Afslag slegs op aanlynbestellings
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

14

9780798176354

Nie-fiksie / Non-fiction: Tuinbou / Gardening

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Tuinbou / Gardening
R 325
R 260Jy spaar R 65
Om jou eie groente en kruie te kweek is 'n nuwe tendens wat voortspruit uit die behoefte om stadiger te leef, te weet waar jou kos vandaan kom en beter na die planeet om te sien. In Begin jou eie groentetuin rus die twee plattelanders jou toe om dit te doen deur die nuutste ontwikkelings in te span - van waterbesparing en permakultuur tot biodinamika en herwinning. En jy hoef nie 'n groot stuk grond te hê nie. Groentetuine kan op balkonne, in vensterbanke en vertikaal teen mure aangelê word.

Leer hoe om kompos te maak, watter plante droogtebestand is en watter plante nie saam geplant moet word nie, in watter streek en seisoen watter plante aard, hoe om water op te gaar en weer te gebruik asook wat vir onkruid- en pesdoders ingespan kan word. Die skrywers se raad: deel jou kennis en leer uit mekaar se foute. Dit maak die eerste groente-oes soveel lekkerder!
Publikasiedatum: 2018-11-15

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.