●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R500 ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780796321008

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 235
Haar ouma sterf op dieselfde dag wat Reina Sauer se lewe weer eens inmekaar val. Sy skei na 'n kortstondige huwelik met Bert Naudé.

Toe haar ouers albei vyf jaar gelede in 'n motorongeluk oorlede is, was ouma Reina nog daar om te troos, maar hierdie keer moet sy alleen die stukke van haar lewe optel.

Ontwikkelaars kontak haar, hulle het planne om haar ouma se huis op McGregor deel van 'n sekuriteitskompleks te maak. Sy los haar oudhede winkel in Rondebosch in Bippie, 'n student wat oor naweke uithelp, se hande en vertrek na McGregor. Sy wil die verkoop van haar ouma huis so gou as moontlik afhandel sodat sy die res van haar lewe kan uitsorteer.

Maar dinge is nie heeltemal so eenvoudig nie. Wat op aarde maak sy met tant Cora Verwey en tant Trina van Zyl wat skynbaar die afgelope jaar by haar ouma gebly het? En hoe gemaak met oom Fred Bouwer wat elke dag iets in en om die huis kry om reg te maak?

Sy begin die huis opruim en kom in die solder op 'n boks vol briewe af. Met verstomming lees sy hoe haar ouma dit reg gekry het om 'n onmoontlike besluit te neem wat uiteindelik haar kleindogter se lewe moontlik gemaak het.

Iewers langs die pad het sy wat Reina is ophou bid, ophou glo, maar terwyl sy deur haar ouma se lewe blaai, ontdek sy weer haar behoefte aan die Here.

Op 38 is Derek Retief ontnugter, sinies en kwaad. Destyds met matriek agter sy naam, het hy vinnig die stof van die strate van die klein dorpie waar hy grootgeword het, afgeskud. As oudste moes hy help grootmaak aan sy kleiner boeties en sussies. Hy het sy deel gedoen, enige vrou wat begin gesels oor babas en troues, skud hy vinnig af.

Hy wou geld maak, baie geld sodat hy alles kon koop wat hy nog altyd begeer het. En hy was amper daar, amper op 'n plek waar hy hom nooit weer hoef te bekommer oor geld nie toe hy op 'n dag ontdek sy sogenaamde 'vriend' en mededirekteur is land uit met miljoene van sy geld wat oor maande verduister is. En o ja, ook saam, is Margie, die vrou wie hom amper van plan laat verander het omdat hy gedink het hy kan dalk die res van sy lewe saam met haar deurbring.

Hy is vasbeslote om so vinnig as moontlik weer 'n paar nulle by die belegging in sy bank te voeg. Die nuwe ontwikkeling op McGregor gaan daarvoor sorg. Daar is net nog een handtekening wat tussen hom en sy drome staan. Hy het 'n afspraak met die ou dame gehad wie se huis hy sal moet afbreek om sy planne uit te voer, maar sy is ure voor hy opgedaag het, oorlede. Hy kry uiteindelik 'n afspraak met haar kleindogter, maar om 'n handtekening te kry, raak 'n hele missie.
Publikasiedatum: 2018-07-12
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae

© All Rights Reserved 2023
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.