●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R500 in RSA ●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799398717

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
R 86Jy spaar R 9
Hy kyk altyd af teen sy neus na haar, maar hy mag dalk net vind dat hy nie sonder haar kan leef nie ... Bella is die jongste van drie susters. Haar susters, Leen en Livie is onderskeidelik in die vorige twee boeke in die reeks getroud. Tannie Peet se testament bepaal dat die drie susters elkeen afsonderlik vir 'n maand in haar huis op Greyton moet woon ten einde hul erfporsie te kan ontvang. Die hond Skim speel 'n noemenswaardige rol in die verhaal en slaag daarin om telkens die held en heldin by mekaar uit te bring. Wian is die apteker op die dorp en worstel met sy eie probleme. Hy moes as jong man omsien na sy drie jonger broers toe sy ouers onverwags gesterf het in 'n motorongeluk. Hy sien nie kans om weer so 'n groot verantwoordelikheid na te kom nie, en daarom wil hy nie trou en kinders hê nie. Bella is in hart en siel 'n kunstenaar maar is deur haar vorige vriend, Leo erg onderdruk en kon later nie meer skilder nie. Wian se jongste broer is Conrad Visser, die beeldhouer, en hy sien dadelik Bella se talent raak en help haar om weer haar skilderwerk op te neem. Intussen groei Wian en Bella se verhouding, maar dan verskyn Leo weer op die toneel en vernietig byna alles. Romanza is LAPA Uitgewers se romansereeks, wat vergelyk kan word met Mills & Boon en Harlequin-romanses. Omdat ons saam is, is Elsa Winckler se jongste romanse. Dit handel oor Bella Mulder, die jongste suster van drie. Haar storie volg op die vorige twee boeke in die reeks wat deur NB Uitgewers gepubliseer is: Omdat jy jy is (Leen se verhaal) en Omdat jy my liefhet (Livie se storie). Elsa Winckler se vorige romanses in die Romanza-reeks sluit die volgende in: -Blameer die skoenlapper (Februarie 2018), -My groot liefde (November 2018), -Want die hart weet (Januarie 2019), -Altyd net jy (Augustus 2019), en -Want hy praat tjoklits (Desember 2019).
Publikasiedatum: 2020-03-05

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.