AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●● GRATIS Pargo aflewering op bestellings bo R350
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624086437

Nie-fiksie / Non-fiction: Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography
R 260
R 208Jy spaar R 52
“Ek het my mammie sien loop na die hofgebou met 'n hoodie aan en 'n doek oor haar gesig. Sy het byna gelyk soos iemand wat arm is. Mense het haar uitgevloek … Dit het my gebreek. Dit is die vrou wat elke dag daar was vir my, wat middagete vir my en my vriende gemaak het as ons van die skool af kom, en hier is sy nou op televisie en word 'n misdadiger genoem.”
Die ontvoering van baba Zephany Nurse uit die kot langs haar ma se hospitaalbed het die hele Suid-Afrika aangegryp. Haar desperate ouers het herhaaldelik gepleit dat sy veilig terugbesorg word, maar daar was geen teken van die baba nie. Vir 17 jaar lank, op haar verjaarsdag, het die Nurse-gesin kerse aangesteek en gehoop en gebid.
'n Klipgooi van die Nurse-gesin af het die 17-jarige Miché Solomon pas met matriek begin. Sy het 'n kêrel gehad en toegewyde ouers. Sy het gedroom oor die matriekafskeid en die rok wat haar ma vir haar sou maak. Sy het nie die vaagste benul gehad dat 'n nuwe meisie in die skool, wat ongelooflik baie soos sy lyk, en 'n DNS-toets haar wêreld tot in sy fondamente sou skud nie.
Miché is nou 22. Met verbysterende volwassenheid, eerlikheid en deernis vertel sy hier vir die eerste keer háár storie, in haar eie woorde, oor wat dit beteken om lief te hê en geliefd te wees, en om jou eie identiteit op te eis.

Oor die skrywer:
Joanne Jowell is 'n professionele skrywer sedert die ouderdom van 28. Sy het 'n akademiese agtergrond in Engels en Sielkunde. Haar eerste boek, Managing the Quarterlife Crisis: Facing life's choices in your 20s and 30s, is in 2003 gepubliseer. Zephany is haar sesde boek. Joanne woon saam met haar man en drie kinders in Kaapstad
Publikasiedatum: 2019-08-16

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.