●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R500 in RSA ●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●

Soek resultate: Johann Strauss

Results 1 to 15 of 39
Gesorteer volgens:  Outeur
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799379181

Kinders: Versamelbundels

Illustreerder: Johann Strauss
Kinders  -  Versamelbundels
R 330
Kom reis saam op 'n towertapyt en ontdek kinders van regoor die wêreld se gunsteling-stories!
Vind uit waarom Dassie nie 'n stert het nie (Suid-Afrika), word opnuut bekoor deur die geliefde sprokie van Doringrosie (Frankryk), kom stap saam met die drie Rammetjies Rof oor die nare ou trol se brug (Noorweë) en vind uit wat gebeur wanneer ses blinde mans op 'n dag 'n olifant teëkom (Indië).
In hierdie pragtig geïllustreerde boek het meester-storieverteller Wendy Maartens 33 klassieke stories bymekaargemaak wat al eeue lank in verskillende lande vertel word. Daar is stories uit elke uithoek van die wêreld - van Duitsland tot Denemarke, Italië tot Israel, Egipte tot Groenland.
Perfek vir voorlees of selflees. 'n Fantastiese geskenk vir enige jong storieliefhebber!
Lys van stories
1. Soedan - Die lelike meisie
2. Egipte - Die dosyn eiers
3. Algerië - Sarifa en die wit kalf
4. Benin - Wie se voetspore is dit?
5. Ethiopië - Die geheim om altyd beeldskoon te bly
6. Suid-Afrika - Waarom Dassie nie 'n stert het nie
7. Noord-Amerika - Hoe die oseaan ontstaan het
8. Meksiko - Die dag toe musiek aarde toe gekom het
9. Colombië - Die verlore vriend
10. Ierland - Jack die Dwaler
11. Engeland - Wat 'n vrou die graagste wil hê
12. Noorweë - Die drie Rammetjies Rof
13. Groenland - Die arme weeskind
14. Estonië - Die meer wat weggevlieg het
15. Denemarke - Die vuurhoutjie-meisie
16. Hongarye - Die rooi skoentjie
17. Duitsland - Vyf nare dierasies
18. Nederland - Die vrygewige Sint Nikolaas
19. Frankryk - Doringrosie
20. Griekeland - Pandora se kissie
21. Albanië - Die bedelaar en die paradys
22. België - Die dankbare diere
23. Spanje - Die soldaatjie wat koning gekraai het
24. Italië - Franciskus, die groot dierevriend
25. Israel - Optelgoed is hougoed
26. Ceylon - Die haas op die maan
27. Indië - Ses blinde mans en 'n olifant
28. Viëtnam - Klipberg se geskenk
29. Birma - Mejuffrou Muis se bruidegom
30. China - Die bord met die blou wilgerpatroon
31. Rusland - Die vrou wat so baie gepraat het
32. Australië - Die reënboogslang
33. Polenisië - Die dag toe die son sy voete begin sleep het
Publikasiedatum: 2016-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799397840

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Johann Strauss
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 150
Superjoernalis Sanri Steyn skrik nie vir 'n geraamte nie …
Sanri droom daarvan om eendag 'n joernalis te word. En nie sommer enige joernalis nie. Haar naam sal op almal se lippe wees … Superjoernalis Sanri Steyn.
Daar is 'n nuwe seun in Sanri en Markus se klas, en hy het 'n buikspraakpop wat soos 'n geraamte lyk. Maar is Bennie Bene regtig net 'n pop, en is Jamahl werklik só 'n goeie buikspreker?
Sanri is nie so seker daarvan nie.
Toe Bennie Bene een aand verdwyn, help Sanri en Markus vir Jamahl om na hom te soek. Wat ondek hulle op Raaiselfontein se ou treinstasie en sal hulle dit kan regkry om vir Bennie te vind?

Hierdie is 'n gewilde reeks vir seuns en meisies in die intermediêre fase. Elke boek in die reeks kan ook as alleenstaande titel gelees word. Die kombinasie van humor en grillerige temas is in die kol vir lesers in hierdie ouderdomsgroep. Hierdie is die negende (en laaste) boek in die reeks.
Publikasiedatum: 2020-05-07
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799390728

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Johann Strauss
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 195
Drie Sanri Steyn-stories in een omnibus!

Sanri Steyn droom daarvan om eendag 'n joernalis te word. En nie sommer enige joernalis nie. Haar naam sal op almal se lippe wees ... Superjoernalis Sanri Steyn. Sy het nie verniet haar eie koerant, die Raaiselfontein Gazette, begin nie. Op die dorpie Raaiselfontein beleef Sanri en haar beste vriend, Markus, allerlei vreemde avonture - van vampiere wat op die dorp kom woon, tot 'n weerwolfmeisie wat haar opwagting in hul klas maak! Die aweregse humor en lekker grillerige avonture in hierdie gewilde reeks sal seuns en meisies vasgenael hou!

Vir die eerste keer is die Sanri-reeks nou in 'n bekostigbare omnibus-formaat beskikbaar! Die drie titels in hierdie omnibus sluit in:
5: Die monsters van Middernagstraat
Sanri se neus begin kriewel toe 'n vreemde ding een middag in Middernagstraat gebeur. En as Sanri se neus kriewel, beteken dit net een ding - sy ruik 'n storie! Sy is byna doodseker sy het gesien hoe een van Claudia Müller se oulike skoothondjies 'n oomblik lank in 'n monster verander ... 'n Nare monster met bloedrooi oë, 'n bek vol vreesaanjaende tande, en vreemde stekels op sy rug en nek. Markus is oortuig Sanri se verbeelding werk weer oortyd. Maar dan begin troeteldiere in Raaiselfontein verdwyn ...
6: Die nag van die weerwolwe
Sanri se neus begin kriewel toe sy die nuwe meisie in hul klas, Chrissie de Wolfe, ontmoet. Waarom het Chrissie 'n sappige rou steak in haar kosblik? Wat soek sy by die slaghuis en waarom koop sy soveel vleis? En hoekom lyk dit of sy supersterk is? As Sanri se neus kriewel, moet jy weet hier kom 'n storie ... Sanri is oortuig die nuwe meisie in haar klas is 'n weerwolf. Maar hoe gaan sy en Markus dit bewys?
7: Die vampiere van vlermuishoogte
Sanri kan nie wag om haar beste vriend, Markus, se neef te ontmoet nie. Danté en sy gesin bly in Vlermuishoogte - 'n geheimsinnige ou kasteel. Maar iets is nie pluis nie ... Waarom het Danté se pa 'n skaduwee soos 'n vlermuis? En is Markus dalk in gevaar?
Publikasiedatum: 2019-02-22
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799390711

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Johann Strauss
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 195
Vier Sanri Steyn-stories in een omnibus!

Sanri Steyn droom daarvan om eendag 'n joernalis te word. En nie sommer enige joernalis nie. Haar naam sal op almal se lippe wees ... Superjoernalis Sanri Steyn. Sy het nie verniet haar eie koerant, die Raaiselfontein Gazette, begin nie. Op die dorpie Raaiselfontein beleef Sanri en haar beste vriend, Markus, allerlei vreemde avonture - as daar nie ruimtewesens oorkant die straat intrek nie, probeer iemand die hele skool se kinders in zombies verander! Die aweregse humor en lekker grillerige avonture in hierdie gewilde reeks sal seuns en meisies vasgenael hou!

Vir die eerste keer is die eerste vier Sanri-stories nou in een lekkerlees-omnibus beskikbaar! Dit sluit in:

1: Doktor Zombos se geheime formule
Sanri droom daarvan om eendag 'n joernalis te word - en toe sy en haar ma na die klein dorpie Raaiselfontein trek, besluit sy om haar eie koerant te begin. Die Raaiselfontein Gazette sal propvol opwindende nuus wees. Maar sommer gou vind Sanri uit alles is nie pluis op Raaiselfontein nie. Waarom tree almal so vreemd op? En wat het die lekkergoedfabriek daarmee te doen? Saam met haar nuwe vriend, Markus, besluit Sanri om die geheim te probeer ontrafel …
2: Die aliens oorkant die straat
Toe daar nuwe intrekkers oorkant die straat is, begin Sanri se neus kriewel - soos altyd wanneer sy 'n lekker sappige storie ruik. Hoekom trek die nuwe mense een nag tydens 'n woeste donderstorm in? Waarom ry hulle met so 'n vreemde borrelkar? En waarom tree die twee kinders met hulle silwerwit hare so snaaks op? Sanri is seker hulle nuwe bure is aliens. Sy moet net die bewyse kry, anders kan sy vergeet daarvan om 'n storie daaroor te skryf.
3: Die seun met die superkat-kragte
Sanri se neus begin kriewel toe sy die nuwe seun in hulle klas ontmoet. Felix tree baie vreemd op - hy klouter oor mure, eet regte vissies op sy pousebrood ... en hy het 'n ongelooflike geheim! Kort voor lank is daar groot moeilikheid op Raaiselfontein. 'n Nare rotskurk en sy weermag van rotte beplan om die dorp oor te neem.
4: Die spookmeisie van Raaiselfontein
Sanri is teen hierdie tyd gewoond daaraan dat vreemde dinge op Raaiselfontein gebeur. Toe brille links en regs begin wegraak, kry sy dadelik snuf in die neus. Dan maak Sanri en Markus kennis met 'n spookmeisie - en sy het hulle hulp nodig.
Publikasiedatum: 2019-02-13
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799383850

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Johann Strauss
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 150
Wat is die mummie se geheim?
Sanri Steyn droom daarvan om eendag 'n joernalis te word. En nie sommer enige joernalis nie. Haar naam sal op almal se lippe wees ... Superjoernalis Sanri Steyn.
Sanri hou nie juis van grillerige goed soos mummies nie. Maar sy is nogtans opgewonde toe sy hoor 'n rondreisende uitstalling met artefakte uit antieke Egipte gaan Raaiselfontein se museum besoek. Uiteindelik gebeur daar iets waaroor sy in haar koerant kan skryf!
Maar kort voor lank begin vreemde dinge gebeur. Hoekom lyk die mummie so vreemd op foto's? Waarom draai iemand snags die dorp se standbeelde in toiletpapier toe? En waarom raak die kurator van die museum en sy dogter elke aand onverklaarbaar aan die slaap? Sanri se neus begin kriewel. Kan dit wees dat die mummie lewend word? En wat wil hy hê? As Sanri se neus kriewel, moet jy weet hier kom 'n storie ...
Die aweregse humor, lekker grillerige temas en fantastiese illustrasies in hierdie reeks sal seuns en meisies vasgenael hou!
Publikasiedatum: 2018-08-10
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799383690

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Johann Strauss
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 150
R 75Jy spaar R 75
Sanri is opgewonde toe sy hoor dat haar beste vriend, Markus, se neef op Raaiselfontein kom bly. Sy kan nie wag om vir Danté te ontmoet nie. Danté en sy gesin bly immers in Vlermuishoogte - 'n geheimsinnige ou kasteel buite die dorp.
Maar kort voor lank begin Sanri se neus weer kriewel. En dit beteken net een ding - sy ruik 'n storie ...
Waarom lyk dit asof Danté se pa 'n skaduwee soos 'n vlermuis het?
Watter geheime skuil in die grillerige kasteel?
En is Markus regtig in groot gevaar, soos sy neef hom waarsku ...?
Oor die reeks
Sanri Steyn droom daarvan om eendag 'n wêreldbekende joernalis te word. Sy het nie verniet haar eie koerant, die Raaiselfontein Gazette, begin nie. Sy en haar vriend Markus beleef allerlei vreemde avonture op Raaiselfontein. Die aweregse humor, lekker grillerige temas en fantastiese illustrasies in hierdie reeks sal seuns en meisies vasgenael hou!
Titels in die reeks
Sanri Steyn 1: Doktor Zombos se geheime formule (9780799366723)
Sanri Steyn 2: Die aliens oorkant die straat (9780799366730)
Sanri Steyn 3: Die seun met die superkat-kragte (9780799372915)
Sanri Steyn 4: Die spookmeisie van Raaiselfontein (9780799372915)
Sanri Steyn 5: Die monsters van Middernagstraat (9780799380033)
Sanri Steyn 6: Die nag van die weerwolwe (9780799379068)
Sanri Steyn 7: Die vampiere van vlermuishoogte (9780799383690)
Publikasiedatum: 2017-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799380033

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Johann Strauss
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 150
Sanri se neus begin kriewel toe 'n vreemde ding een middag in Middernagstraat gebeur. Sy is byna doodseker sy het gesien hoe een van Claudia Müller se oulike skoothondjies 'n oomblik lank in 'n monster verander ... En dan begin troeteldiere in Raaiselfontein verdwyn ... Die aweregse humor, lekker grillerige temas en fantastiese illustrasies in hierdie reeks sal seuns en meisies vasgenael hou!
Publikasiedatum: 2016-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799379068

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Johann Strauss
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 135
Sanri se neus begin kriewel toe sy die nuwe meisie in hul klas, Chrissie de Wolfe, ontmoet. Waarom het Chrissie 'n sappige ROU steak in haar pousekosblik? Sanri is oortuig die nuwe meisie in haar klas is 'n weerwolf. Maar hoe gaan sy en Markus dit bewys? Die aweregse humor, lekker grillerige temas en fantastiese illustrasies in hierdie reeks sal seuns en meisies vasgenael hou!
Publikasiedatum: 2016-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799372915

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Johann Strauss
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 135
Sanri Steyn droom daarvan om eendag 'n wêreldbekende joernalis te word. Sy het nie verniet haar eie koerant, die Raaiselfontein Gazette, begin nie. Sy en haar vriend Markus beleef allerlei vreemde avonture op Raaiselfontein.
Sanri se neus begin kriewel toe sy die nuwe seun in hulle klas ontmoet. En as Sanri se neus kriewel, moet jy sommer weet hier kom 'n storie ...
Felix tree baie vreemd op - hy klouter oor mure, eet regte vissies op sy pousebrood ... en hy het 'n groot geheim! Kort voor lank is daar groot moeilikheid op Raaiselfontein. 'n Nare rotskurk en sy weermag van rotte beplan om die dorp oor te neem.
Sanri en haar beste vriend, Markus, moet ingryp voor dit te laat is ...
Die aweregse humor, lekker grillerige temas en fantastiese illustrasies in hierdie reeks sal seuns en meisies vasgenael hou!

Die Sanri Steyn-reeks
Sanri Steyn 1: Doktor Zombos se geheime formule
Sanri Steyn 2: Die aliens oorkant die straat
Sanri Steyn 3: Die seun met die superkat-kragte
Sanri Steyn 4: Die spookmeisie van Raaiselfontein
Publikasiedatum: 2015-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799372922

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Johann Strauss
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 135
Sanri Steyn droom daarvan om eendag 'n wêreldbekende joernalis te word. Sy het nie verniet haar eie koerant, die Raaiselfontein Gazette, begin nie. Sy en haar vriend, Markus, beleef allerlei vreemde avonture op Raaiselfontein.
Sanri is gewoond daaraan dat vreemde dinge op Raaiselfontein gebeur.
Toe brille links en regs begin wegraak, kry sy dadelik snuf in die neus. Dan maak Sanri en Markus kennis met 'n spookmeisie - en sy het hulle hulp nodig.
Die aweregse humor, lekker grillerige temas en fantastiese illustrasies sal seuns en meisies vasgenael hou!

Sanri Steyn 1: Doktor Zombos se geheime formule
Sanri Steyn 2: Die aliens oorkant die straat
Sanri Steyn 3: Die seun met die superkat-kragte
Sanri Steyn 4: Die spookmeisie van Raaiselfontein.

Theresa van Baalen woon op Port Nolloth saam met haar man, Cobus, en twee seuns, Jannes en Mikhael. Haar eerste twee prenteboek-publikasies, Aspris-krokkedis en Karla Krullebol, is albei met ATKV-Kinderboektoekennings bekroon. Aspris-krokkedis het ook in 2012 die Tienie Hollowaymedalje vir Kleuterliteratuur ontvang.
Publikasiedatum: 2015-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798178921

Kinders: Kleuters

Illustreerder: Johann Strauss
Kinders  -  Kleuters
R 180
Sleuteltjie, sleuteljie, op sag satyn, laat tog 'n storie uit die boek verskyn! Kom luister saam na nog vyf van die wêreld se mooiste en gewildste sprokies: Rooikappie, Die skoenmaker kabouters, Die dieremusikante van Bremen, Duimelina en Sneeuwitjie. Die tweede boek in die gewilde reeks met nog klassieke verhale uit Bennie Boekwurm se groot sprokiesboek is ideaal vir voorlees met slaaptyd.
Publikasiedatum: 2019-07-10
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798175470

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Johann Strauss
Kinders  -  Prenteboeke
R 155
Elke dag trek Bennie Boekwurm sy swaar waentjie vol boeke na die parkie om vir die kinders te gaan stories lees. Mokkie Mol met sy sterk pote kom hom help. Maar Mokkie kan nie mooi sien nie en boems-kadoems loop hy in 'n boom vas. Karra-kaparra! kantel die waentjie om en al die boeke val uit. En boonop is Bennie se bril nou skoonveld!
Publikasiedatum: 2017-11-02
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798175210

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Johann Strauss
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 165
Bennie Boekwurm woon in sy tonnelhuisie in die Wielie Walie-parkie, waar hy vir die kinders boeke lees. In hierdie pragtig-geïllustreerde boek vertel Bennie nog vier heerlike stories: Miesie Muis bak 'n verjaardagkoek, Ouma kry 'n hondjie, Babet By leer dans en Tokka Kabouter maak grappies! 'n Heerlike opvolg op die eerste topverkoper 'Bennie Boekwurm vertel lekker stories' met een van Suid-Afrika se gewildste en mees ikoniese kinderkarakters.
Publikasiedatum: 2017-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780798164429

Kinders: Versamelbundels

Illustreerder: Johann Strauss
Kinders  -  Versamelbundels
R 310
'n Bundel van vyf-en-twintig stories vir kleintjies van so vier tot sewe jaar. Dit bevat klassieke feëverhale soos Wolf en die drie ottepotte, Jan en die boontjierank, Die skoenmaker en die kabouters, Drie rammetjies-rof, Doringrosie, Die lelike eendjie, Gouelokkies, Aspoesterjie, e.a. Daar is ook heerlike inheemse verhale soos O likkie, o lalie, Sipho en die ryprooi Amathungulu, Doederomandro, Die ploemserige, plomserige ding, e.a. Die stories is verwerk deur die bekende en bekroonde Linda Rode, wat as die doyenne van kinderliteratuur bekend is. Elke storie is net vyf-minute lank. Dus baie geskik vir aandstories en of beginner-lesers.
Publikasiedatum: 2016-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780798175944

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 95
Hierdie kleurvolle boek maak voorskoolse kinders op 'n prettige manier vertroud met al die primêre kleure. Daar is ook kort rympies om saam op te sê en 'n storie om die kleure van die reënboog te leer ken. Moedig jou kind aan om die kleure self uit te ken, terwyl julle die pragtige tonele op elke bladsy verken. Hierdie boek vol kleure vorm deel van die Storiemuis-reeks - 'n moet vir elke voorskoolse kind!
Publikasiedatum: 2017-09-29

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.