●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R500 in RSA ●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639604220

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 250
R 200Jy spaar R 50
Lily Linvelt se enigste missie is om 'n oeroue blommetjie in Ierland, in die Burren, te vind. Sy moet 'n elikser maak om haar ma te red wat 'n paar maande gelede deur 'n bloedsuiervlermuis in die einste Burren gebyt is.
Terwyl sy daar is, ontmoet Lily vir Sterling Ashford. Hy is 'n natuurbewaarder en -kenner in die Burren en hy help vir Lily om die seldsame blommetjies op te spoor. Hy is beeldskoon en enigmaties. Geheimsinnig en verleidelik. Sy hele wese drup van … betowering. Lily kom egter voor meer uitdagings te staan. Sy ontdek 'n geheim oor Sterling wat die wind uit haar seile neem en 'n bonatuurlike wêreld vir haar oopsluit, een wat sy gedink het net in fantasieë bestaan. Cobalt, die parfumeur by wie sy enfleurage leer doen, en sy honde het boonop sy eie duistere agenda. Die magiese blommetjies groei ook net in die diepste gevaarlikste deel van die Graganwoud en vele vyandige wesens staan haar en Sterling teë om betyds die elikser vir haar ma te maak …
'n Vampier romanse, soortgelyk aan Twilight, vir ouer tieners / jong volwassenes.
Publikasiedatum: 2021-04-23

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.