●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R500 ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776359967

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
Die Kontrak is die eerste titel in die nuwe Romanza Stoom afdeling wat fokus op warmer liefdestonele vir lesers wat meer erotiese liefdesverhale verkies. Kort nadat haar verloofde haar met haar vrouebaas verkul het, ontmoet Marike haar droomman. Brett is aantreklik, skatryk, en 'n beroemde draaiboekskrywer. Daar is net een probleem: Sy is met 'n kontrak aan hom verbind, een wat dit duidelik stel dat sy nie op hom verlief mag raak nie, maar dat sy mildelik vergoed sal word om sy minnares en muse te word. Hoe moeilik kan dit tog wees? Veral noudat sy besluit het om mans vir altyd af te sweer, en wild en wragtig in die oomblik te leef. Maar die hart sluit sy eie kontrakte, ongeag wat die verstand vir haar voorsê. Soos wat Marike meer tyd saam met die enigmatiese Brett deurbring, vat vonke tussen hulle vlam. Totdat hulle terugkeer van 'n stomende vakansie in Mauritius en hulself in 'n uiters netelige posisie bevind - en in 'n kontrak van 'n heel ander aard.
Publikasiedatum: 2023-01-27
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae

© All Rights Reserved 2023
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.