het.
Moenie lag nie ...
Hy laat winde.
Hard.
So hard dat hy kan vlieg.
Publikasiedatum: 2015-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

Uit druk uit

9780799366372

Children: Fiction 10 to 12

Children  -  Fiction 10 to 12
R 170
R 153Jy spaar R 17
Thomas is moving to a new house, and he hates the idea with a passion. Even though his stepmother, Louisa, is quite cool, having a new half-brother or -sister is something Thomas is definitely not looking forward to. To make matters worse, the house they are going to live in is an ancient Victorian place.
Before long, all sorts of weird stuff starts happening in their new house.
Publikasiedatum: 2014-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

Uit druk uit

9780799366365

Children: Fiction 10 to 12

Children  -  Fiction 10 to 12
R 170
R 153Jy spaar R 17
Thomas and his best friend Hannes can't wait to try out the new computer game they got from Harry at the Cyber Tiger Internet Cafe.
But something is wrong with it. Right in the middle of the game, a mysterious scorpion appears on the screen. Hannes is convinced the game is actually a dangerous and destructive computer virus. Thomas, on the other hand, thinks his friend's imagination is running wild again.
But then someone breaks into Thomas's room in the middle of the night, looking for something.
Publikasiedatum: 2014-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799362831

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 170
R 85Jy spaar R 85
Iewers is moeilikheid aan die broei. Groot moeilikheid ...Nadat Thomas laat een aand 'n geheimsinnige gesprek afluister, is hy doodseker sy pa is bang vir iets of iemand. Wie is die geheimsinnige Rus van wie hulle gepraat het? En waarom het Thomas en sy gesin skielik ekstra beskerming nodig?
Publikasiedatum: 2013-12-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799359817

Leermiddels: Graad 9

Leermiddels  -  Graad 9
R 135
R 122Jy spaar R 13
Goedgekeurde CAPS-skooluitgawe van die gewilde boek 'Thomas@sms.net'. Die skooluitgawe bevat volledig uitgewerkte vrae en hope prettige pre- en postlees-aktiwiteite soos blokkiesraaisels, woordspeletjies en skryfopdragte. (LW: Die inhoud verskil van die standaarduitgawe.)
Publikasiedatum: 2013-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799350807

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 170
R 153Jy spaar R 17
Die lewe suig. Thomas kan nie glo Hannes, Lukas en Thabo het 'n band begin sonder om hom daarvan te vertel nie. Hulle noem hulleself die Hectic Hamburgers en hulle gaan deelneem aan 'n rockfees.
Publikasiedatum: 2011-07-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.