●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●

Soek resultate: Anita du Preez

Results 1 to 11 of 11
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780795802263

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 285
R 69Jy spaar R 216
Lily het gegaan van galerykurator tot ontwerper by Exotic Tattoos in Vishoek. Sy is 'n groot Tretchikoff fan, wat sy nie by Galerie Zeitgeist hardop kon sê nie. Dan ontmoet sy haar Russiese buurman. Voor jy “Tretchi” kan sê, sit sy met 'n kosbare vrag op 'n vlug Kazakstan toe. Terug in Vishoek begin sy weer skilder, want môre kom dalk te laat.
Publikasiedatum: 2020-07-23
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780795801907

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 275
Desiree de Lange betrap haar man, Vincent, by Gloria. Toe beland Gloria op Desiree se drumpel. Liz, Vincent se eerste vrou, en sy dogter, Caz, is ook daar. Christine, Desiree se beste vriendin, het self iets op die hart. Boonop kry Desiree 'n werk waar sy moet bak en brou, en die chemistry tussen haar en kollega Steve bereik gou kookpunt. Sy moet nou kophou, want vyf vasberade vroue op 'n missie van vergelding is onmoontlik om te stuit.
Publikasiedatum: 2019-06-11
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624087038

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 290
Anderkant die volmaan - Ettie Bierman
Bambi en die boef - Anita du Preez
Victoriavalle van liefde - Lizet Engelbrecht

Anderkant die volmaan - Ettie Bierman
Na sewe wonderlike jare is Nikka en Ruan van der Hoven se huweliksbootjie skielik op 'n stormsee vasgekeer: daar het 'n ander vrou in Ruan se lewe gekom. Hy verduidelik min en Nikka kan aanvoel hy vertel nie die volle waarheid nie, maar pleit by haar sy moet hom nie afskryf nie en hom vertrou. Sy erken sy het haar man soms afgeskeep, maar dis immers iets wat reggemaak kan word. Sy wéét Ruan het haar steeds lief. Tog wil hy van haar skei . . .
'n Egskeiding is onaanvaarbaar. Maar toe stap haar ou vriend Thys Vorster met sy groot voete tot diep binne-in haar hart. Moet sy vir Ruan wag? En wat dan van die lojale Thys met 'n hart groter as Tafelberg?

Bambi en die boef - Anita du Preez
Bambi le Roux kan kies en keur onder die manne. Maar sy moes nooit saam met daardie vent afgeneem geword het by die Met nie - nou loop allerlei stories oor haar by die werk en haar boyfriend, Bertus, is ontstoke . . . dit kry sy nou van haar vriendin 'n guns probeer doen!
Maar sjoe, die Met-man is eenvoudig onweer-staanbaar. Bambi weet nie mooi watter kant toe nie: dié gladde Louis, oor wie 'n mens gedurig onsmaaklike dinge in die pers lees, of die betroubare, blonde, saaierige ortodontis Bertus - ander meisies sou hul skoene agterna gooi vir dié welvarende man!
Wanneer dinge saam met Bertus lelik skeefloop, is Louis die enigste persoon wat kan help. Maar kan Bambi só 'n gladde karakter enigsins vertrou?

Victoriavalle van liefde - Lizet Engelbrecht
Dokter Emesia, wat pas haar eie praktyk gekoop het, maak teensinnig 'n belofte aan haar sterwende vriendin om vir drie maande as verpleegster by die Rhodes-Inn in Livingstone, Zambië te gaan werk. Emesia het egter haar eie plan: sy wil die Fransman, Rex, wat op haar elfde verjaarsdag aan haar belowe is, ontmoet en hopelik terugbring Suid-Afrika toe.
Wanneer sy in Livingstone kom, is dit egter nie Rex wat haar hart laat vinniger klop nie, maar Deon, sy buite-egtelike broer. Dit wil net lyk asof Deon aangetrokke is tot haar. Maar dan begin die vonke spat, want Rex probeer alles in sy vermoë om die hotel te verkoop en Deon, wat weer sy erfenis ten alle koste wil behou, glo vas Emesia konkel saam met Rex . . .
Publikasiedatum: 2019-02-11
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624087380

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 110
Die wêreld is nie vir sissies nie. Dít weet Fransi Fouché alte goed. Sy moet immers daagliks haar man staan terwyl sy allerhande rekwisiete vir filmstelle bou.
Fransi het nie tyd vir tydmors of enige ander nonsens nie. En in haar kop is dit presies wat verhoudings is - nonsens.
Sal die bekende Hollywood-hartebreker Matt Delmayer haar van plan laat verander? Matt laat haar egter vanuit die staanspoor goed verstaan: Hy sien nie kans vir 'n ernstige verhouding nie. Aanvanklik dink Fransi ook dis 'n uitstekende reëling - pret en plesier sonder enige verwagtinge. Die man doen immers allerlei lekker dinge aan haar lyf.
Daar bestaan egter voortdurend die gevaar dat iemand se hart kan breek. Fransi wonder ook heeltyd: Hoekom tree Matt so geheimsinnig op?
Publikasiedatum: 2019-01-11
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624084532

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 290
Wanneer 'n droom waar word - Ettie Bierman
Dokter Dierbaar - Anita du Preez
Geërfde liefde - Lizette Engelbrecht

In Wanneer 'n droom waar word het Carmia Basson geen ander keuse as om uit haar werk as junior verslaggewer by 'n Durbanse streekkoerant te bedank nie. Gelukkig word sy spoedig aangestel as assistent van die bejaarde skrywer Margo Vermeulen - 'n pos wat inwoning op Skamanga, die Vermeuleuns se spoglandgoed aan die Natalse Noordkus, insluit. Dit klink alles idillies, behalwe dat Deneys, Margot se kleinseun wat deur haar grootgemaak is, Carmia nie op die plaas wil hê nie. Die vonke spat behoorlik tussen hulle twee, maar teen haar sin vind Carmia die beduiwelde Deneys onweerstaanbaar. Hy is onbehoorlik aantreklik, en baie sjarmant as hy die dag lus het. Maar sy is nie die enigste een wat so dink nie - ook Tasha Alexander, die wulpse buurdogter en 'n bekende perderuiter, het 'n ogie op Deneys.

In Dokter Dierbaar het Vicky Serfontein 'n rampspoedige eerste ontmoeting met dokter Paul Venter, internasionaal bekende plastiese chirurg en hopeloos te aantreklik vir enige vrou se bloeddruk. Boonop skraap sy agterna sy luukse Lamborghini in die parkeergarage met haar oeroue Mazda. Toe hy haar uit die bloute werk aanbied, kan sy nie anders as om dit te aanvaar nie, want sy het geen ander manier om die skade aan sy motor te betaal nie. Kort voor lank begin sy ook vrees vir skade aan haar hart, maar Paul Venter is die lááste man by wie sy betrokke wil raak. Want as sy die koerante en tydskrifte se skinderkolomme moet glo, is hy 'n regte wolf . . . met hope vroue in sy lewe.

In Geërfde liefde besef Nikki Swart dat sy net een uitweg het - om te boer. Sy het tot dusver net die diamantkant van die lewe geken, maar sy word deur omstandighede gedwing om haar deel van haar oorlede oupa se plaas in die noorde van Zambië op te eis. Sy moet op Kapisya boer vir oorlewing, en rooskleurig is dit beslis nie. Want Jan, die mede-erfgenaam, maak die lewe vir haar onuithoudbaar. Hy is 'n geharde boer, en hy het net een doelwit voor oë: om so gou as moontlik van dié bedorwe stadsjapie ontslae te raak. Nikki is egter nie van plan om moed op te gee nie. Die dood, het sy reeds besluit, sal genadiger wees as nóg 'n mislukking . . .
Publikasiedatum: 2018-02-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780624081074

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
Luitenant-kolonel Marlene Burger van die SAPD het haar plek in 'n manswêreld oopbaklei en laat kriminele les opsê. Dis net haar liefdeslewe wat nie wil vlot nie. Nou is daar 'n kans dat sy en haar jeugliefde Tom Lourens 'n verhouding kan hê. Tog blyk vlootoffisier Lourens oorversigtig te wees . . . Die enigmatiese Ziegfried van Leeuwen, wat dalk die straatkunstenaar De Leeuw kan wees, verskyn op die toneel en is met Marlene gefassineer. Skielik moet sy besluit wat sy werklik wil hê.
Publikasiedatum: 2017-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780624080770

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 260
Om minder lief te hê - Ettie Bierman
Margot en die meerman - Anita du Preez
Hartstog in Malawi - Lizet Engelbrecht

In Om minder lief te hê is Arabel ná net 'n jaar van getroude lewe van Henning geskei. Hy het padgegee en 'n pos as vlieënier by 'n Australiese lugredery aanvaar. Maar nou, ses jaar later, ontmoet hulle weer op 'n Hongkong-vlug. Hierdie keer is sy lugwaardin en hy haar kritiese bevelvoerder. En die aantrekkingskrag smeul nog net so sterk tussen hulle.

In Margot en die meerman gaan hou Margot vakansie in Zanzibar - stoksielalleen. Daar is niemand wat haar ken nie. En ook niemand om dit saam met haar te vier wanneer sy uitvind dat sy haar M.A. in Musikologie cum laude verwerf het nie. Dan verskyn Konrad op die toneel: diepseeduiker, eksoties, atleties. En jonger as sy.

En in Hartstog in Malawi word Rochelle deur haar baas gestuur om die enigmatiese Sir J.C. Auther op te spoor, voordat die publiek óf die pers besef dat hy in Malawi wegkruip. Maar vandat sy in Malawi land, ontspoor haar goeddeurdagte plan. Sy ontmoet ene kaptein Costa en die vonke spat onmiddellik.
Publikasiedatum: 2017-01-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780624076049

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Laatnag begin Chris Swart, nuwe lektor by die kollege waar Letitia le Roux ontwerpklasse doseer, vir haar boodskappe stuur. Die arrogante spiertier is eintlik alleen en slapeloos, nes sy . . . Letitia het egter 'n lysie dinge wat sy wil doen om haar lewe reg te ruk ná haar egskeiding; daar is nie tyd om uit te werk wat in Chris se kop aangaan nie. Maar ná hy haar in die hysbak soen, dink sy heeltyd aan sy gesig met die sexy litteken op sy bolip.
Publikasiedatum: 2016-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780624071150

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
Donna Ferguson, kreatiewe direktrise van Buitenkant Produksies, is 'n eenkantmens en 'n realis. Maar wanneer Donna by 'n kunsuitstalling oogkontak maak met 'n wildvreemdeling wat ruwe manlikheid uitstraal, doen sy iets wat glad nie in haar aard is nie. Sy laat hom sowaar toe om haar in die galery se tuin te soen. Trouens, sy soen net so vurig terug. Sy ken nie eens die man se naam nie, maar een ding weet sy: dat hy haar droomman is.
Donna dink sy sal hom nooit weer sien nie, maar dan daag hy by haar voordeur op ... saam met haar suster, Karen. Donna se droomman en Karen se nuwe liefde, veearts Pieter Visser, blyk een en dieselfde mens te wees.
Dit lyk asof Donna weer iets kosbaars aan Karen moet afstaan omdat sy mos blonder en jonger is - maar veral omdat haar kleinsus siek is. Al is die aantrekkingskrag tussen Donna en Pieter hoe sterk, kan sy nie haar verliefde suster se swak hart waag nie. Donna sal van Pieter af moet wegbly, maar dit voel asof haar eie hart by die gedagte wil faal.
Publikasiedatum: 2015-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780624063674

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
Hermien en Jamie is nét vriende. As studente was hulle woonstelmaats, en ja, jare gelede was daar daardie enkele insident . . . Maar wanneer Jamie al wéér in haar woonstel kom asiel soek nadat hy die soveelste keer van 'n vrou weggehardloop het, is Hermien baie seker sy soek hom nie naby haar nie.
Sy wat Hermien is, het 'n baie gawe kêrel en haar eie, suksesvolle besigheid. Jamie is net in die pad, veral toe hy aandring om 'n paar dae by haar te bly om te skuil van sy nuutste porsie gebakte pere. En tog . . . hy's Jamie . . .
Hermien se sake loop vreeslik deurmekaar. Sy en Jamie beland in die bed op 'n manier wat haar laat duisel, die saai maar goeie Wynand vra haar om te trou en sy sê ja, daar's 'n onverwagse swangerskap en les bes 'n verwarde vakansie in Italië. Deurentyd worstel Hermien met haar demone: Sy glo sy's te mollig en sy kan geen man vertrou nie, allermins die player Jamie, weens haar pa se kaperjolle en haar ma se gebroke hart.
Jamie moet alles uithaal om haar te wys dat hulle twee saam álles kan hê, maar eers moet hy én Hermien albei 'n groot stuk grootword aanpak.
Publikasiedatum: 2013-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780624056683

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
"Kunsdosent Lydia woon heerlik in haar eie huisie in Observatory, waar sy haar bed met niemand hoef te deel nie. Veral nie met haar eksman nie - die dodelik aantreklike maar neurotiese professor Bernard le Fleur.
Totdat die loodgieter haar wasbak kom regmaak. Joshua Ferreira is 'n fees van 'n man. Sy donkerblou oë kyk tot diep binne-in Lydia en sy sterk hande skud dinge in haar wakker wat sy lankal afgeskryf het. Nou is alles anders.
Publikasiedatum: 2011-12-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.