AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●● GRATIS Pargo aflewering op bestellings bo R350
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485304845

Nie-fiksie / Non-fiction: Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography
R 230
R 184Jy spaar R 46
Hierdie publikasie is een in die reeks van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns wat literêre kunstenaars huldig wat met die Akademie se Hertzogprys bekroon is, en wat die Afrikaanse letterkunde oor dekades heen verryk het. Breyten Breytenbach is 'n aweregse ontvanger van hierdie prys in 1999 en 2008 nadat dit in die 1960's en 1970's om ideologiese redes van hom weerhou is en hy dit in 1984 van die hand gewys het. In hierdie boek word op vernuwende wyse onderontginde fasette van sy (onthutsende én speelse) skryfambag en denklandskap in opstelle toegelig en 'n blik op sy loopbaan as skrywer en openbare figuur gebied. Die boek bevat ook 'n onderhoud met Breytenbach, 'n uitgesoekte bibliografie en 'n foto-afdeling.

OOR DIE SAMESTELLER
Francis Galloway bemoei haarself sedert haar vroeë kennismaking met Breyten Breytenbach se debuut met sy denke en skryfwerk . Haar proefskrif is in verwerkte weergawe gepubliseer as Breyten Breytenbach as openbare figuur. Onlangs was sy betrokke by die samestelling van Breytenbach se versamelde toesprake Parool/Parole.
Medewerkers aan die bundel is onder andere Willem de Vries, Willie Burger, Hein Viljoen, Louise Viljoen, Johan Rossouw.
Publikasiedatum: 2019-09-06

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.