AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●● GRATIS Pargo aflewering op bestellings bo R350
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

4

9780799393330

Nie-fiksie / Non-fiction: Misdaad / Crime

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Misdaad / Crime
R 245
R 196Jy spaar R 49
My pa, die monster van die Springs-gruwelhuis
“Ek kniel op die voetstuk langs die bed en laat my kop sak. 'n Warm brandpyn skiet deur my hele gesig. Pa het my geskop. Bloed stroom deur my neus. Dan voel ek hoe koue water oor my hele lyf stort. Elektriese drade stuur skokke deur my, ek kan nie deur die bloed sien nie. Here, help my.”
Landi is die oudste van vyf kinders wat uit die sogenaamde Springs-gruwelhuis gered is. Sy is nou 21 jaar oud en vertel vir die eerste keer haar verstommende verhaal. In Mei 2014 het die polisie dié huis ontdek waar 'n sadistiese pa sy vrou en vyf kinders vir jare tussen vullis en rotte aangehou, getreiter en gemartel het.
In ysingwekkende besonderhede onthou Landi hoe hul pa hulle aangerand, met 'n skokstok geskok, met 'n gaspistool geskiet en met 'n blaasvlam gebrand het, hoe hy martelmetodes nagevors en hulle byna in 'n bad verdrink het.
Sy vertel hierdie herinneringe vir die heel eerste keer aan Susan Cilliers, 'n ervare joernalis, wat dit met deernis weergee en dit vernuftig met die feite van die polisie-ondersoek en die hofsaak verweef.
Huis van gruwels is die skokverhaal van 'n pa wat op die wreedste manier denkbaar alles van sy gesin wegneem, maar ook 'n storie van hoop oor hoe 'n dapper jong vrou uiteindelik geluk en genesing vind.
Publikasiedatum: 2019-08-27

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.