●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R500 in RSA ●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776094707

Nie-fiksie / Non-fiction: Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography
R 230
R 207Jy spaar R 23
Toe die legendariese Suiker Britz homself in 2018 om die lewe gebring het, het die einde van 'n era aangebreek - 'n tydvak waarin ouskool-polisiemanne se reputasie gebou was op ongelooflike suksesse in die bekamping van misdaad. In sy luisterryke loopbaan as polisieman en
speurder, en as hoof van die polisie se moord-en-roofeenheid, was Britz as ondersoeker betrokke by misdade wat die samelewing tot in sy fondamente geskud het. In Suid-Afrika se oorgangstydperk na demokrasie het hy, in opdrag van verskeie kommissies van ondersoek,
duisterhede probeer opklaar rondom polities geïnspireerde moorde.
In hierdie boek probeer die skrywers 'n beeld van die man agter die legende kry deur die soeklig op sake waarby hy betrokke was, te laat val. Die prentjie wat na vore kom is dié van 'n passievolle speurder wat uitsonderlike prestasies in sy loopbaan behaal het. Maar Suiker Britz was ook 'n gewone mens met unieke tekortkominge. Hy het dikwels onder fel kritiek deurgeloop oor die manier waarop polities sensitiewe sake hanteer is.
Van die sake wat in die boek belig word, sluit in: Die Kerkstraat-bomontploffing, die sluipmoord op Fabian en Florence Ribeiro, asook verskeie gevalle waar polisiemanne misdadigers geword het. Suiker Britz se pad het gekruis met dié van berugte misdadigers soos Gert van Rooyen, Dirk Coetzee, André Stander, die Wit Wolf Barend Strydom en Dirk Prinsloo.
Om 'n profiel van iemand soos Suiker Britz saam te stel, is dit onvermydelik dat die donkerste uithoeke van die menslike psige verken word. Daarom word sensitiewe lesers gewaarsku dat van die moorde wat in die boek beskryf word, dikwels grusaam en skokkend is. Lesers word meegevoer op 'n ontstemmende reis na 'n afgrond waaroor Suiker Britz dikwels moes staar om boosheid vierkant in die oë te kyk.
Publikasiedatum: 2019-08-31

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.