●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R500 ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9789000037940

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 400
R 320Jy spaar R 80
*Jy is my droom - Alma Carstens*
Ellie se eerste onmoeting met haar nuwe buurman, Simon, is allesbehalwe aangenaam. Al wat hy wil hê, is om uitgelos te word. Na 'n mor sige egskeiding wat in die openbaar afgespeel het, sal hy enigiets doen om sy privaatheid te beskerm. Maar Simon kom gou agter dat dit nie so maklik is om Ellie afgeskud te kry nie. Buitendien is hy nie meer so seker dis wat hy wil hê nie.
*Herberg vir die hart - Marilé Cloete*
Marike Marais is passievol oor haar werk as ontvangsdame by 'n kliniek vir geestesgesondheid. Ná 'n mislukte verhouding is sy vasberade om haar nooit weer aan 'n lyntjie te laat hou nie. Louis Calitz probeer 'n nuwe begin maak in die Boland as arbeidsterapeut by die kliniek. Hy pas gemaklik aan by die kliniek, maar op persoonlike vlak stoot hy vir Marike en hul ander kollegas van hom af weg.
*Spykerhakmeisie - Ann Hite Kemp*
Rozelle, 'n eiendomsagent, se paaie kruis met Hein toe sy hom 'n ou, spokerige herehuis gaan wys wat hy namens sy tannie gaan besigtig. Om te bepaal of die huis wel spook - 'n vereiste vir die kooptransaksie - reël sy 'n middernagtelike piekniek en oorslaap in die leë huis. Hein en Rozelle is nie voorbereid op die gevoelens wat vinnig tussen hulle ontwikkel nie. Toe daar 'n foto van hulle in die koerant verskyn waar hulle lepellê in die spookhuis, is die gort behoorlik gaar.
*In twee geskeur - Lizelle von Wielligh*
Die De Vries-tweeling lyk eenders. Jakob se oë kyk egter tot diep in Helena se siel en woel ongekende dinge in haar los - sóndige dinge. Hoe kan sy so aangetrokke tot hom wees terwyl sy verloof is aan sy broer, Daniel? Om enige misverstande te voorkom, besluit Helena om Jakob in die geheim te gaan ontmoet voor sy die volgende dag met Daniël trou. Dit loop uit op 'n soen wat verbode begeertes in haar aanwakker en haar net meer verwar.
Publikasiedatum: 2023-10-31
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.

© All Rights Reserved 2023
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.