AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●● GRATIS Pargo aflewering op bestellings bo R350
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780620779852

Nie-fiksie / Non-fiction: Politiek & Geskiedenis Suid Africa / History & Politics South Africa

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Politiek & Geskiedenis Suid Africa / History & Politics South Africa
R 425
R 383Jy spaar R 42
Hel toe en terug vertel die geskiedenis van die oorlog binne die bestek van minder as 170 bladsye en is ingedeel in agt afdelings, elk toegelig met uitsonderlike foto's en toepaslike kaarte. Een afdeling word in die besonder gewy aan Suid-Afrika se deelname aan die oorlog.

Die Groot Oorlog (1914-1918), soos wat die Eerste Wêreldoorlog oorspronklik bekend gestaan het, was waarlik in elke opsig enorm. Nie net het dit tot die dood van nagenoeg tien miljoen soldate gelei nie, dit was tot in daardie stadium ook die omvangrykste oorlog waarby sowat 80 miljoen mense van verskeie lande betrek is. Boonop is nagenoeg 9 miljoen mense permanent vermink, 12 miljoen is ernstig gewond en byna 8 miljoen is krygsgevange geneem.

Louis Scott, 'n historikus en bekende inwoner van Polokwane, se boek oor dié oorlog, Hel toe en terug: Die Eerste Wêreldoorlog, 'n honderd jaar later, het pas verskyn - betyds vir die honderdjarige herdenking van dié verwoestende oorlog. Dit bied vir die eerste keer in Afrikaans 'n omvattende geskiedenis van dié oorlog.

“Vir die soldate wat hierdie lyding oorleef het, was dit hel en dikwels vind mens dat hulle daarna as 'die hel' verwys het - derhalwe die titel van hierdie boek,” skryf die historikus prof. Louis Changuion in die voorwoord van Hel toe en terug.

“Die impak wat dié oorlog op die psige van die mensdom, asook op toekomstige oorlogvoering gehad het, was onbeskryflik en sonder weerga,” skryf Scott. “Die vernietiging en verwoesting wat deur moderne en onbekende wapentuig aangerig is, was buite die begrip van die mens. Vir die soldate was dit die spreekwoordelike 'hel op aarde'.”

Hel toe en terug vertel die geskiedenis van die oorlog binne die bestek van minder as 170 bladsye en is ingedeel in agt afdelings, elk toegelig met uitsonderlike foto's en toepaslike kaarte. Een afdeling word in die besonder gewy aan Suid-Afrika se deelname aan die oorlog.

Dit is waarskynlik die toeganklike styl waarin Scott hierdie geskiedenis benader het wat die grootste aftrek by Jan Publiek sal kry. Die eerste oplaag is reeds uitverkoop en dien as bewys van die gewildheid van dié geskiedenis en Scott se aanbieding van die inligting.

Prof. Bill Nasson van die departement geskiedenis aan die Universiteit Stellenbosch het die boek in September vanjaar vir Netwerk24 geresenseer. Hy meen Scott slaag daarin om die oorlog se verhaal op 'n eenvoudige manier te vertel. Hel toe en terug verskaf volgens Nasson 'n oorsig van “die oorsake en gevolge van die oorlog, die loopgrawe en die voorste linies en die sukkelende tuisfront tot die blywende kulturele en tegnologiese beelde, … hakiesdraad, tenks en natuurlik derduisende begraafplase en miljoene kruise”.
Publikasiedatum: 2018-12-18

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.