Afslag slegs op aanlynbestellings
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

5

9780795801839

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 275
R 220Jy spaar R 55
Kassie Kasselman en Rooi Els het nog nooit só saak hanteer nie. Kassie ervaar sterk emosies en dit stem hom onrustig. Reeds as groentjiespeurder het hy geleer dat jy te alle tye afsydig moet staan van 'n saak se gegewens sodat dit jou nie emosioneel oorweldig nie. Anders maak jy oordeelsfoute.
Maar hierdie saak laat dit nie toe nie. Dit besoedel sy denke. Dit krioel in sy binneste soos n bondel giftige slange. Boonop voel dit of elke leidraad soos 'n geelwortel voor hulle neuse geswaai word, maar sodra hulle waag om daarna te hap, is daar niks. Die saak seil onder hom en Rooi uit. Hulle kan die glibberige spoor net in die verte sien kronkel. En die slagoffers gil desperaat om hulp . . .
In Medusa boor Rudie van Rensburg 'n donkerder nuwe aar oop vir ons geliefde speurder Kassie Kasselman. Daar's mensehandel en psigopatie om mee handgemeen te raak - en kinderlewens op die spel.
Publikasiedatum: 2019-01-31

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.