AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●● GRATIS Pargo aflewering op bestellings bo R350

Topverkopers Kinders / Bestsellers Children

Results 1 to 15 of 16
Gesorteer volgens:  Posisie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

1

9780799393941

Kinders: Nie-fiksie

Illustreerder: Sarah Horne
Kinders  -  Nie-fiksie
R 135
R 108Jy spaar R 27
Sensitiewe en vriendelike gidse vir grootword Vriendelike, gerusstellende en positiewe gidse vir seuns en meisies wat puberteit nader. Hierdie boeke verduidelik al die veranderings wat met tieners gaan gebeur soos hul grootword en ook hoe hierdie veranderinge hulle sal laat voel. Die dek alles van menstruasie en borste-ontwikkeling tot hare op jou lyf en persoonlike higiëne vir meisies, en lyfhare en stemveranderinge tot buie en selfvertroue vir seuns. Puberteit- en ouerskapkenners Anika Naik en Phil Wilkinson behandel enige bekommernisse wat jong lesers mag hê oor wat “normal” is, verbeter lesers se selfbeeld en stel hul gerus oor al die veranderinge wat hul gaan ondergaan tydens puberteit. Die boeke bevat ook leefstyladvies oor onderwerpe soos gesonde eetgewoontes en oefening, en inligting oor hoe puberteit die teenoorgestelde geslag beïnvloed. 'n Grootwordgids vir meisies Onderwerpe in die gids sluit in: Wat is puberteit?; Wat gebeur wanneer?; Hoe werk hormone?; Borste en braʼs; Dieselfde ouderdom, verskillende lywe; Wat gaan aan met my vel?; Sweet en slegte reuke; Nuwe hare op nuwe plekke; Daar onder; Wat is menstruasie?; Praktiese wenke vir menstruasie; Hoe om menstruasie te hanteer; Wat is seks?; Hoe word babas gemaak?; Nuwe gevoelens; Hoe om jou buie te hanteer; Gesonde eetgewoontes; Die voordele van oefening; Selfbeeld en jou lyf; Privaatheid en jou lyf; Puberteit vir seuns; Seuns het ook probleme.
Publikasiedatum: 2019-07-11
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

2

9780799393934

Kinders: Nie-fiksie

Illustreerder: Sarah Horne
Kinders  -  Nie-fiksie
R 135
R 108Jy spaar R 27
Sensitiewe en vriendelike gidse vir grootword Vriendelike, gerusstellende en positiewe gidse vir seuns en meisies wat puberteit nader. Hierdie boeke verduidelik al die veranderings wat met tieners gaan gebeur soos hul grootword en ook hoe hierdie veranderinge hulle sal laat voel. Die dek alles van menstruasie en borste-ontwikkeling tot hare op jou lyf en persoonlike higiëne vir meisies, en lyfhare en stemveranderinge tot buie en selfvertroue vir seuns. Puberteit- en ouerskapkenners Anika Naik en Phil Wilkinson behandel enige bekommernisse wat jong lesers mag hê oor wat “normal” is, verbeter lesers se selfbeeld en stel hul gerus oor al die veranderinge wat hul gaan ondergaan tydens puberteit. Die boeke bevat ook leefstyladvies oor onderwerpe soos gesonde eetgewoontes en oefening, en inligting oor hoe puberteit die teenoorgestelde geslag beïnvloed. 'n Grootwordgids vir seuns Onderwerpe sluit in: Wat is puberteit?; Wat gebeur wanneer?; Hoe werk hormone?; Groei en groei; ʼn Dieper stem; Verpestelike puisies; Hare net waar jy kyk; Jou eerste skeer; 'n Sweterige storie; Daar onder; Nog veranderinge daar onder; Nuwe gevoelens; Wat is seks?; Hoe word babas gemaak?; 'n Goeie selfbeeld; Buierigheid; Beheer jou buie; Gesonde eetgewoontes; Die voordele van oefening; Privaatheid en jou lyf; Puberteit vir meisies; Meisies het ook probleme.
Publikasiedatum: 2019-07-11
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

3

9780798178921

Kinders: Kleuters

Illustreerder: Johann Strauss
Kinders  -  Kleuters
R 165
R 132Jy spaar R 33
Sleuteltjie, sleuteljie, op sag satyn, laat tog 'n storie uit die boek verskyn! Kom luister saam na nog vyf van die wêreld se mooiste en gewildste sprokies: Rooikappie, Die skoenmaker kabouters, Die dieremusikante van Bremen, Duimelina en Sneeuwitjie. Die tweede boek in die gewilde reeks met nog klassieke verhale uit Bennie Boekwurm se groot sprokiesboek is ideaal vir voorlees met slaaptyd.
Publikasiedatum: 2019-07-10
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

4

9780799393972

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Jaco Jacobs
Illustreerder: Ali Pye
Kinders  -  Prenteboeke
R 140
R 112Jy spaar R 28
'n Vriend is iemand spesiaal, van wie jy baie hou. Iemand wat jou goed laat voel en wat jy kan vertrou. Waar jy ook al kom, loop jy nuwe mense raak. Kyk, dis nou jou kans, jy kan altyd vriende maak! Vriende kan ses bene hê … … of dalk vier … … of twee! 'n Vriend is enige iemand vir wie JY omgee! Hierdie prenteboek vier vriendskap, deernis en diversiteit. Die boek wys hoe belangrik dit is om saam met ander mense te wees en dat vriendskappe tussen verskillende mense gevorm kan word. Saam kan ons regtig enige iets doen! Hierdie prenteboek sluit nou aan by globale temas van inklusiwiteit en diversiteit wat op die oomblik belangrik is. 'n Ander titel deur dieselfde skrywer: Meisies kan enigiets doen (oorspronklik uitgegee as Girls can do anything)
Publikasiedatum: 2019-06-27
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

5

9781431622511

Christelik - Kinders: 6 tot 8 jaar

Christelik - Kinders  -  6 tot 8 jaar
R 40
R 32Jy spaar R 8
Kinders tussen 5 en 8 jaar sal dit geniet om op hierdie prettige manier 77 sleutelteksverse in die Bybel te memoriseer. Hulle lees eers die teksvers, dan skryf hulle dit neer en daarna kleur hulle die pragtig ontwerpte teksvers in. Herhaling is die sleutel tot memorisering en hierdie maklik-om-te-gebruik hulpmiddel sal ouers en Sondagskoolonderwysers help om die saad van die Skrif in kinderharte te saai. Ideaal vir Sondagskool of Christelik-gebaseerde tuisonderrig.
Publikasiedatum: 2019-07-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

6

9780799394887

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Alistair Ackermann
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 125
R 100Jy spaar R 25
Heehah! Cowboy Koekemoer en Shorty is terug … Cowboy Koekemoer en sy getroue kameelperd, Shorty, is terug vir die vierde boek in die Cowboy Koekemoer-reeks. Hulle is gereed om enige probleem op te los - al is dit tydens hulle vakansie. Kaptein Superkoos het 'n probleem wanneer niemand meer na die strand gaan waar hy sy kokosneute verkoop nie. Almal is te bang vir die soutwatergogga wat in die water leef. Almal behalwe Cowboy Koekemoer en Shorty, natuurlik. Die Cowboy Koekemoer-boeke is toeganklike fiksie veral vir trae lesers. Hierdie is die vierde boek in die Cowboy Koekemoer-reeks. Vorige titels in die reeks is: Cowboy Koekemoer van die Klein Karoo; Cowboy Koekemoer en die seerower van Watsenaam en Cowboy Koekemoer van die Klein Karoo en die petrolpadda.
Publikasiedatum: 2019-07-30
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

7

9780798179690

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 194
R 155Jy spaar R 39
Met die 10de verjaarsdaguitgawe van hierdie topverkoper potjieboek met flappies kan kinders 'n positiewe les leer oor potjiedissipline.

Muisie is 'n nuuskierige agie wat oral wil inloer. Hy wil selfs in al sy maatjies se doeke loer! Maar wanneer sy maats in sy doek loer, kry hulle 'n groot verrassing. Die grappige vertaling deur Philip de Vos sal kinders van 2 tot 4 jaar hope plesier verskaf!
Publikasiedatum: 2019-08-02
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

8

9780798179584

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 235
R 188Jy spaar R 47
In hierdie fassinerende klankboek kan kinders verskillende plaasdiere leer ken. Die realistiese klanke en interessante feite op elke bladsy sal enige kind lank vermaak.
Publikasiedatum: 2019-08-07
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

9

9780799389616

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 40
R 32Jy spaar R 8
Bekostigbare grappieboeke vir ure se skaterlagpret!
Kom lag jou slap vir die lawwe grappies in hierdie fantastiese nuwe reeks grapboeke vir kinders! Elke boek bevat 'n volle 101 grappe waarmee jy jou maats kan laat lê van die lag. Daar is klop-klop-grappe, grappe oor olifante, erdvarke, koeie en ander snaakse diere, skaterlag-skoolgrappe en 'n hele klomp grappe wat sommer net heeltemal verspot is!

Daar is vier lekkerlag-titels in die reeks:
101 Dieregrappe
101 Klop-klop-grappe
101 Lawwe grappe
101 Pouse grappe
Publikasiedatum: 2018-05-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

10

9780799388725

Kinders: Kleuters

Vertaler: Jaco Jacobs
Illustreerder: Caroline Pedler
Kinders  -  Kleuters
R 140
R 112Jy spaar R 28
Ontmoet 'n dapper klein hasie … en 'n groot, bang beer!

In die diep, donker woud woon die HARIGE OU GROTE!
Met skerp tande in sy bek en skerp kloue aan sy pote.
Sy kwaai oë sal jou laat ril en laat gril
en dit klink net soos donderweer wanneer hy brul!

Klein Ben is 'n dapper hasie. Hy hou BAIE van pret en avontuur, maar hy hou GLAD nie van bed toe gaan nie. Toe sy ma hom een aand voor slaaptyd vertel van die Harige Ou Grote met sy skerp tande en skerp kloue wat in die woud woon, besluit Klein Ben om in die donker buitentoe te sluip en hom te gaan soek! Maar in plaas van 'n groot, harige monster ontdek Klein Ben 'n beer in die woud. 'n Baie bang beer. Sommer gou word klein Ben en die beer groot maats. Maar sal die beer dapper genoeg wees om na die monster te help soek?
'n Oulike, avontuurbelaaide storie oor vriendskap en hoe om jou vrese te oorkom.
Publikasiedatum: 2018-07-26
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

11

9781485900443

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 160
R 128Jy spaar R 32
Die druk laai op teen Greg Heffley. Sy ma dink videospeletjies maak souskluitjies van sy brein, en sy wil hê hy moet die kontroles wegpak en sy “kreatiewe sy” verken.
En asof dít nie vreesaanjaend genoeg is nie, is Halloween om die draai.

Sy lewe is 'n riller!

Dan ontdek hy 'n pakkie suurwurms, en dit gee hom 'n plan. Kan Greg sy ma paai met sy eie fliek, en kan dit hom sommer ook ryk en beroemd maak? Of gaan sy wit leuentjies hom inhaal en sy sorge vererger?
Publikasiedatum: 2019-04-30
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

12

9781485310341

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Tony Ross
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 275
R 220Jy spaar R 55
Ontmoet vyf stuitige seuns en vyf mislike meisies!

Soos Ruda - 'n meisie wat so baie op die rusbank sit en TV kyk dat sy aan die bank vasgroei! Of Dries Drup-drup - 'n seun wie se kwyl hom op 'n skooluitstappie in allerhande moeilikheid laat beland! En moenie vergeet van Sanet Skreenet nie - 'n monsteragtige ouer suster wat liederlike leuens vertel!

Laat die blitsverkoper David Walliams jou vermaak met tien heerlik ondeunde stories oor die aardigste kinders op aarde, met vrolike volkleurillustrasies deur Tony Ross.
Publikasiedatum: 2019-08-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

13

9781485310358

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Tony Ross
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 275
R 220Jy spaar R 55
IS JY DAPPER GENOEG OM DIE WÊRELD SE STOUTERSTE STOUTGATTE TE ONTMOET?

Wees gewaarsku! In hierdie boek is daar tien splinternuwe stories oor die vyf mislikste meisies en die vyf stuitigste seuns ooit.

Jy sal onder andere kennis maak met Hompie die honger baba, wat sy ouers se huis van hoek tot kant leeg eet en hulle dan boonop ook verslind. En Grillerige Griselda gaan jou die horries gee met die poetse wat sy almal in haar skool (selfs die arme hoof ook) met haar grillerige goggas bak.

Laat die blitsverkoper David Walliams jou vermaak met tien heerlik ondeunde stories oor die aardigste kinders op aarde, met vrolike volkleurillustrasies deur Tony Ross.
Publikasiedatum: 2019-08-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

14

9781471408496

Children: Fiction teens

Children  -  Fiction teens
R 175
R 140Jy spaar R 35
Young Adult edition - including new foreword and Q+A by the author plus further additional material

The incredible bestselling true story. For readers of The Boy in the Striped Pyjamas and The Diary of Anne Frank

Heart-breaking - a tale of love and survival amidst the horrors of Auschwitz
Human - the real story behind one of the most potent symbols of the Holocaust - the blue numbers tattooed on prisoners' arms
Inspirational - the very best of humanity in the very worst of circumstances
Unforgettable - a story untold for over seventy years is finally shared
Life-affirming - one man's determination to survive and live a full life with the woman he loved
Fully verified - Lale Sokolov's background and story has been fact-checked against all available documentary evidence
Publikasiedatum: 2019-05-23
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

15

9780799379037

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 185
R 148Jy spaar R 37
In hierdie aangrypende grootword-verhaal vir tieners takel die gesoute jeugboekskrywer Jan Vermeulen moeilike temas kaalvuis. Dit is 'n boeiende storie oor verslawing, tweede kanse en wat dit beteken om jouself waarlik te vind. 'n Kragtoer van 'n boek wat nooit die leser met maklike antwoorde onderskat nie. Asem hoort op elke tiener se boekrak.
Asem was die eerstepryswenner van LAPA Uitgewers se jeugromankompetisie vir 2015. Hier is een van die beoordelaars se mening oor die roman:
* "'n Grinterige, uitdagende en bowenal hoopvolle jeugverhaal wat jou tot op die laaste bladsy boei. Barries se smeulende woede en selfvernietigingsdrang word net so eerlik en oortuigend soos sy pad na herstel uitgebeeld. Hierdie is 'n moet-lees-boek."
Publikasiedatum: 2016-09-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.