AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●● GRATIS Pargo aflewering op bestellings bo R350
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

5

9780799397246

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 295
R 236Jy spaar R 59
Hoe gemaak as jy vastrapplek moet kry tussen die Hemel en die Hel? Kliek. En jou lewe verander. Onomkeerbaar.

So sal Markus Meyer en Regardt Muller, twee avontuurlustige vriende wat ná matriek by die Britse Weermag aansluit en as lede van die gerespekteerde 3 Valskermregiment in Afghanistan diens doen, weldra leer.

Dit is egter eers wanneer stilte oor die slagveld neersif en die gevolge van konflik beredder moet word, dat die wáre vegters na vore sal tree. En daardie slagveld is nie noodwendig in ʼn oorlogsgeteisterde gebied waar die droë hitte iets lewendigs is nie; soms lê dit ook tussen kamerade, gesinslede en verál midde-in die liefde.

Want selfs ʼn soen is by tye ʼn landmyn wat afgetrap word ...

Vegters is die merkwaardige verhaal van uitdaging, lojaliteit en deursettingsvermoë. ʼn Verhaal wat die leser deur drie valleie sal neem: van die Gamtoosvallei in die Oos-Kaap na die Sanginvallei langs die Helmandrivier in Afghanistan, tot die Vallei van ʼn Duisend Heuwels in KwaZulu-Natal waar die wêreldbekende Dusi-kanomarathon die twee vriende tot die uiterste sal beproef. Wees gereed om oorbluf te word.

Hierdie boek is nie `n Sondagmiddagpiekniek nie - dis `n ontsnappingsroete deur `n slagplaas.

Vegters moet nie verwar word met 'n hedendaagse oorlogboek nie. Die kontraste tussen die drie wêrelde in die teks is hemelsbreed.

Die leser word gelawe met die idiliese Gamtoosvallei, net om weer om sy gemaksone geruk te word na die hel van 'n oorloggeteisterde Afghanistan. Nog min het twee werelde so baie verskil waar die skrywer dit regkry om beide te versoen. 'n Nuwe blik word gegee oor die oorlog in Afganistan, uit die oogpunt van twee Afrikaanse soldate in die Britse leer.

Dis 'n verhaal van hoop en versoening. Dis mooi. Dis bitter. Dis `n emosionele wipplankrit. Daar is oomblikke van teerheid,maar voor jy te gemaklik raak, word jy aan die bek geruk deur die twee hoofkarakters se ervarings in Afghanistan. Maar dat dit jou gaan by bly en uit jou gemaksone ruk, is gewis.

Redigeerder Louis Esterhuizen ”Hierdie werk is by verre een van die mees indrukwekkende tekste wat ek tot nog toe die voorreg gehad het om te hanteer.”
Publikasiedatum: 2019-08-27

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.