●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING - BINNE RSA GRENSE - OP ALLE BESTELLINGS ●●●

Soek resultate: Annelie Ferreira

Results 1 to 7 of 7
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799383614

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 200
R 59Jy spaar R 141
Adele was nog altyd versot op kuns. Dit was haar díng. Maar sedert die begin van die jaar kry sy skielik vrot punte. Dalk hou die nuwe kunsjuffrou nie van haar nie. Hoekom sukkel sy so met haar selfportret vir die volgende klasprojek? Is dit omdat sy haar bos rooi hare en kurwes so verwens? Die afgelope tyd voel dit buitendien of 'n groot hand haar wêreld gevat en geskud het. Soos daai ou bordspeletjies wat hulle kleintyd saamgevat het op vakansies. Iemand stamp per ongeluk net liggies aan die Slangetjies-en-leertjies en al die knope en dobbelsteentjies is deurmekaar, en niemand het meer 'n cooking clue of hulle naby die einde of die begin is nie. En dit alles begin die middag toe sy van die skool af stap en 'n leeu in hulle tuin ontdek ... Hierdie nuwe jeugverhaal uit die pen van die bekroonde Annelie Ferreira is 'n holderstebolder-wipwarit vol humor, romanse, aksie en avontuur.
Publikasiedatum: 2017-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780624068938

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 165
Vir 13-15 jaar. Die verhaal van die veertienjarige Albert en sy gesin, die aanpassings en uitdagings van twee tieners wat in 'n nuwe lewensfase die gemis vir 'n ma voel, 'n praktiese loodgieterpa wat nie besef hoe nodig sy kinders hom het nie, 'n onkonvensionele ouma wat vergeetagtig raak, en al die mense met wie hulle paaie kruis.
Publikasiedatum: 2014-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780798157018

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 180
Mia wens mense kon grootword soos sywurms. Die een oomblik dryf jy weg in jou lekker fuzzy kokon, en die volgende oomblik is jy cool verby, met greatboobs, gewoond aan ouens en jou lewe agtermekaar.
Sy probeer darem. Daar is die debatskompetisie waarvoor sy in 'n oomblik van breinverlamming ingeskryf het, en die perdryplanne waarmee haar beste vriendin Annika op loop gesit het. En haar daaglikse keuse: Arnold of Thomas?
Niks kan haar egter voorberei op die nuus wat haar een gewone somersmiddag by die huis inwag nie. Dit vat guts is die eerlike, aangrypende verhaal van liefde, hartseer, engele, guts en 'n perd genaamd Harry. En 'n meisie wat nooit kon droom hoe dapper sy regtig is nie.
Publikasiedatum: 2013-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780798163293

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Séan Verster
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 150
Niks cools gebeur ooit op Koedoesdorp nie. Elke dag is dieselfde, die een so vervelig soos die ander. Veral Maandag-oggende, aldus Gerrie. Maar hierdie Maandag is anders, want skielik is hulle voortuin vol kamele wat Gerrie se ma se spogrose opvreet. Pa is in 'n toestand, want daar is ook 'n klomp mense in wit klere wat deurmekaar praat in 'n vreemde taal en wat ernstig verdwaal lyk. Dis chaos in Gerrie-hulle se huis en tuin, en hy en sy suster, Anneke, is mal daaroor. Dit word 'n surrealistiese dag van Kamele wat pandemonium saai, die vreemde gesin wat tent opslaan in die voortuin en sprinkane braai, die buurman wat sy vrot tamaties oor die draad gooi en die polisie, die brandweer en die dorpsbestuurder wat in dolle vaart opdaag om te kyk wat de joos daar aangaan. Na skool neem Gerrie sy kans waar en oortuig die kameelseun om 'n entjie in die staart af met een van die kamele te ry - verdere chaos! Maar die koms (en die vertrek) van kameelmense het Koedoesdorp en sy mense onherroeplik verander. 'n Lekker ligte storie vol humor en pret. 'n Soort moderne sprokie.
Publikasiedatum: 2013-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780624063230

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 215
"Wat maak jy as jou dominee-pa by jou studentewoonstel opdaag en sê jy moet saam met hom Beaufort-Wes toe ry omdat 'n Messias daar gesien is? Natuurlik is dit net heeltemal way out buite die kwessie. Maar dan het jy pas met jou Golfie agter in 'n karretjie van die Jack and Jill Driving School vasgery en jou girlfriend kom skielik met die storie dat julle nie meer die naweek alleen Struisbaai toe kan gaan nie. Daarom klim jy maar in jou pa se ou Merc in; luister na Radio Kansel en sy gemoun oor wat alles fout is met die land. Hy stem immers in dat julle soms jou Gert Vlok Nel-CD kan luister, en ten minste vibreer die selfoon in jou sak so af en toe met 'n SMS van jou girlfriend.

Maar so vinnig soos 'n ouerige Merc op die N1 cruise, raak dinge net geweldig complicated. Jy kom agter jou pa het 'n pistool in die cubbyhole, dat jou doodgoeie ma - predikantsvrou! - uithang met 'n vrou wat nie bra dra nie, jou girlfriend vir 'n ruk net wil wegkom van alles, veral van jou, en iemand bel jou pa op sy selfoon om te sê die Messias waarna julle op pad is, is 'n swart seun.

Was 'n reis op die N1 van Stellenbosch na Beaufort-Wes al ooit so fantasties soos die een waarop Annelie Ferreira die leser neem? Dit is soos om van 'n gastehuis op Laingsburg se betaalfoon 'n oproep die donker in te maak en . . . by jouself uit te kom. Want hierdie reis is so vreemd én so bekend, so verskriklik snaaks en tog ook so weemoedig, soos . . . ja, soos die lewe self. En op 'n manier, op 'n baie way out manier, beleef die leser saam met daardie bedryfsielkunde-student en sy predikant-pa 'n wonderwerk."
Publikasiedatum: 2013-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624056225

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 210
Sylvia van der Merwe moet 100 ure gemeenskapsdiens doen, sy is geskors uit haar skool voordat sy matriek kon klaarmaak, en saans werk sy hard om die finansiële las vir haar enkelma en kleinboetie te verlig. Dit is wêrelde verwyder van enkele maande tevore toe sy nog planne gehad het om te gaan medies swot en gekies is as skoolprefek.

Minstens is alles nie net sleg nie - haar hunk van 'n boyfriend Hein is nog net so smoorverlief op haar, en die dienswerk by die ouetehuis is darem nie te sleg nie. En daar is tog vele ander alternatiewe beroepe as medies. Wanneer haar kleinboetie egter siek word en die dokter by noodgevalle nie wil luister nie, moet Sylvia op haar instinkte staatmaak. Dieselfde instink wat vir haar sê dat alles ook nie pluis is met haar en Hein nie.
Publikasiedatum: 2012-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869190774

Nie-fiksie / Non-fiction: Populêre Sielkunde / Popular Psychology

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Populêre Sielkunde / Popular Psychology
R 50
Vir baie uitdagings en vraagstukke van die moderne lewe kon sy nie al die antwoorde in die Bybel kry nie. Sy besef dat die wêreld waarin ons vandag leef, radikaal anders is as die wêreld van ons oumagrootjies.
Publikasiedatum: 2005-05-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.