●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776354962

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
R 76Jy spaar R 19
Daar is meer as reën in die lug ...
Anet Schreuder sal enigiets vir haar susters doen en laat haar dus by Reinet se troue teensinnig afpaar met Steve Turner, die een strooijonker. Sy is effens bevooroordeeld teen die Engelse, maar gelukkig hoef sy hom nie weer te sien nie. Impulsief besluit sy om 'n tydjie op haar nuwe swaer se plaas agter te bly, maar niemand het haar vertel Steve gaan die plaas vir die bruidspaar oppas solank hulle op wittebrood is nie. Nog minder kon dié dorpsjapies weet dat die droogte in die Karoo deur groot reën gebreek gaan word terwyl hulle onbepland saam op die plaas is. Hulle het ook nie noodwendig beplan om verlief te raak nie.

Hierdie is die tweede verhaal in Alta se nuwe reeks met 'n identises drieling as hoofkarakters. Die vorige boek was Oorbegin (Oktober 2021). Soos Alta se vorige paar boeke, speel hierdie verhaal tydens die pandemie af.
Publikasiedatum: 2021-12-08

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.