●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R500 ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485314714

Nie-fiksie / Non-fiction: Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography
R 450
R 405Jy spaar R 45
Hierdie biografie deur sy vriend en mede-akteur Chris Vorster is 'n nodige blik op die omvangryke loopbaan van 'n Afrikaanse teaterlegende en ikoon. Hy is in 2021 vereer deur die SA Akademie vir sy uitsonderlike bydrae tot rolprent en TV-kuns. Daarna het hy aangekondig dat hy aftree ná 55 jaar in die bedryf en klaar is met toneelspel.

Marius Weyers is waarskynlik een van die bekendste en gerespekteerde name in die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf. Hy het homself as ʼn akteur sonder gelyke gevestig; plaaslik én internasionaal. Sy veelsydigheid word weerspieël in die meer as 180 verskillende karakters wat hy vertolk het en in die meer as 50 rolprente en televisiereekse waarin hy sedert 1964 gespeel het. Die biografie bevat heelwat foto's en is gevul met anekdotes, humor en aanhalings wat inligting en insig gee in hierdie kunstenaar se denke en die uitdagings wat hy by tye moes oorkom. Ook vertel dit die mooi liefdesverhaal tussen Marius en sy vrou, Evette (die bekende beeldhouer).

Weyers is voorheen deur ander skrywers gevra of hy belangstel in 'n biografie en het telkens geweier omdat hy so privaat is. Hy het ook gesê dat dit voorheen nie die regte tyd was nie. Hy voel die tyd is egter nóú reg.
Publikasiedatum: 2023-10-09
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.

© All Rights Reserved 2023
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.