AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●● GRATIS Pargo aflewering op bestellings bo R350
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431619030

Christelik / Christian: Gebed / Prayer

Christelik / Christian  -  Gebed / Prayer
R 190
R 171Jy spaar R 19
Meer as 100 gebede vir elke ma wat gekoester wil word in God se sorg en vrede.
Voel jy soms oorweldig deur jou verantwoordelikheid - en feilbaarheid - as 'n ma? In Gebede vir 'n ma se hart herinner Dalene Reyburn jou dat God belowe om vir jou alles te gee wat jy nodig het om die kinders te vorm wat Hy vir jou gegee het.

Die meer as 100 gebede in Gebede vir 'n ma se hart sal jou help besef dat God se teenwoordigheid in jou en jou kinders se lewe die kalmte en krag in elke dag se besigwees is. Die gebede se pragtige ontwerp word gekomplementeer met inspirerende teksverse en is verdeel in sewe temas met 'n kragtige oordenking om elke tema bekend te stel. Die temas sluit in God se intieme kennis van ons lewens, verlossing, sekuriteit en leiding.

Wanneer jy hierdie gebede oor jou kinders bid, ervaar vrede in die wete dat God se liefde en sorg vir hulle meer is as wat jy jou ooit kan voorstel.

Ook beskikbaar in Engels onder titel Prayers for a Mom's Heart
Publikasiedatum: 2018-11-30

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.