●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

8

9781990915048

Nie-fiksie / Non-fiction: Politiek & Geskiedenis Suid Africa / History & Politics South Africa

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Politiek & Geskiedenis Suid Africa / History & Politics South Africa
R 380
R 304Jy spaar R 76
Spioenmeesters onthul die feite oor 18 verskillende intelligensie-gevallestudies wat Suid-Afrika direk en indirek beïnvloed het. Dit ondersoek ook legendariese intelligensie-agente soos Hendrik van den Bergh, Dieter Gerhardt, Arthur McGiven, Craig Williamson en Gerard Ludi se betrokkenheid by dié gebeure.

Die boek openbaar van die geheime van spioenasie en teenspioenasie wat gedurende die Anglo-Boereoorlog en die wêreldoorloë plaasgevind en 'n hoogtepunt tydens die Koue Oorlog bereik het. Daar word ook ondersoek ingestel na opspraakwekkende intelligensie-gebeure wat tydens Suid-Afrika se stormagtige 1960's en 1970's afgespeel en onder meer tot die klopjag op Liliesleaf gelei het. In Spioenmeesters spoor die skrywer en afgetrede intelligensie-kenner, Henning van Aswegen, ook die gebeure na rakende Operasie Vula, die ANC-komplot wat amper die vredesonderhandelinge van die 1990's in die wiele gery het.
Publikasiedatum: 2021-11-26

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.