AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●● GRATIS Pargo aflewering op bestellings bo R350
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485310136

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 250
R 200Jy spaar R 50
Die Wonderwese is die tweede boek in die Bergengel-trilogie.

Won-der-we-se 1. (van die selfstandige naamwoord oervlerceia [urflærsia]): 'n Ewigheidswese in Gabriëlliese opskrywings. 2. 'n Vrylewende voëltjie wat deur die eeue oorgedra is van Bergengel na Bergengel, maar slegs 'n paar keer in 'n Bergengelbewind van twintig jaar verskyn, altyd tydens lewensgevaarlike oomblikke. 3. Die mistieke verteenwoordiger van die Helder Een wie se nabyheid tot oerheimlike vermoëns en verstommende wonders lei.

Sedert Eron Verberger en Velvel Azazel se gewelddadige struweling in die Vallei van Bergstrome het omstandighede in Gabriëllië geensins verbeter nie. Die Skoonbrand woed. Rondom die Klaagtermeer weerklink die Klokke van Hongersnood en in Nanaal offer desperate ouers hulle kinders aan 'n kultusleier om hulle 'n lewe van slawerny te spaar.
Ten spyte van Eron se verminkte hand is hy nou 'n begeesterde Voetwerker vir die Geheime Rewolusie teen Vuurstorms en op soek na die laaste Geseëndes op die Kaart sodat hy hom by sy pa in Afrika kan aansluit.
By sy digtervriend Anav Elanov leer Eron dat woorde wapens is en hy stem in om 'n “opebinnekantvers” na die landsleiers te neem - 'n waarskuwing teen die gruwels wat gepleeg word in die opkoms van Gabriëllië as wêreldmag. Hy deurkruis stede, woude, moerasse, ysgrotte en bergpieke, bevriend boekgeleerdes en barbare, trotseer wolftroppe, dwaalgeeste en die nageslag van 'n wangeskape ras. Maar die knaende vraag in sy binneste bly: As die Wonderwese werklik bestaan, waarom is daar geen teken van dié Teenwoordigheid nie? Of kyk Eron iets wonderbaarliks heeltemal mis?
Publikasiedatum: 2019-10-04

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.