●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●

Soek resultate: ATKV

Results 1 to 13 of 13
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9789000037605

Nie-fiksie / Non-fiction: Legkaarte / Jigsaw Puzzles

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Legkaarte / Jigsaw Puzzles
R 450
'n Bordspeletjie oor idiome is net die oortjies van die seekoei van ATKV-projekte wat Afrikaans bevorder. As jy 'n Afrikaans-onderwyseres is, onthou dat Afrikaanse idiome nie vir die kinders bokant hulle vuurmaakplek hoef te wees nie. En wat gesinne betref, sal almal hier hulle 'n papie kan lag as gevolg van die pret wat die speletjie bied.

Esmé du Toit, Takvoog van die ATKV-jeugtak Prieska en van Hoërskool Prieska, en Mercia Eksteen, hoofbestuurder: kommunikasie, ATKV, praat met Naomi Meyer oor die bordspeletjie “Meer bek as binnegoed”.

Esmé en Mercia, ek sien die ATKV is betrokke by 'n Afrikaanse bordspeletjie met die naam “Meer bek as binnegoed”. Nogal ironies, want die speletjie lyk vir my of dit nogal heelwat om die lyf het! Afrikaanse idiome is besig om al meer in onbruik te raak. Of is dit nie so nie? Vertel my asseblief van die bordspeletjie. Waar het die idee hiervoor vandaan gekom?
Publikasiedatum: 2022-05-27
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485311010

Nie-fiksie / Non-fiction: Musiek / Music

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Musiek / Music
R 395
WENNER ATKV WOORDVEERTJIEPRYS VIR NIEFIKSIE 2021

Sulke vriende is skaars. Die briewe van Anton Hartman en Arnold van Wyk bevat die geannoteerde briefkorrespondensie tussen twee seminale figure in die Suid-Afrikaanse Westerse kunsmusiek. Dit is die eerste keer dat briefwisseling binne die Suid-Afrikaanse musiekgeskiedenisskrywing gepubliseer word en is 'n publikasie wat 'n noemenswaardige bydra tot die dissipline van Suid-Afrikaanse musiekhistoriografie, asook tot Afrikaner- en apartheidshistoriografie, sal maak. Dit toon die belangrikheid aan van verdere navorsing oor die geïnstitusionaliseerde posisie van wit kunsmusiek in Suid-Afrika. Benewens die briewe, word belangrike foto's, afskrifte van faksimilees, telegramme en ander vorme van korrespondensie geplaas en groot klem geplaas op die visuele voorkoms van die boek.
Publikasiedatum: 2020-12-24
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776250127

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Yoyo Prins
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 150
2021 ATKV WOORDVEERTJIEPRYS - SKRYWER - VOORLEESKATEGORIE GRAAD RR - 1

Mamma stuur vir Mila en Pappa winkel toe om melk te gaan koop. Wat gewoonlik 'n vervelige en voorspelbare uitstappie is, word 'n onvergeetlike avontuur. Hulle ry op 'n eenhoring, vlieg in 'n ruimtetuig, koop kos vir Mila se troeteldraak koop en kom soos wafferse superhelde tot die redding toe 'n reuse-toring blikkieskos amper omval. Daar is net een probleem - hulle het sowaar die melk vergeet!
Publikasiedatum: 2020-10-26
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780639605579

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
WENNER ATKV WOORDVEERTJIEPRYS VIR ROMANSES 2021

Kan hulle mekaar vertrou ten spyte van alles wat gebeur het?
Eldri Immelman se skatryk ouers word deur joernalis Dewald ontmasker as bedrieërs wat jare lank hulle beleggers se geld steel. Hulle vlug en Eldri moet vir hulle keuses boet. Teen Dewald se sin gaan Eldri saam na sy wildsplaas om sy ma te versorg en besef hy dat sy baie meer kompleks is as wat hy aanvanklik gedink het. Hy besef ook dat hy halsoorkop verlief op dié wispelturige rooikop is, maar hierdie ding met haar ouers bly tussen hulle. Daar is net een oplossing: Hulle sal moet leer om mekaar te vertrou vir 'n kans op vir altyd.
In Liefste rooikop word witboordjiemisdaad en geskende vertroue tussen geliefdes ondersoek.
Publikasiedatum: 2020-10-22
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780795802171

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 335
WENNER - ATKV-PROSAPRYS 2021

Aan die Kaapse Weskus versorg Rebecca Maas haar sterwende pa in 'n tegnologies gevorderde slimhuis, 'n huis wat praat in 'n halfbekende stem. Op die horison, 'n olietenkskip.
'n Posthuman biohacker trou met die enorme skip, en maak kuns oor die wittebroodsreis.

En in die yswildernis van Svalbard verdwyn 'n navorser se kollega en minnaar spoorloos. Hulle is daar om geheimsinnige spierwit items te ondersoek - dalk beendere, maar dan beendere wat vertak en ineensmelt soos geen bekende skepsel s'n nie.

Willem Anker se roman Buys (2014) is bekroon met die Universiteit van Johannesburg-prys, die WA Hofmeyrprys, die kykNET-Rapportprys, die Hertzogprys en die Helgaard Steyn-toekenning. In vertaling as Red Dog was dit in 2020 op die langlys vir die International Booker Prize. Anker doseer skeppende skryfkunde aan die Universiteit Stellenbosch.
Publikasiedatum: 2020-10-05
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639601779

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 230
2021 ATKV WOORDVEERTJIEPRYS - SKRYWER - SELFLEESKATEGORIE GRAAD 8-10

Op sewentien, toe ons by Opleidingskamp Alpha rapporteer, het ons elkeen ons eie S13 gekry. Daardie dag, toe ek my hande op die swart metaalhuls van die geweer lê, het iets in my doodgegaan. Ek het dit net nie toe al besef nie...
Dertig soldate kry van kleintyd af intense weermagopleiding in 'n distopiese staat.
Ses jong soldate, ontneem van hul menslikheid en hulle jeug, bly oor en word ontplooi na die Front.
Een van hulle vermoor hul seksieleier.
Almal ontken hulle is skuldig.
Wie van hulle lieg?

Wenner van die LAPA Jeugromankompetisie in 2019. Hierdie roman kan beskryf word as 'n jong volwasse 1984. Een van die beoordelaars skryf: “Hierdie verhaal is een van die beste wat ek in 'n lang tyd in Afrikaans gelees het.” Suid-Afrikaanse tieners sal kan identifiseer met temas van geweld, verlies van identiteit en boeliegedrag. Hierdie is 'n uitdagende en grensverskuiwende roman; die eerste van sy soort in Afrikaanse jeugliteratuur.
Publikasiedatum: 2020-09-11
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798181167

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 315
WENNER ATKV WOORDVEERTJIEPRYS VIR SPANNINGSLEKTUUR 2021

Ella Neser is terug van haar Karibiese skeepsvaart, en soort van terug in Lou se arms. Haar nuwe opdrag, nou as private speurder, is 'n bisarre een. Donna Maas, huisvrou en eggenoot van die sielkundige Thomas Maas, is oortuig haar man het 'n skelmpie. En dit is Ella se taak om met die bewyse vorendag te kom.
Die roman begin egter by die einde van die verhaal, waar Ella haar finale verslag optik. Daar is 'n moord gepleeg, maar ons weet nie wie die slagoffer is nie, en nog minder, wie die skurk.

'n Verskeidenheid karakters word betrek in Die versoeking van Thomas Maas, waaronder Thomas, sy vrou, hul tienertweeling, Maas se pa, wat aan dementia ly, en ook die hoof van 'n perdeskool, Amalia Rojas.
Publikasiedatum: 2020-09-10
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798181235

Fiksie: Poësie

Fiksie  -  Poësie
R 260
WENNER ATKV WOORDVEERTJIEPRYS VIR POËSIE 2021

Die meeste sterre is lankal dood is die bekroonde digter Johann de Lange se dertiende bundel. Dit bestaan uit ses afdelings, deurgaans gewy aan vlietende oomblikke vasgevang in 'n vers ('om met woorde die onsegbare te sê'). Die bundel het 'n elegiese toonaard, en word oorheers deur 'n bewustheid van verlies & verganklikheid, van 'inskaduwings van die lig'. Verse oor die skryfproses figureer as teenvoeter vir die verbygaande aard van mens wees. Dit is verse vir 'my mooi dooies'. In 'Oggendmusiek' beskryf die digter 'n vroegoggendkoor van voëls voor sonsopkoms, elders 'n koorddanser, voetjie vir voetjie oor die spantou. Soos in sy vorige werk is die erotiese verse 'n hoogtepunt in die bundel, bv in 'Ode aan die mielie': 'Nét so, nog aan die oggend ­­ tussen die syige bene van die dag ­­staan hy, volryp, pittig & reg.'

Bloed & sneeu

Bloed op sneeu is 'n pasgebore rooi,
van iets gewond, 'n struikelende spoor.
En die sneeu? Is daar énigiets so mooi,
so prilwit gespits, as 'n haseoor?
Publikasiedatum: 2020-08-18
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798180702

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Shan Fischer
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 160
2021 ATKV WOORDVEERTJIEPRYS - SKRYWER - SELFLEESKATEGORIE GRAAD 6-7

Vanessa se ouers was eens skatryk, maar wanneer haar pa alles verloor moet hulle trek na 'n piepklein huisie op 'n skrootwerf waar haar pa as bestuurder van 'n insleepwa gaan werk. Die motorongeluk waarin Vanessa betrokke was, spook steeds by haar. En al die gruwelike motorwrakke in die skrootwerf gee haar die horries. Wanneer sy die eienaardige Wayne ontmoet, vind sy boonop uit dat die skrootwerf meer as een spokerige geheim wegsteek . . .
Publikasiedatum: 2020-07-20
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799398113

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 50
2021 ATKV WOORDVEERTJIEPRYS - ILLUSTREERDER - VOORLEESKATEGORIE GRAAD RR - 1

ʼn Stadshoender wat geraas maak!
Nina kry ʼn spesiale geskenk vir haar verjaarsdag - ʼn hoender!
Nina en Magriet is dadelik beste maats.
Magriet gaan selfs elke dag ʼn eier lê.
Maar iewers is daar ʼn eierdief ...
In Magriet die stadshoender ontmoet lesers vir Nina en Magriet. Hierdie twee gaan saam op hope avonture.
In Magriet hou konsert voer Nina en Magriet ʼn konsert op, maar Magriet se kekkel is weg ...

Die Magriet-reeks is gebaseer op die ware avonture van die skrywer se dogter, Nin, en haar hoenders, Matilda en Siena.
Publikasiedatum: 2020-06-11
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776250042

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 200
2021 ATKV WOORDVEERTJIEPRYS - SKRYWER & ILLUSTREERDER - SELFLEESKATEGORIE GRAAD 4-5

Alex se oupa het grys hare en vals tande en hou daarvan om reisprogramme op televisie te kyk. Maar dan ontwikkel hy skielik 'n belangstelling in ... BREINNNSSS!

Oupa word 'n zombie en as Alex hom wil red voordat die Zombie Span opdaag, sal hy 'n plan moet voorstel (en hope broccoli). Hul reise om 'n oplossing te vind, neem hulle dwarsoor Afrika - van Zimbabwe tot Egipte - en langs die pad ontmoet hulle 'n verskeidenheid interessante en wonderlike karakters.

Die topverkoper-outeur van kinderboeke gebruik sy kenmerkende kombinasie van humor en die deernisvolle uitbeelding van verhoudings tussen familie en vriende om nog 'n topverkoper te skep.
Publikasiedatum: 2020-03-09
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799397680

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: André Trantraal
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 60
2021 ATKV WOORDVEERTJIEPRYS - SKRYWER - SELFLEESKATEGORIE GRAAD 2-3

Die opwindende avonture van Keegan en Samier
Ontmoet vir Keegan en Samier. Hulle is beste vriende en Samier se tweelingsussie, Samia, kuier ook gewoonlik saam. Dan is daar ook Jenni-Lee, Keegan se klein sussie, en Keegan se slim en streng ouma. Saam het hierdie vriende hope heerlike avonture! Ongelukkig is Brent Petersen, die klasboelie, altyd daar om dinge bietjie te versuur …
Hierdie splinternuwe reeks, geskryf en geïllustreer deur André Trantraal, is perfek vir beginnerlesers. Die stories is eenvoudig, identifiseerbaar en geskryf met 'n lekker pas wat lesers se aandag sal hou.
Die sokker-fiasko
Keegan, Samier en Samia gaan speel sokker in die parkie. Daar kry hulle vir Ghielie en sy nefies en saam speel hulle 'n heerlike spel. Samia is 'n uitstekende sokkerspeler! Maar dan kom Brent Petersen daar aan - en hy wil glad nie saam met 'n meisie sokker speel nie! Sal hulle nog steeds almal kan sokker speel of gaan Brent die hele dag bederf?
Publikasiedatum: 2020-02-05
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799379860

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 150
R 49Jy spaar R 101
Altesaam 12 Afrikaanse gedigte is deur 12 animasiekunstenaars, of groepe kunstenaars, geanimeer en daarna is dié 12 gedigte ook vertaal en die klankbane van die animasiefilms oorgeklank in Engels, Zoeloe en Sesotho. Diek Grobler is die kreatiewe regisseur en die uitvoerende vervaardiger vir die ATKV is Nita Cronjé.

Die 12 gedigte is:

Jeanne Goosen se My mamma is bossies, geanimeer deur Naomi van Niekerk;

Nathan Trantraal se Geel walvis, geanimeer deur Alida Bothma;

DJ Opperman se Stad in die mis, geanimeer deur Jac en Wessel Hamman;

Elisabeth Eybers se Busrit in die aand, geanimeer deur Arnaud van Vliet:

Andries Bezuidenhout se Perron, geanimeer Marinda du Toit en Tessa Louw;

Boerneef se Die berggans het 'n veer laat val, geanimeer deur Erentia Bedeker;

Heilna du Plooy se Afrikaan in Nederland, geanimeer deur Hanno, Dewald en Roger van der Merwe;

Martjie Bosman se Nagte in die tuine van Spanje, geanimeer deur Theresa Jo Wessels;

Joan Hambidge se Smoke gets in your eyes, geanimeer deur katty vandenberghe en Anni Snyman;

Marlise Joubert se Groet, geanimeer deur Charles Badenhorst;

Johann de Lange se Wisseling, geanimeer deur Michéle Nigrini;

Ronelda S Kamfer se Vir die voëls, geanimeer deur Diek Grobler.
Publikasiedatum: 2016-09-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.