●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R500 in RSA ●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799398274

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
R 86Jy spaar R 9
Die liefde kry altyd sy sin ...
Vir die wêreld is Tilla Jonker die Parkers se liefling. Sy is nie net aan die stuur van hulle openbare betrekkinge nie, maar ook die hoof van hulle welsynsorganisasie. Haar hart in die laasgenoemde is suiwer, omdat sy self bitter goed weet hoe swaarkry lyk. Vir Sean Thomas is sy net die handtekening op ʼn tjek - nog ʼn rykmans-dogter wat nie weet wat om met al haar geld te maak nie. Totdat Sean vir Tilla ontmoet. Die liefde is egter nie eenvoudig nie, en al voel hulle albei die vonk, is daar reëls aan die spel wat hulle albei speel verbonde. Reëls wat kan verhoed dat daar ʼn toekoms tussen hulle is.

Verskeie kwessies word aangeraak in hierdie boek. Tilla spandeer baie aandag aan 'n kinder-onkologie afdeling en daar ontwikkel 'n noue band tussen haar en een van die terminale siek dogtertjies. Die tema van aborsie en vrae oor of vroue ongewenste babas mag aborteer of eerder die babas moet laat aanneem, al kan hulle moontlik in ongelukkige huishoudelike omstandighede grootword, word aangeraak.

Romanza is LAPA Uitgewers se romansereeks, wat vergelyk kan word met Mills & Boon en Harlequin-romanses. Liefde vir ʼn liefling is Didi Potgieter se jongste romanse. Haar vorige romanse in die Parkers-reeks was:
Liefde vir ʼn vuurvreter (Maart 2015),
Liefde vir ʼn vlinder (Junie 2017),
Liefde vir ʼn ridder (November 2017),
Liefde vir ʼn cowboy (November 2018), en
Liefde vir ʼn feëprinses (Mei 2019).
Publikasiedatum: 2019-11-07

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.