●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781991202697

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 300
Meesleurend en komies, 'n storie vir die 'oogdou'. - - Eben Venter
Die boek is 'n kragtoer deur 'n meester-storieverteller. - Coenie de Villiers

'n Naam is nie net 'n roepding nie. Dis 'n ding wat jóú roep. Só het oom Dahm vir Gert Saggiestrap terug lewe toe probeer bearbei. Toe reeds 14 jaar sy spoor byster in die oer-rivierlope van die ua pukiro in die Omaheke. Nes sy pa met die goeie hart en sy ma met die stukkende verlede was hy 'n boesmankind van die Nuwe Tyd waarin inkommers om en oor die boesmans kom grenspale slaan het.
Vir die ellende van hierdie gestroopte bestaan was Gert nie geoormerk nie. Maar toe kom Goeie Vrydag van sy 15de jaar. Die geeste van die dode het vir die eerste keer om hom kom draal. Dié lei hom terug op 'n donker pad wat met die spore van sy oudste voorsate langs loop: na wat dit beteken om 'n boesman te wees met sand-ankers in jou herkoms en 'n hand op die hefbome van die toekoms.
Gert Saggiestrap loop soek sy hart, vat sy naam en vind daarin opgesluit sy groot gawe.
Die Spore van Gert Saggiestrap is 'n greep uit die hedendaagse bestaan van 'n groepie Ju/'hoansi uit die Omahekestreek, ʼn noordwestelike uithoek van die Namibiese Kalahari. Dit is ʼn sensitiewe, outentieke verhaal vol pyn, ontheemdheid en vertwyfeling maar ook triomf en diepe blydskap en hoop.

Marco Botha se boek is universeel en bied ʼn uiters relevante blik op al die randeiers van ons samelewing. - Willemien le Roux, skrywer van Shadow Bird en Voices of the San

Marco Botha is 'n storieverteller. Hy is 'n gewese sportskrywer, bylaagredakteur en mede-uitgewer by Die Burger, Beeld, Rapport en 24.com. Tans botter hy sy brood as 'n TV-rugbykommentator en kommunikasiebestuurder. Sy eerste biografiese sportleierskapboek het in 2013 verskyn, en Die Spore van Gert Saggiestrap is sy eerste roman. Ook is hy 'n meestersgraadstudent in bestuur aan Harvard-universiteit. Marco en sy gesin woon in Boston, Kaapstad.
Publikasiedatum: 2021-08-27

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.