●●● R50 aflewering op bestellings bo R500 in RSA ●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781868044672

Nie-fiksie / Non-fiction: Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography
R 320
Daar is ʼn swaarkry in ons land waarvan min die werklike omvang verstaan … veral diegene wat knus deur stede omvou word …

Maar reis jy net ʼn paar uur in amper enige rigting van hierdie stede waar water in jou naaste kraan is en jou middagete gerieflik op die naaste winkelrak wag, is dit soos ʼn ander wêreld … die verwoestende droogte wat mens en dier op hulle knieë het … stukkend, gebreek, letterlik sterwend, onmenslike verhale van verliese, sterwende diere en boere wat opgee, oppak en wonder of dit die moeite werd is om nog te lewe …

Maar, hier vind jy ook verhale van hoop … mense wat in ʼn gebroke wêreld opnuut uitreik na mekaar, konvooie voer wat aangery word van dele wat wel goeie reëns gehad het, iemand wat R10 afknyp om ʼn droogtehulpfonds te ondersteun - want vele tien rande maak dat daar brandstof is vir ʼn vragmotor om ʼn vrag geskenkte voer weg te neem. Verhale van droogte binne dié droogte … van siektes en seer en vashou aan Hoop ver bo menseverstand …

Dit is hierdie verhale wat Anoeschka gaan haal het op haar reis van Calvinia na Gamoep, tot amper by die Botswana grens oor Vanderbijlpark, Bultfontein om na Jansenville en Aberdeen en oorvertel word in Net voor die droogte my breek. Hierdie stories van hoop wat aan ander mense wat hulself ook in ʼn “droogte” bevind, hoop sal bring.

Net voor die droogte my breek is 'n inspirerende boodskap uit die hart en mond van mense wat te midde van swaarkry met verwagting vorentoe beur.
Publikasiedatum: 2020-01-27

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.