AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●● GRATIS Pargo aflewering op bestellings bo R350
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776094707

Nie-fiksie / Non-fiction: Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography
R 230
R 184Jy spaar R 46
Toe die legendariese Suiker Britz homself in 2018 om die lewe gebring het, het die einde van 'n era aangebreek - 'n tydvak waarin ouskool-polisiemanne se reputasie gebou was op ongelooflike suksesse in die bekamping van misdaad. In sy luisterryke loopbaan as polisieman en speurder, en as hoof van die Suid-Afrikaanse Polisie se Moord en Roof-eenheid, was Britz as ondersoeker betrokke by misdade wat die samelewing tot in sy fondamente geskud het. In die land se oorgangstydperk na demokrasie het hy, in opdrag van verskeie kommissies van ondersoek, duisterhede help opklaar rondom polities-geïnspireerde moorde.

In hierdie boek probeer die skrywers 'n beeld van die man agter die legende kry deur die soeklig op sake waarby hy betrokke was, te laat val. En die beeld wat na vore kom is dié van 'n passievolle speurder wat uitsonderlike prestasies in sy loopbaan behaal het, maar hy was ook 'n gewone mens met unieke tekortkominge. Britz het dikwels onder fel kritiek deurgeloop oor die manier waarop polities sensitiewe sake hanteer is.

Lesers wat maklik ontstel word deur grafiese materiaal, moet daarop bedag wees dat die sake wat in hierdie boek gedek word, dikwels grusaam en angswekkend is. Om egter 'n profiel van 'n man in Suiker Britz se liga saam te stel, is dit onvermydelik dat die donkerste uithoeke van die menslike psige verken moet word.
Publikasiedatum: 2019-08-31

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.