AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●● GRATIS Pargo aflewering op bestellings bo R350
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

6

9780799395945

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Karen Lilje
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 125
R 100Jy spaar R 25
Party Maandae is so blou, nie eens roomys kan dit beter maak nie Toe Jana haar oë oopmaak, weet sy sommer … vandag gaan 'n BLOU MAANDAG wees! Dit lyk asof 'n tornado haar hare getref het. Die hamster het haar huiswerk opgeëet. Daar is aspersies in haar kosblik. En dit is háár skuld dat die hele skool glo haar beste vriendin se kop is vol grillerige goggas! Boonop is vanaand die groot talentaand waarna Jana al weke lank uitsien. Sy werk al so lank aan 'n liedjie vir die talentaand, maar sê nou dinge loop skeef op die verhoog? Hoe erg kan een Maandag wees? 'n Prettige holderstebolder-avontuur vol skaterlag-humor, oor daardie dae wanneer dit voel asof alles skeefloop! 'n Snaakse, aksiebelaaide storie vir beginner- en intermediêre lesers met temas soos vriendskap, gesinsverhoudings, boelies en musiek. Jaco Jacobs se kenmerkende humor sal jong lesers laat skaterlag in hierdie rampspoedige komedie.Soortgelyke Jaco Jacobs-boeke vir hierdie ouderdomsgroep is Spaghetti tussen jou tone en Viskos!
Publikasiedatum: 2019-08-26

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.