Soek resultate: Helene de Kock

Results 1 to 8 of 8
Gesorteer volgens:  Outeur
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

19

9781431620135

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 190
R 152Jy spaar R 38
Wat - of wie - gaan die pragtige Kara Geertse help staande bly wanneer haar lewe van koers af gedwing word?

Die pragtige Kara Geertse is Tukkies se joolprinses met die wêreld aan haar voete en die sterre van 'n blink toekoms in haar oë. Sy laat oral die koppe draai, veral dié van die sjarmante Jannes Conradie.

Die lewe is 'n lied ... totdat Kara onverwags voor 'n kruispad te staan kom wat haar lewe heeltemal van koers af dwing. Wat - of wie - gaan haar veilig deur hierdie doolhof lei en haar help om die waarheid oor haarself en die lewe uit te pluis?

Kruispad vir Kara is 'n hartroerende, opwindende liefdesverhaal uit die pen van die immergewilde en ervare skrywer Helene de Kock. Dit sal jou weer hoop vir die lewe en vir die liefde gee.
Publikasiedatum: 2018-05-24
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798177504

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 255
R 204Jy spaar R 51
Vuurvliegie
Sewende somer
Windspoor

In Vuurvliegie bring die liefde sy kwota verdriet. Maar Danien Fouché het 'n eienaardige gevoel dat sy 'n mens-binne-'n-mens liefhet.

In Sewende somer keer Ester Kolbe terug na die plek waar sy en Zach Dijzel liefgehad het. Niemand het nog die gebeure van sewe jaar gelede vergeet nie en Zach Dijzel het verdwyn.

Windspoor is 'n verhaal van liefde en van verraad. Laura Helmer se bruidegom verdwyn 'n kort rukkie voor hul troue. Maar daar is 'n geheimsinnige windspoor wat na hom toe lei nie ...
Publikasiedatum: 2018-04-12
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798176439

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 245
R 196Jy spaar R 49
Man van kaliber
Vrou van formaat
Mense van faam

Helene de Kock Keur 2 bevat drie liefdesverhale wat bymekaar aansluit.
In Man van kaliber ontdek Jessica Theron uiteindelik dat 'n mens se volmaaktheid juis sy menslikheid openbaar. Wie is die keiser wat Jessica se hart gaan wen?

In Vrou van formaat is Danika Roux terug uit Frankryk en sy is vies vir mans. Mooi het finaal vir haar 'n vloekwoord geword. 

In Mense van faam word Debora Richter teen haar wil ingetrek by die Mynhard-familie. Theron het diepte en Kieron is te enigmaties om te peil.
Publikasiedatum: 2017-10-13
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798176132

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 310
R 248Jy spaar R 62
In dié opvolg op Debora en seuns is die fokus weer die lief en leed van die Schlagerfeldts. Dis nou die 1960's, en die hoofkarakter is Debora se kleindogter, ook 'n Debora. Dié 27-jarige dokter kom terug na die Oos-Vrystaat om by haar pa in sy praktyk aan te sluit. Maar dan ontmoet sy dr Tristan Murray en al haar voorgenome drome stort ineen. Sy volg haar neef na Londen om haar wonde te lek, en vind dat die pad van verlore liefde na geluk deur gevaar en hartseer lei.
Publikasiedatum: 2017-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798176040

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 245
R 196Jy spaar R 49
Die soete dwaling
Seisoen van die skimmelson
Anderkant die vloedwaters
Vrou vir Ver-en-Naby

In Die soete dwaling vlug dr. Daïrus Deetlefs na Londen en hier ontmoet hy die misterieuse Sylvia Saunders.

In Seisoen van die skimmelson dink Madel Vermeer dat sy haar jeugliefde slegs tydelik agterlaat.

'n Ontmoeting met 'n vreemdeling verander die verloop van dr. Bernard Linde se lewe in Anderkant die vloedwaters.

En in 'n Vrou vir Ver-en-Naby moet Laura Krause kies tussen 'n lewe tóé en 'n lewe vórentoe.
Publikasiedatum: 2017-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431615452

Christelik / Christian: Troos & Berading / Bereavement & Counselling

Christelik / Christian  -  Troos & Berading / Bereavement & Counselling
R 120
R 96Jy spaar R 24
Die reis na aanvaarding.

Soms tref die dood van 'n geliefde ons heeltemal onÂ-verwags.

As dood lewe word is die ware verhaal van 'n gesin se pyn, hartseer en vrede ná die afsterwe van hulle geliefde Ouboet, soos geskryf vanuit die oogÂ-punt van die ma, bekende skrywer Helene de Kock. Dit is die verhaal wat die ongenaakbare waarheid vertel van die finale afskeid, die harde werklikheid en die aanvaarding wanneer 'n geliefde sterf.

Stap die pad saam met Helene in die tydperk net voor en ná haar seun se dood, en hoe die gesin mekaar ondersteun het en deur ander ondersteun is. En dan bo alles: hoe hulle aanvaar het dat 'n alÂ-magtige God dit so beskik het en dat hulle sy belofÂ-tes kan vertrou.

As dood lewe word bied bemoediging vir elkeen wat 'n geliefde aan die dood moes afstaan.
Publikasiedatum: 2016-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798169592

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 310
R 248Jy spaar R 62
Deborah Schlagerfeldt en haar drie seuns se intrek op 'n dorpie in die Oos-Vrystaat bly in geheimenis gehul, jare nadat hulle gebak en snuisterye in hul winkel "Debora en seuns" begin verkoop. Dis slegs hul buurvrou Susan Scott en haar dogter Margot wat mettertyd die Schlagerfeldts leer ken.
Debora versorg haar man, 'n invalide, met groot sorg, maar nie sy of die seuns rep 'n woord oor die oorsaak van sy toestand of die gebeure voor hul koms nie.
Margot en Erik, die jongste seun, raak boesemvriende, en sy raak gou deel van die huishouding. Die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog verander alles.
Debora se seuns moet leer dat liefde soms ook swaarkry bring. En Margot moet besluit of sy haar hart oor die oseaan moet volg, na Londen, reguit die oorlog in.
Publikasiedatum: 2015-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

Uit druk uit

9780798151153

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 255
R 204Jy spaar R 51
Hoe lank neem dit om die lewe baas te raak? So wonder Rouke Bruwer meermale. Hy en sy boesemvriende, die neefs Robert en Brett van Coller, takel die lewe elk op 'n eiesoortige manier. Vars uit matriek, is die uitdagings legio. Die vroue in hul lewe, die passievolle, byna magiese Karina Kirstein en die skone Julia, vind saam met hulle uit dat die lewe tegelyk wonderbaarlik soet en bitterlik kompleks is.
Publikasiedatum: 2010-04-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.