Afslag slegs op aanlynbestellings
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415209288

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 220
R 198Jy spaar R 22
Die middeljarige doktor Tertius Pelser is ʼn gefrustreerde Geskiedenisdosent aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy vervelige lewe verander handomkeer wanneer hy op 'n aand homself oorgee aan drank en by 'n jong student, Carina, slaap. 'n Paar dae later is daar foto's van Tertius en Carina se sekseskapades op sosiale media. In ʼn poging om sy sukkelende loopbaan en huwelik te red, gaan konfronteer Tertius vir Carina by haar studentehuis. ʼn Struweling ontstaan en Carina val vanaf die oopplan-dakvertrek na die sitkamer op die grondvloer.

Tertius besluit om dadelik landuit te vlug. Sonder om enigiets aan sy vrou te verklap, bevind Tertius hom binne enkele ure op ʼn vliegtuig na Patagonië in Argentinië - op pad om die familielede wat hy daar het, en nog nooit ontmoet het nie, te gaan opspoor. Uiteindelik vind hy sy agterkleinneef, Alejo, en besluit Tertius om hier op sy plaas weg te kruip. Sy vrou, Alta, besluit dat hy nie so maklik gaan wegkom nie, en volg hom na Argentinië.

Onbewustelik herhaal Tertius sy voorvaders se geskiedenis. Basjan Greyling is Tertius se oupagrootjie wat ná die Anglo-Boereoorlog een van die Boere was wat die Argentynse regering se aanbod aanvaar het om weg te kom van die Britte en in Argentinië te gaan boer. Hier neem hy die valse identiteit van Jans Pelser aan, en besluit hy om as vry man weg te breek en op sy eie die vreemde landskap in te vaar.
Publikasiedatum: 2018-05-11

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.