●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R500 in RSA ●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781432203535

Christelik / Christian: Christelike Leefwyse / Christian Living

Christelik / Christian  -  Christelike Leefwyse / Christian Living
R 129
R 116Jy spaar R 13
Die mense wat my die meeste teleurgestel het, is kerkmense. Ek het hoë verwagtings gehad dat ek in die kerk welkom sou wees, net soos ek is. Presies die teenoorgestelde het gebeur! Ek weet nie of ek nog in Jesus kan glo as dit is hoe sy volgelinge optree nie.”
Te veel mense word deur die Christelike godsdiens teleurgestel en kom dan nie by Jesus Christus uit nie.

Kom ontmoet die ware Jesus! Leer Hom in hierdie boek ken as die beginpunt van jou geluk, selfvertroue en innerlike vrede. Ervaar die liefde, genade en vergifnis wat Hy kan gee omdat Hy God is. Dit is net Hy wat alle pyn en seerkry kan genees. By Hom is alle mense welkom. Hy kyk nie na mense se status of die prestasies wat hulle behaal het nie.

Jesus is méér laat die historiese Jesus van die Bybel voor mense van vandag gestalte kry. Dit is nie 'n volledige geskiedenis van sy lewe en werk nie, maar lig die hoogtepunte uit sodat Jesus 'n groter werklikheid in mense se lewens kan word. Mense het God nodig - nie skynheilige godsdiens met uitputtende voorskrifte nie. Die dinge wat gelowiges doen wat mense van Jesus af weghou, word daarom in liefde uitgewys, nie as veroordeling nie, maar as aanmoediging vir almal wat waarlik die kerk van Jesus wil wees om Hóm vir die wêreld te wys.
Publikasiedatum: 2014-03-15

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.