●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R500 in RSA ●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485311720

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 200
R 160Jy spaar R 40
Audrey Bettie Blignault (née Swart) is op 6 Julie 1916 op Bredasdorp gebore. Sy matrikuleer in 1933 op dié dorp en gaan studeer Afrikaanse letterkunde aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy behaal 'n MA-graad in Afrikaans en Nederlands en 'n Sekondêre Onderwysdiploma. In 1940 begin sy onderwys gee op Wellington en later Stellenbosch. In 1945 word Blignault die redakteur van Die Huisvrou en later is sy redakteur van Die Naweekpos. Sy het ook sedert 1946 die SAUK se Vrouerubriek-program behartig en sedert 1950 was sy 'n rubriekskrywer vir Sarie. In 1955 verskyn haar eerste boek, In klein maat: uit die dagboek van 'n vrou, 'n keur van haar beste bydraes aan Sarie tot op daardie tydstip. Blignault ontvang die Eugène Marais-prys in 1961 vir In klein maat en Die vrolike lied. Oor die jare verskyn daar elke paar jaar so 'n keur uit haar rubrieke, altesaam tien. Sy beywer haar oor dekades vir die bevordering van leeskringe landwyd. In 1965 word sy met die W.A. Hofmeyr-prys bekroon vir Met ligter tred. Sy ontvang 'n eredoktorsgraad van die Universiteit Stellenbosch, die Italiaanse Adelaide Ristori-gedenktoekenning vir haar kulturele bydrae, asook 'n Dekorasie vir Voortreflike Diens van die regering in 1982. Blignault is op 1 Oktober 2008 in Kaapstad oorlede. Audrey Blignault: uit die dagboek van 'n vrou wat in 2009 by Tafelberg verskyn, is 'n “outobiografie” saamgestel deur haar dogter, Marié Heese.


Die eindelose avontuur deur Audrey Blignault is 'n gids vir almal wat graag wyd én onderskeidend wil lees. In dié versameling essays stel sy lesers voor aan boeke van uitsonderlike gehalte uit verskeie lande en tye.
Sy inspireer 'n mens om Montaigne, Melville en Tolstoi te lees; Dostojewski, Flaubert, Mann, Bellow, Perec, Allende en nog baie ander. Anna Karénina, Wuthering Heights, Tess of the D'Urbervilles, The catcher in the rye - dis die soort boeke wat jou wêreld nou verruim. Sy dui ook goeie bloemlesings en letterkundige naslaanbronne aan.
Onderhoudend gee sy inligting en insigte - biografiese gegewens oor skrywers, publikasiegeskiedenisse, bibliografiese besonderhede, en veral: besprekings van 'n werk se tema, inhoud, karaktertekening, simboliek, styl en strekking. Telkens toon sy duidelik aan waarom 'n werk 'n hoogtepunt in die wêreldletterkunde is, en bring ook die leser by die teks self uit met prikkelende aanhalings, dikwels in eie vertaling.
En gaandeweg gebeur dit: Die aantrekkingskrag van tydlose geesteskeppinge word onweerstaanbaar. Nuwe horisonne gaan vir jou oop.
Of jy die boeke vir die eerste keer of opnuut lees - dit bly 'n “eindelose avontuur”. Daarvan oortuig sy jou met die opwinding en erudisie wat haar leeskringoptredes en boekerubrieke oor die radio en in tydskrifte jare lank gekenmerk het. Niemand in Afrikaans het méér gedoen om 'n liefde vir die goeie boek aan te wakker as Audrey Blignault nie.
Haar essays in Die eindelose avontuur bevestig wat sy in 1991 aan leeskringe landswyd voorgehou het: “Ten spyte van verkrummelende waardes
Publikasiedatum: 2020-10-15

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.