●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R500 in RSA ●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485310853

Nie-fiksie / Non-fiction: Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography
R 180
R 162Jy spaar R 18
Hierdie is ʼn fassinerende verslag van die lewe in maksimumsekuriteit-gevangenisse, met ʼn vars invalshoek: China was hondemeester, aan die voorfront tydens tronkgevegte. Gewapen slegs met ʼn knuppel en sy hond moes hy messtekers en oproeriges afweer. Hy is ʼn mensch, ʼn ongeslypte diamant met hart en ondernemingsgees. Hy herinner aan Bennie Griessel: hy rook en drink straf, sy huwelik is op die rotse, hy sukkel om gevoelens te wys, maar oor ʼn hond wat doodgaan, grens hy. Sy eerste pos, toe hy net 16 was, was op Robbeneiland, waar hy ʼn lang, breedgeskouerde gevangene met ʼn vriendelike gesig gesien skerm het. Hy was self ʼn bokser en kon sien die man het ʼn besonderse tegniek, dat hy lig op sy voete soos ʼn weltergewig was. Die bokser was Nelson Mandela. Saans het Mandela deur sy tralies vir die seun hardgekookte eiers wat hy afgeskil het, aangegee, dan eet hulle saam en gesels. Mandela het hom altyd aaangepor om verder te gaan leer.

OOR DIE OUTEUR
Jakobus Daniël (China) Mouton is 23 Maart 1957 gebore. Hy was van 1974 tot 2013 ʼn hondemeester in die Departement van Korrektiewe dienste, waar hy ook aan die berede afdeling verbonde was. Hy het as spoorsnyer gewerk en sekuriteit verskaf by maksimumsekuriteit-gevangenisse. Hy spesialiseer later in narkotika en springstof. Hy was van 2010 afdelingshoof by Brandvlei-gevangenis. Hy tree in 2013 af en woon in Laingsburg.
Publikasiedatum: 2019-08-27

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.