●●● R50 aflewering op bestellings bo R500 in RSA ●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639608051

Kinders: Aktiwiteitsboeke

Kinders  -  Aktiwiteitsboeke
R 95
R 76Jy spaar R 19
Kreatiewe skryfwenke van die beste van die beste! Wil jy FANTASTIESE stories en SKREEUSNAAKSE rympies skryf? Is jy gereed om jou VERBEELDING vrye teuels te gee? Kort jou opstelle 'n bietjie WOEMA? Wel, hier is goeie nuus … Jy is nooit te jonk om te begin skryf nie! Tussen die lyne van hierdie prettige aktiwiteitsboek help die gewilde topverkoperskrywer JACO JACOBS kinders speel-speel om hul skryftalent te ontwikkel. So, waarvoor wag jy nog … maak jou potlood skerp en laat die pret begin! Hierdie bekostigbare aktiwiteitsboek is nie net prettige vermaak nie, maar is ook 'n nuttige opvoedkundige hulpbron wat kan help om kinders se taalvermoë en -kennis 'n hupstoot te gee. Dit is perfek vir tuisvermaak of ekstra aktiwiteite in die klaskamer. Die boek bevat bekende karakters soos Zackie Mostert en Prof Fungus om kinders te begelei in hul kreatiewe skryfwerkreis.
Publikasiedatum: 2021-06-15

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.