●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776353897

Christelik / Christian: Dagstukke - Algemeen / Devotionals General

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Algemeen / Devotionals General
R 250
In die teenwoordigheid van die Allerhoogste is geskryf vir mense wat op soek is na die rus wat die Here gee, al leef ons in 'n gejaagde wêreld. 'n Lewe van innerlike vrede is vandag nog moontlik. Daardie vrede wat jou elke dag soos 'n tevrede kind in die teenwoordigheid van jou hemelse Vader laat sit, vra egter dissipline en oefening. So 'n lewe kom nie vanself nie. Dit vra toewyding en gehoorsaamheid, maar dit vra ook luister en rus. Hierdie jaarboek is bedoel as jou gids op die pad na 'n meer gedissiplineerde lewe saam met God. Dit wil jou stap vir stap, dag vir dag en maand vir maand begelei deur 'n paar geestelike oefeninge sodat jy aan die einde van die jaar iemand kan wees wat nuwe geestelike vreugde ervaar. In die teenwoordigheid van die Allerhoogste uit die pen van die bekende en immergewilde Stephan Joubert is 'n gids wat Christene tot reg by die Vader se voete sal bring. Hier sal hulle sielsvrede kan vind en hul ware identiteit as kinders van die Allerhoogste in oorvloed kan uitleef. In hierdie boek roep Stephan Joubert mans en vrouens se harte terug na die teenwoordigheid van die Allerhoogste waar hul gewortel in geloof langs God kan leef en floreer, ten spyte van die gewoel in die wêreld.
Publikasiedatum: 2021-11-04

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.