AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R450 in RSA
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781432208578

Christelik / Christian: Troos & Berading / Bereavement & Counselling

Christelik / Christian  -  Troos & Berading / Bereavement & Counselling
R 269
R 242Jy spaar R 27
Niemand wil graag oor die dood praat of selfs daaroor dink nie. Dit laat 'n mens ongemaklik voel. Ons hou nie van die woord “doodgaan” nie en gebruik eerder woorde soos “laaste asem uitblaas”.
In sulke tye het mense gewoonlik diep vrae oor die lewe ná die dood. Die dood en die lewe hierna beskryf met groot verantwoordelikheid wat die Bybel oor die onderwerp sê. Isak Burger se kennis van die Bybel bied interessante insigte en ewigdurende waarhede oor hoe gelowiges hulle harte kan voorberei vir die ewigheid saam met hulle Skepper.
Dit word aangebied in 'n maklike vraag-en-antwoord-formaat en verskaf antwoorde op 59 vrae wat mense het oor kwessies soos naby-dood-ervarings, verassing, die vaevuur, die hemel en die hel.
Is my sterfdatum vooraf bepaal?
Wat gebeur wanneer 'n mens doodgaan?
Hoe gaan ons woonplek in die hemel lyk?
Wat gaan ons daar doen en hoe gaan ons liggame lyk?
Gaan ek my oorlede geliefdes weer ontmoet?
Hierdie boek móét op elke gelowige se boekrak wees. Dit beskryf wat die Bybel sê 'n gelowige kan verwag wanneer hy of sy sterf en hoe die lewe daarna sal wees. Dit ontrafel die geheime en misterie van doodgaan en praat reguit teen onbybelse beskouings.
Bonus DVD:
Die DVD in MP4-formaat ontrafel die misterie van doodgaan en praat reguit teen onbebelse beskouings. Isak beskryf wat die Bybel se 'n gelowige kan verwag wanneer hy of sy sterf en hoe die lewe daarna sal wees.
Publikasiedatum: 2018-09-14

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.