AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

Uit druk uit

9780994715937

Nie-fiksie / Non-fiction: Politiek & Geskiedenis / History & Politics

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Politiek & Geskiedenis / History & Politics
R 1205
R 1085Jy spaar R 120
In Desember 1880, drie jaar ná die Britse anneksasie van die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) in 1877, kom bykans 10 000 Transvaalse burgers op die plaas Paardekraal byeen. Die gewigtige besluit word geneem om die regering van dié Boererepubliek eensydig te herstel.

Die Britse owerhede in Pretoria en Londen volhard steeds in hul minagting van die Boere se vryheidstrewe. Wat hierop volg, is drie maande van militêre stryd tussen die grootste koloniale mag van destyds en enkele duisende Boerekrygers. Die verloop en uitkoms is veral vir die Britte ietwat onverwags.

Dié stryd, later bekend as die Eerste Vryheidsoorlog, is aanvanklik beperk tot die Boere se beleëring in onder meer Potchefstroom, Pretoria en Standerton en die gevegte by Bronkhorstspruit en Rooihuiskraal, waarin die Boere feitlik deurgaans die oorhand kry.
Dan behaal die Boere hul deurslaggewende oorwinnings in Natal: eers by Laingsnek en Schuinshoogte voordat die finale, legendariese Slag by Amajuba die skaal finaal in die guns van die Transvalers swaai.

Die skrywer lewer met hierdie boek 'n waardevolle bydrae tot die Suid-Afrikaanse geskiedskrywing. Geen ewewigtige en omvattende boek oor hierdie oorlog is al voorheen gepubliseer nie. Letterlik alle bekende primêre Britse en Boerebronne is benut en word gedokumenteer. Die klem val op die militêre aspekte, maar die diplomatieke intrigue wat uiteindelik bepalend in die uitkoms van die stryd was, 'n uitkoms waarop beide kante met regs trots moes voel, word uitvoerig ontleed.

JACKIE GROBLER was vir bykans 40 jaar as dosent verbonde aan die Departement Historiese en Erfenisstudies aan die Universiteit van Pretoria.
Publikasiedatum: 2018-12-21

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.